Week 1 – Ons Verduur, Want Ons Is Mense Met Hoop

Deur WhitneyD | April 30, 2018 | 1 & 2 Tessalonisense

“Hy het opgestaan uit die graf!”

Ek het my oë toegemaak terwyl ek die woorde uit die dieptes van my siel gesing het, en ek kon my ma se ‘van-die-noot-af’-stem so duidelik hoor dat sy net sowel langs my kon gesit het.

Al daardie Paassondae van my kinderdae sou sy hierdie frase uit volle bors sing asof sy elke woord bedoel. Sy kon skaars stil sit, omdat sy elke dag die geloof en hoop van daardie woorde geglo en uitgeleef het.Elke jaar, net soos die vorige een, sou sy my hand neem en dit hoër lig as waarmee ek gemaklik gevoel het en met elke nuwe noot sou sy ons vuiste saam in die lug gegooi het, haar hele wese in aanbidding.

Kliphard, van die noot af en al.

En nou sit my arme kinders langs my en bid seker dat nie een van hulle vriende ons sien nie. Dit is darem Paassondag en ek kan my net nie inhou nie.

Maar dan kom Maandag en die lewe word moeilik. Ons is geneig om te dwaal en ons raak eenvoudig moeg. Die doringkroon, die kruis, die spykers, die leë graf – alles vervaag en ons geloof word opnuut uitgedaag.

Dit is ‘n bose kringloop – hierdie plek waar ons geloof, hoop en hierdie wêreld mekaar ontmoet.

Ek verlang na blywende, kinderlike geloof wat lei tot arbeid wat deur liefde gedring word.Ek het ‘n dogter wat gedurigmoedigegebede bid en liefhet asof daar nie ‘n môre is nie. Sy mag wel net nege jaar oud wees, maar sy bid dat God se krag in werking kom soos jy nie sou glo nie. Haar stem dra krag, en daar is geen twyfel by haar dat God meer kan hanteer as wat sy by sy voete neergelê het nie. Haar geloof is eenvoudig en standvastig, en dit veroorsaak dat sy sonder voorbehoud glo en liefhet.

Soms is ek ook so. Maar ander kere kan ek Sondagoggende lofprysings sing van sy oorwinning oor sonde en die dood, maar voor middagete kom, twyfel ek aan sy plan vir die hier-en-nou.

Die Tessalonisense het dit gesnap.

Paulus het God gedank vir hulle onwrikbare geloof en hoe hierdie sterk fondasie ware liefde in aksie tot gevolg gehad het. Hy het hulle geprys vir die manier waarop hulle die moeilike tye met hoop verduur het, omdat hulle oë op Jesus gerig was.

Ons kan ook verdra, omdat ons mense met hoop is.

So, voor die dae en die weke en hierdie deurmekaar wêreld begin om ons siening van die Kruis te vervaag, kan ons kies om te stop en te onthou:

Aan die voet van die Kruis word volmaakte liefde uitgegiet.

Aan die voet van die Kruis is vergifnis in oorvloed beskikbaar.

Aan die voet van die Kruis word genade gegee.

Aan die voet van die Kruis word die swakke versterk.

Aan die voet van die Kruis word die dood oorwin.

Aan die voet van die Kruis is blywende hoop te vind.

Aan die voet van die Kruis is daar vryheid en ‘n NUWE LEWE.

Aan die voet van die Kruis kan ons die moeilikhede van die hier en nou neerlê en nuwe hoop kry vir môre, want ons kan die Een vertrou wat ons oorwinning reeds verseker het.

Dalk is jy vandag hier, gewond in die stryd en moeg. Op die rand van moed opgee.

Vriendin, ek was daar. Ek het in my eie krag probeer lewe en liefhê. O, hoe het ek nie probeer nie. En selfs as ek elke ons energie wat ek het bymekaar skraap, weet ek teen dié tyd dat ek niks sal regkry as ek nie elke dag begin – en elke oomblik leef – aan die voet van die Kruis nie. Vriendin, Jesus belowe om jou daar te ontmoet en te voorsien in al jou behoeftes. Hy is ‘n God wat in die details is, en jy kan waarlik in Hom rus.

Vriendin, moenie net moed opgee nie.

Kom ons wees mense wat onthou sal word vir ons werk wat deur geloof gelewer word, ons arbeid wat deur liefde aangevoer word, en ons uithouvermoë wat geïnspireer word deur ons hoopin Jesus. Kom ons bring lig in die duisternis, en wys vir die wêreld dat ons mense met hoop is.

By sy voete,

 

 

 

 

 

 

* Kom ons gesels: Ons wil graag weet wie by ons aansluit vir ons studie van 1 & 2 Tessalonisense! Stel jouself voor in die kommentaar hieronder en deel waar jy vandaan kom en waarna jy die meeste uitsien wanneer ons saam God se Woord bestudeer!

Week 1 Uitdaging: Soek maniere om geloof, hoop en liefde in jou lewe te toon tydens hierdie studie. Wie in jou lewe toon reeds hierdie eienskappe en hoe het dit jou beïnvloed?

Week 1 Leesplan

 Week 1 Memoriseervers

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse