Wanneer Vrees Ons Vas Hou ...
deur Angela | Jul 2, 2015 | Love God Greatly Posts, Psalm 119 |
“Mamma … Ek kan nie slaap nie. Ek is so bang. So bang iets slegs gaan met ons almal gebeur” het sy gesê met trane wat afrol van haar pragtig gesig.
Vrees.
Hierdie lieflike meisie van my het onlangs gesukkel met 'n verlammende vrees dat iets slegs met haar familie gaan gebeur. En soos ons almal met vrese, het dit haar wakker gehou in die nag.
Ek loop haar terug na haar kamer, sit haar terug in haar bed, en gaan lê langs haar. Met ons voorkoppe saam gedruk, bid ek oor haar soos ek haar hare streel, die Skrif kwoteer, en God se belofte om ons nooit to los en verlaat nie opsê. Ek herinner haar daaraan dat hierdie tipe van vrees is nie van God nie.
En so praat ons oor God – hoe kragtig Hy is, hoeveel Hy ons liefhet, en hoe so baie Hy GOED is.
God is al die tyd goed.
Ongeag die naglikse nuus verslae …. God is goed.
Ongeag die uitslae… God is goed.
Ongeag die pyn en hartseer in hierdie lewe… God is goed.
Die twee van ons klou 'n bietjie nader aan Jesus daardie nagte soos ek uit my hart oor my meisie bid - ........en baklei teen hierdie onsigbare oorlog as kragtig as enige mamma kan - in die naam bo alle name ...
Jesus.
Uiteindelik na die gebede, soene op die voorkop, en 'n rug vryf, raak sy aan die slaap. Vreedsame en wat nie langer sukkel met die vrees nie, weet my meisie dat sy is gelief. Sy is daaraan herinner dat God is lief vir haar en sal haar nooit verlaat nie, en sy rus in die waarheid .
God is goed.
Wanneer slegte dinge in ons lewens gebeur, moet ons hierdie waarheid onthou. “U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte” .– Psalms 119:68
Dierbare vriende, hierdie wêreld is nie ons huis nie. Ons moet ophou om te wens dat dit is en begin om uitsien na die een wat aan die kom is.
Ons is nog nie tuis nie, maar laat ons nie toe gee aan die vrese in hierdie lewe nie. Ons God is goed en wat Hy doen, is goed, ten spyte van wat mense sê.
Ja, ons leef in 'n bose, bose wêreld ... en ek is hartseer oor wat ek sien. Maar ons moet onthou dat ons hier is vir 'n doel. JY is hier vir 'n doel, so laat ons nie hoop verloor NIE!
~ Mag ons die vrese wat ons wakker hou in die nag met God se Woord en Sy waarheid terug veg.
~ Mag ons hierdie stryd vir goed gebruik, en hulle toelaat om ons nog nader aan Jesus vas te klou soos ons voorkoppe langs Hom druk en roep " Abba , Vader."
~ Mag ons meer verlief raak met Hom en Sy Woord, en dit waarlik bewaar soos stukke silwer en goud (Psalms 119 72)
God het die mag om goed van wat Satan beplan vir kwaad te bring .
Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer”. Psalm 119:71
Gebed:
Liewe Jesus
Dankie vir die wonderlike werk wat U in ons lewens doen. Dankie vir die hoop wat in U gevind word! Dankie dat U ons nooit sal verlaat nie. Dankie dat U ons vir elke goeie werk wat U beplan het vir ons lewens toegerus het. Help ons om U te sien. Maak ons oë op na U teenwoordigheid en help ons om vroue te wees wie se geloof verdiep en sterker word as gevolg van ellende. Help ons om U skat as ons Koning ... ..meer as enige edelgesteentes te bewaar . En help ons om elke keer meer en meer verlief te raak met U. Dankie vir u liefde, en dankie dat u goed is .
In Jesus se nam,
Amen.
Mag ons almal ‘n bietjie nader aan Jesus klou…
Love God Greatly!
Kom ons praat: God het ‘n ongelooflike doel vir jou lewe . Wat is ‘n paar maniere waarop jy vrees kan bestry en in plaas daarvan hoop met die mense rondom jou deel? …