Week 2: Die Soewereine God wat voor ons gaan
deur WhitneyD | Augustus, 20, 2018 | Rut
“Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.” – Ruth 2:3
As jy met hierdie studie begin het en net ‘n liefdesverhaal verwag het, weet jy nou dat die verhaal van Rut baie dieper gaan as dit.
Ja, dit is een van die mees roerende, nederige liefdesverhale wat nog ooit gehoor is.
Die verse wat ons hierdie week in hoofstuk 2 gaan lees sal julle harte aanraak en julle sal lief word vir die pragtige gesprek tussen Rut en die meer as barmhartige man van God, Boas. Hierdie week het ek gebid dat God my sal help om seuns groot te maak om mans soos Boas te word. Ek hoop dat my dogter een dag met ‘n man gaan trou met sy karakter. Die manier hoe hierdie ryk man sy werkers en ook vir Rut behandel, demonstreer ‘n lewe wat waarlik geleef word vir God en vir ander. Boas is die positiewe verskuiwing wat so nodig was in die verhaal wat begin het met die diepste lyding.
Jy sal ook lief word vir Rut, wat ‘n toonbeeld is van grasie, nederigheid, ongelooflike werksetiek, vindingrykheid en onbaatsugtigheid. Jy sal gemotiveer word deur haar krag en geïnspireer word deur haar onverskrokke gesindheid. Sy sal jou op so baie maniere herinner aan die vrou in Spreuke 31, en nadat jy hierdie week oor haar lewe nagedink het, sal jy dalk selfs met hernude toewyding vir God wil werk.
Miskien identifiseer jy eerder met Naomi, wat hoofstuk 1 afgeïndig het sonder hoop en in bitterheid, maar wat nou begin om God se barmhartigheid te sien deurbreek in haar lewe na ‘n lang tydperk van donkerheid. Haar terugkeer na Betlehem het nie net ‘n terugkeer na haar mense aangedui nie, maar ook ‘n terugkeer na haar God. As jy in ‘n seisoen van donkerte was wat jou ver van God af gelaat het, bid ek dat jou hart versag sal word soos jy Naomi se transformasie sien hierdie week.
Maar, meer as enige iets anders, moet asseblief nie ons groot God mis in die details nie.
Dit is nie toevallig dat Naomi teruggekeer het na die Here nie.
Dit is God wat nie nalaat om sy trou aan lewendes en dooies te bewys nie (Rut 2:20; Hebreërs 13:5).
Dit is nie toevallig dat Rut “uitgekom” het by ‘n sekere veld nie.
Dit is God wat Rut in Boas se veld geplaas het (Rut 2:12; Spreuke 16:9).
Dit is nie toevallig dat Boas ekstra graan gehad het wat opgetel kon word nie.
Dit is God wat ‘n hart vir die armes en weduwees het (Levitikus 19:9-10; Jakobus 1:27).
Dit is nie God se bedoeling dat ons hierdie week, soos ons Rut se verhaal bestudeer, net fokus op bewonderenswaardige menslike krag, vasberadenheid, of inspanning nie. Reg deur die Woord wil God hê dat ons Hom as die soewereine God sien wat voor ons uitgaan.
“Die Here bepaal ‘n mens se koers; hoe sal ‘n mens weet waarheen hy moet gaan?” – Spreuke 20:24
Nou is dit jou beurt. Waar het jy gesien dat God voor JOU uitgegaan het?
Nader tot Hom in jou lyding, moet nie sy fluisteringe mis gedurende die wagtydperk nie, en kyk vir Sy voorsiening soos jy Sy getrouheid in elke nuwe dag ontdek.
En vergeet dan nie om vir ander wat Hy soewerein op jou pad geplaas het, te vertel van Sy glorie en goedheid nie! [In hierdie week se video is my vriendin Cara saam met my en doen sy presies dit wanneer sy deel hoe God vir haar as ‘n jong weduwee voorsien het. Jy sal dit nie wil mis nie!]
Week 2 Uitdaging: Kom ons verheug saam in die maniere hoe God soewerein voor ons uitgegaan het in die detail van ons lewens! Deel een voorbeeld van God se voorsieningheid in vandag se kommentaar en/of in julle groepe.
By Sy voete,
Week 2 – Video
Week 2 – Leesplan