Week 3: Ewigheid in Hulle Harte

Deur Joy Forney| April 4, 2016



Week 3: Ewigheid in Hulle Harte

“Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. Ek het tot die insig gekom dat daar vir ‘n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God. Ek het tot die insig gekom dat wat God doen blywend is: jy kan daar nik s byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê. Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.” Prediker 3:9-15

Vriende, kom saam met my en laat ons kyk wat God in ons harte geplaas het.

Ek hou van die frase “‘n besef gegee van die onbepaalde tyd” In die Engelse Bybel staan daar”eternity in their hearts.” Dit spreek tot my dat ek geroep is tot iets meer as wat hier op aarde is. {vers11}

Die manier hoe C. S. Lewis dit beskryf, spreek baie diep tot my siel. Hysê, “As ons in onsself die begeerte vind wat deur niks in hierdie wêreld kan bevredig kan word nie, is die mees waarskynlike verduideliking dat ons gemaak was vir ‘n ander wêreld.”

Ja. Ja. Ja.

Ek weet nie van jou nie, maar ek het hierdie diep begeerte in my hart vir iets…meer.

Salomo het dit vir ons in die vorige hoofstukke in Prediker vertel, nê? Hy verlang na iets meer, en niks wat hy vind, begin eers om hom te bevredig nie.

En terwyl ek hou van die frase ewigheid in hulle harte, is daar enige hoop vir die hier en nou? As ons na hierdie verse kyk, vind ons die antwoord — ‘n dawerende ja. Ja, ons sal daardie verlange hê na ons toekomstige lewe in die hemel wat geen lyding of pyn en ook diepe vervulling beloof – maar daar is ook ‘n groot God wat ons harte kan versadig in die hier en nou.

Ons word daaraan herinner dat God heilig is en Hy het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd. {vers 11}

Wat God doen is blywend en Sy plan staan buite tyd. {vers 14}

‘n Mens kan al die goeie geniet wat God aan hom geskenk het, want dit is gawes van Hom. {vers 13}

Hoe werk dit prakties in ons lewens? Hoe neem ons dit wat ons gelees en geleer het en pas dit toe op die hede?

  1. Ons loof God vir sy heiligheid. Ons neem aktief ons oë af van onsself en ons omstandighede {onssugtinge} en fokus ons oë op Hom, want ons vertrou dat Hy ‘n plan het. Ons mag dalk nie Sy plan verstaan nie, maar net om te weet dat Hy buite tyd en buite ons lewens en die stresse daarvan staan, kan vir ons ‘n kalmte gee wat die verstand te bowe gaan.
  2. Ons dank Hom vir wat Hy in ons lewens doen, en veral vir die tye wanneer ons probeer om iets te vind wat bevredig en dit nie vind nie. Ons dank Hom vir daardie tye, want dit is ‘n geskenk. Deur ons soeke besef ons dat die enigste iets wat ons waarlik kan bevredig, God self is. Niks anders kan daardie behoefte vervul nie. Niks anders kan daardie pyn versag nie. Net Hy alleen.
  3. Ons erken die geskenke en seëninge wat Hy vir ons gegee hetOns kyk nie na die geskenke en seëninge wat ons wens Hy vir ons gegee het nie – ons kyk na wat Hy ons gegee het en kies om te sê dit is genoeg.

Vader God, ons dank U vandag vir U Woord wat lewendig en aktief is. Ons dank U vir die manier wat U met ons spreek terwyl ons bietjie vir bietjie deur U Heilige Woord studeer. Dankie vir die waarhede wat U in ons lewens spreek daardeur. Dankie vir U ewige plan, vir wat U doen in ons lewens, en vir die seëninge en gawes wat U aan elkeen van ons gegee het. Dankie dat u ewigheid in ons harte geplaas het en dat U ons siele versadig. Ons het U lief, Here. Amen.

Kom ons praat: Wat van jou? Deel met ons in die kommentaar wat jy vandag geleer het!

Met Liefde Van Uganda,

Joy

 Week 3: Video

Week 3:Uitdaging

Spandeer hierdie week stilte tyd saam met God en doen die volgende: 1) Loof Hom vir Sy heiligheid 2) Dank Hom vir wat Hy doen in jou lewe 3) Erken die gawes en seëninge wat Hy vir jou gegee het.

Week 3: Leesplan


Week 3: Memoriseervers



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse