Week 2 – Om Jesus Te Volg Ongeag Die Kostes

Deur WhitneyD | Junie 26, 2017

Om Jesus te volg, is meer as om jou kop te knik, ‘n hand op te lig, jou handtekening op ‘n kaartjie te sit, of ‘n gebed herhaal – alhoewel iemand wat Christus aanneem enige van hierdie dinge kan doen. Om Jesus te volg beteken nie dat jy soos normaal na jou lewe terugkeer, met die enigste verskil dat jy nou na die Hemel toe gaan nie. Om Jesus te volg is om vertroue in onsself te laat vaar, om alles wat ons is en het oor te gee aan Hom. Dit, en niks minder nie, is dissipelskap.” – Randy Alcorn

Voordat ek ‘n lang reis neem, gaan ek altyd oor in ‘n obsessiewe voorbereidings fase. Ek doen nie net wat nodig is nie; ‘n alter ego daag skielik op en voordat ek weet wat met my aangaan, is ek besig om vergete kaste te herorganiseer, hope klere wat vir weke net so gelê het, te stryk en skrop ek weggesteekte plekke in my huis wat amper nooit skoongemaak word nie. Al die take wat gewoonlik geïgnoreer word, word skielik ‘n prioriteit wanneer ek dink oor wat ek gaan nalaat. Weet julle wat is hartseer van hierdie vreemde verskynsel? Daar is ‘n duur uitruiling. Ek word dikwels so geheg aan die hede dat ek die vreugde vir dít wat voorlê, opoffer.

As Jakobus en Johannes van die dissipels is wat Jesus onmiddelik gevolg het, dan is ek die dissipel wat huiwer.

Wanneer dit kom om Jesus te volg, verset ek my dikwels teen ‘n nuwe rigting as dit beteken dat ek die gemaklike moet los om die groot onbekende aan te neem. Ek dink dikwels oor die opoffering voordat ek instem tot die diens. Ek word dikwels geïntimideer deur die skare en ek hou terug wanneer ek weet dat Hy vra my om op te staan teen iets. Ek word dikwels so geheg aan die hede, dat ek die ongeëwenaarde vreugde opoffer wat daaruit kom om Jesus intiem en dadelik te volg.

Maar Jakobus en Johannes het nie gehuiwer nie.

Jesus het hulle geroep, en reg te midde van verhoudings, verantwoordelikhede en die werklike lewe, het hulle alles wat hulle gehad het gelos en Hom gevolg. Geen laaste voorbereidings, geen dramatiese oorredings, geen obsessies met persoonlike agendas, en geen vashou aan die verlede nie. Sjoe, ek wil volg soos dit.

Ek is verstom oor die definisie van hierdie woord en hoe dit verband hou met my wandel met Christus:

on·mid·de·lik

  • Oombliklik; dadelik
  • Sonder enige tussenkomende tyd of ruimte nie

Die een ding wat oor en oor waar is in my lewe: die mate waartoe ek gewillig is om Jesus te volg, is direk verbind aan die nabyheid van my verhouding met Hom op daardie oomblik. Jakobus en Johannes het volhard om vir Jesus te volg, want hulle het geglo dat Jesus was wie Hy sê Hy was. Alhoewel hulle nog baie gehad het om te leer, het hulle vertrou dat om Jesus te volg belangriker was as enige iets wat hierdie wêreld gehad het om aan te bied. Hulle het nie net vertrou nie, maar hulle is getransformeer deur in Sy teenwoordigheid te wees. Onteenseglik verander, het hulle alles wat die potensiaal gehad het om tussen hulle en ‘n TOEGEWYDE verhouding met Jesus te kom, gelos.

‘n Ware ontmoeting met Jesus verander alles.

So wat van jou?

Waar is jy huiwerig om op te daag?

Wat is jy huiwerig om op te gee?

Met wie huiwer jy om teen op te staan?

Dit mag wees dat daardie huiweringe – wat ookal dit is wat ons weerhou om alles te gee om Christus te volg – aangevuur is deur die afgode van hierdie wêreld wat o so subtiel die trone van ons harte oorgeneem het. Maar wanneer ons deurdrenk is in Sy Woord en doelgerig Sy teenwoordigheid soek, is die transformerende krag van Christus in ons onbetwisbaar. Die opgee is nie so ‘n duur saak nie. Ons vertroue in Sy gesag en goedheid neem nuwe hoogtes in. Deur ons wil aan Syne oor te gee, wen ons soveel meer… want Jesus is self ons grootste skat.

Jesus het later aan Johannes en Jakobus die name Manne van die Donder gegee, en ons sal ‘n blik kry van hoe hulle geesdriftige dissipelskap die wêreld omgekeer het vir Christus. As deel van Jesus se intieme binnekring, het hulle geleer hoe om hulle vurige persoonlikhede reg te gebruik, en hulle het in nederigheid, barmhartigheid en diensbaarheid gegroei. Jakobus sou die eerste van die twaalf wees om vir sy geloof gemartel te word. Johannes se radikale transformasie sou daartoe lei dat hy bekend sou word as die apostel van liefde en die een vir wie Jesus by Sy kruisiging gevra het om vir Sy moeder te sorg.

Hulle het Christus gevolg, ongeag die koste… en dit het alles begin met een beste “ja.”

Waar moet JY oorgee en “ja” antwoord op Sy roeping vandag?

“en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.” – Markus 1:20

Ek het besluit om Jesus te volg. Geen omkeer, geen omkeer…

By Sy voete,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Week 2 Uitdaging: Identifiseer een area van jou lewe waar jy huiwerig is om Christus ten volle te volg. Bid en vra God watter wêreldse dinge hou jou dalk terug, en skryf dan enige stappe neer wat jy hierdie week kan neem om te begin om in gehoorsaamheid te wandel.

 Week 2  Leesplan

 Week 2 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse