Wanneer Ons Sukkel Met Tywfel

Deur Angela | Julie 19, 2017

Jou twyfel ontstel God nie. Hy is nie verras deur dit nie, en dit veroorsaak ook nie dat Hy van jou af wil wegskram nie.

Wanneer jy sukkel met twyfel, bevind jy jouself tussen sommige van die “Grootstes” in die Bybel soos Job, Abraham, Sara, Gideon, and Tomas, net om ‘n paar te noem.

Job het getwyfel aan God se goedheid toe sy kinders gesterf het en sy inkomste daarmee heen was.

Abraham and Sara het getwyfel aan God se belofte toe hulle ouer geword het en nog steeds nie ‘n kind van hulle eie gehad het nie.

Gideon het getwyfel dat God ‘n man soos hy kon gebruik om sy opkomende geveg te veg.

En natuurlik, ons geliefde Tomas, het getwyfel dat Jesus uit die dood uit opgestaan het…

Miskien is dit waar jy jouself ook bevind.

Jou twyfel aan God se goedheid as gevolg van wat van jou weggeneem is.

Jy twyfel aan God se beloftes omdat sy tydsberekening nie met joune ooreenstem nie.

Jy twyfel aan God se vermoë om ‘n vrou soos jy, met jou verlede, jou swakheid en jou foute te gebruik.

Soos Tomas, twyfel jy miskien aan God se opstandings vermoë vir jou lewe.

Waar jy jouself ookal vandag bevind, besef dit… dit is normaal om te sukkel met twyfel. Ons sukkel almal daarmee.

Selfs Johannes die Doper het toe hy in die tronk was en sy dood afgewag het, getwyfel of Jesus die ware Messias was.

“Is U die Een wat sou kom, of moet ons vir ‘n ander een wag?” – Matteus 11:3

‘n Verrassende vraag, komende van die man wat Jesus in die Jordaan rivier gedoop het en verklaar het, “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld weggeneem het!” Op daardie oomblik in sy lewe, was Johannes so seker.

Maar, nou in die tronk, was hy oorval met pynigende twyfel en vrese. Was sy bediening tevergeefs? Was hy verkeerd oor Jesus? Was God nou besig om hom te straf vir sy fout? Die twyfelinge en aanklagte wat sy gedagtes gevul het, het hom laat voel of hy nie kon asemhaal nie, en hy het gewonder… het hy sy lewe tevergeefs geleef?

Johannes het besluit om sy volgelinge direk na Jesus toe te stuur om Hom te vra, “Is U die Een wat sou kom…?”

Jesus het doelbewus nie met afkeuring of oordeel geantwoord nie, maar met ‘n uitnodiging vir Johannes se volgelinge om vir hulleself te sien. Jesus het hulle nader gebring en hulle eerstehands laat sien hoe Hy besig was om die presiese Woorde wat Hy weet Johannes die Doper nodig gehad het om te hoor, te vervul. Profesieë wat vervul is en wat hoop en geloof na Johannes se worstelende hart sou bring.

Hulle het gesien hoe blindes kon sien, dié wat verlam was kon loop, melaatses genees is, die dowes kon hoor, die dooies lewendig geword het en die goeie nuus aan die armes gepreek is. O, hoe genadig is ons God om op so ‘n manier vir Johannes se volgelinge te wys dat Hy die langverwagte Messias is.

Jesus het dit nie net gepraat nie; Hy het die tyd geneem om dit te leef. Hy het geweet dat Johannes Jesaja se profesie in daardie getuienisse sou herken, en dit is presies wat hy nodig gehad het om te hoor om sy geloof te help bou en sy vertroue terug te plaas in Christus.

Soos Dawid in Psalm 13 en Johannes die Doper in Matteus 11, moet ons na God gaan met rou, ongefilterde vrae wat dadelik tot die punt kom. Jy hoef nie lang storietjies te vertel met Hom nie. Hy ken jou worstelinge, en Hy sien jou twyfel. Wees net eerlik en lê dit alles voor Hom neer.

En moenie hierdie waarheid vergeet nie… Hy het jou lief te midde van jou twyfel. Hy sal jou nooit in die steek laat nie en jou nooit alleen laat nie. Plaas jou twyfelinge, vrese en angs in Sy bekwame hande. Laat Hom dan toe om jou op ‘n reis van twyfel na geloof te neem. Dit mag dalk nie ‘n kort reis wees nie, maar dit is die moeite werd.

Dit is natuurlik om te twyfel; dit is bonatuurlik om geloof te hê.

Net nadat Johannes die Doper se volgelinge teruggegaan het na hom toe om vir hom die nuus te vertel, het Jesus gedraai na dié wat rondom Hom was, en gesê, “Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is daar niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie…”

Julle sien… Jesus het Johannes geloof vir die manier hoe hy sy lewe geleef het.

Johannes se twyfel het nie Jesus se lof vir hom belemmer nie… en dit sal ook nie vir jou nie.

As jy vind dat jy weer worstel met twyfelinge wat swaar op jou druk, bid soos die desperate vader in Markus 9.

“Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof”- Markus 9:24

En Jesus sal.

Kom ons Praat: Hoe het God jou gehelp om te beweeg van twyfel na geloof?

Hê God Groots Lief!

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse