12 Januarie 2015
Welkom by ons studie“Gemaak vir Verhoudings”. Ek is so bly jy het by ons aangesluit. Ek dink dit gaan‘n wonderlike agt weke reeks wees.
Hierdie week kyk ons na Gemaak vir Verhouding met God. .
http://www.youtube.com/watch?v=1EcRtDIUzIY (Kliek hierop om die video te sien – Die video is in Engels)
Ek is‘n introvert tot die kern. Ek hou daarvan om alleen te wees …….. dit gee my krag en maak my gelukkig. Maar selfs ‘n introvert smag ek na ‘n sinvolle verhouding met ander. Ek is nie‘n kluisenaar nie.
Maak nie saak watter soort persoon jy is nie, introvert of extravert, jy is vir die gemeenskap geskep.
Hoekom is dit?
Ons vind die antwoord in Gen 1:27.
“God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep”.
God die Vader, Seun en Heilige Gee is in verhouding met mekaar. Voordat enigiets geskep is, het hierdie 3 person van die Godheid in perfekte, diepe en volmaakte harmonie gelewe. Verhouding is‘n deel van sy karakter. U kan sê dat God is verhouding en ons is geskep om daardie aspek van sy karakter te reflekteer. Dit is die rede waarom ons smag om bekend te wees en ander te ken.
Die mees belangrikste verhouding wat jy in jou lewe sal hê is die verhouding wat jy met God het.
Adam en Eva het geweet wat dit beteken het om‘n volmaakte verhouding met God te hê. Dit is iets wat ons nie eers kan begryp nie omdat sondes dit onmoontlik gemaak het.
Gelukkig het God‘n manier gevind om ons verhouding met hom te herstel (soos ons lees in Efesiërs 2 lees) Deur Christus het ons weereens toegang tot God, nie as ons Regter nie, maar as ons Vader.
U ken dit uitdrukking beter and nuut? Wel, dit is wat ons verhouding met God, deur Christus is. Die verhouding wat Adam en Eva ervaar het kon nie verbreek word nie (soos dit natuurlik gebeur het). Maar Christus het hierdie gebroke verhouding met sy bloed herstel, and dus kan dit nie weer gebroke word nie.
Dit is wat hierdie verhouding so kosbaar maak. Dit kan nie vernietig word nie, want jy kan nie die bloed van Christus vernietig nie. Dit kan nie ongedaan gemaak word nie, want jy kan nie die werk wat Christus op die kruis vir jou gedoen het ongedaan maak nie. In plaas daarvan is dit ewig en kom in seëninge op seëninge.
Wanneer ons studeer, behoort ons die vraag te vra, “So wat?“ Hoekom maak dit saak? Hoekom is‘n verhouding met God so belangrik?
Een van die redes waarom dit saak maak, is dat al die ander kringe van verhoudings wat belangrik is in ons lewens, soos familie, kerk en vriende sal minder bevredigend en minder gesond wees, hulle sal verswak en beskadig word as dit nie geanker is in die verhouding wat ons met God het nie.
Ons verhouding met God rus ons toe vir verhoudings met ander in ons lewens
‘n Verhouding met God leer ons hoe om ander lief te hê, hoe om pynlike griewe te vergewe en hoe om onbaatsugtig te dien. In ons verhouding met Christus, sien ons regtig hoe selfopoffering lyk, hoe hom nederig te wees en wat die waarheid is.
Daarom is dit van die uiterste belang dat ons, ons verhouding met God kweek.
Een van die dinge waarvoor ek lief is, is om teologie te studeer. Nie omdat ek‘n ton inligting wil versamel nie, maar omdat die bestudering van God my sal toelaat om te groei in geloof en liefde
Ons behoort nooit tevrede te wees met ons kennis van God nie. Die uitdaging hierdie week is om een van God se eienskappe te kies, en hierdie week spandeer tyd om hierdie eienskap te studeer en daarvan te lees. (Sovereinty, Getrouheid, Vriendelikheid, Alwetendheid, Genade, Geregtigheid, Self Bestaande, Onpartydige, Innerlike, Onverstaanbaar, Jaloesie).
Kyk na Jesus,
________________________________________________
WEEK 1 Lees Plan:
WEEK 1 Memoriseer Vers:
WEEK 1 Uitdaging:
U kan die Studiegids en Leesplan hier kry: Studies