(Week 3 Maandag) ‘N Onbekende Dissipel

Deur Jen Thorn | Julie 3, 2017

Welkom by Week 3 van ons studie oor die 12 dissipels van Jesus. Hierdie week gaan ons kyk na ‘n paar mans oor wie daar nie baie inligting is nie. Een so ‘n man is Jakobus, Seun van Alfeus, ook bekend as Klein-Jakobus.

Dit is waar ons kennis van Jakobus stop. Sommige tradisies sê dat hy die broer van Matteus was, terwyl ander sê dat hy die broer van Judas was, maar daar is geen werklike bewys dat enige van hierdie standpunte waar is nie. Die waarheid is dat ons nie regtig nodig het om meer van hom te weet nie, anders sou God daardie inligting voorsien het.

Maar hier is wat ons weet. Jakobus het by Jesus gebly toe meeste van die ander van Jesus se volgelinge weggegaan het. Hy het Jesus liefgehad en in Hom geglo, en net soos die ander meer bekende dissipels, het Hy die Heilige Gees ontvang (Handelinge 2:1-4).

Ons weet ook dat die erfporsie wat hy van God ontvang het, glorieryk en onbeskryfbaar was. Sommige van die dissipels is geroep om a stage en in die kollig te verskyn, terwyl ander geroep is tot ‘n meer normale en minder bekende rol. Jesus het vir almal van hulle gesterf en elkeen van hulle was belangrik vir die koninkrykswerk en bevordering van die evangelie.

Dit moet vir elkeen van ons ‘n aanmoediging wees. Klein-Jakobus is minder bekend aan ons, maar hy was nie minder bekend aan die Vader nie. So is dit met elkeen van ons. Die Vader het ons lief, ons is gekoop deur die Seun, en die Gees woon in ons. Ons vermoë om God te verheerlik word nie vergroot deur die grootte van ons platform of die helderheid van ‘n kollig nie. Ons hoef nie bekend te wees of ongelooflike goed vir Jesus te doen nie. Ons moet eenvoudig net getrou wees in die take wat Hy vir ons gegee het. Ons het almal dieselfde Heilige Gees ontvang wat Johannes en die res van die dissipels gehad het. Ons het dieselfde toekoms wat aan ons belowe is en dieselfde erfporsie wat vir ons wag.

Om meer bekend te wees maak ons nie meer heilig nie, en dit is ook nie ‘n teken dat God ons meer liefhet nie. God het ons vir ewig lief en ons is in Christus Jesus geskape om lief te hê. Jesus maak ons heilig en ons heiligheid, wat groei in selfs die mees ordinêre lewens, bring glorie aan God.

Ons weet niks oor Jakobus, die seun van Alfeus nie, maar ons weet dat hy gewillig was om alles agter te laat om Jesus te volg. Hy het God net so veel soos Petrus verheerlik, en jy kan ook… reg waar jy nou is.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

 

Week 3 Uitdaging:

Skryf hierdie week die volgende woorde neer op ‘n kaartjie om jouself te herinner wanneer jy geneig is om te glo dat jy nie genoeg “groot dinge” vir God doen nie – “Ek is geroep om God te verheerlik reg waar Hy my geplaas het.”

Week 3 Leesplan

 Week 3 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse