Week 3 – Vrydag – Ons Gids En Verdediger

deur WhitneyD | December 22, 2017 | Sy Naam Is

Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!  Lukas 2:8-11

Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.  Jesaja 40:11

God is vir niemand ‘n geheim nie. Hy openbaar Homself daagliks in die natuur (Romeine 1:20) en deur Sy Woord. En deur die krag van God is Sy redding beskikbaar vir almal wat glo (Romeine 1:16)! Dit is net diegene wat Hom soek, wat Hom sal vind en die gawe van Sy Seun sal vier. Hulle is gevul met hoop en word gedra in ‘n sagte krag. Hulle word beskerm teen ondergang en word gelei tot genesing.

God gee om vir kinders en diegene wat vir hulle omgee. Hy loop noukeurig saam met hulle en lei hulle daagliks. Hy verdedig die weerlose en is ‘n vader vir die vaderlose, soos ‘n herder Sy skape verdedig en vir hulle sorg.

Dankie, Here, vir U Enigste Seun wat ons in die lig van die dag lei en ons omring met beskerming in die donker van die nag!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse