Wanneer Jy Voel Asof Jy Verlaat Is…
Deur WhitneyD | Des 9, 2016
Teen drie-uur het Jesus hard uigeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?”
Dit is: My God, My God, waarom het U my verlaat?
– Matteus 27:46
Hy het in angs op die tafel gelê, vasgemaak soos ‘n krimineel. Om ‘n uurlange scan en al die mediese noodsaaklikhede wat daarmee saamgaan deur te maak, was bo my twee-jaar oue seun se begrip en amper meer as wat my mamma-hart kon dra. Toe hy sy breekpunt bereik en net nie meer daar kon lê en dit net vat nie, het hy in desperaatheid na my gekyk en uitgeroep, “Maaaammma, eeeekkkkk’sssss nnnouuu klaar”, wetende dat ek die een sal wees wat sal intree en hom red. Met alles wat in my was, wou ek hê dit moet alles verby wees. Met al die liefde wat ‘n moeder kan inhou, wou ek hê hy moes weet dat ek hom nie in die steek gelaat het nie. Alhoewel ek gewilliglik hierdie plan gekies het, het ek gewens dat daar ‘n ander manier was. Was daar nie ‘n makliker manier nie?
Maar in daardie oomblik, het ek hom nie gered nie.
As sy ma, het ek geweet dat hierdie prosedure noodsaaklik was – ‘n weg na ‘n groter doel. Die pyn wat hy moes verduur, sou ‘n groter doel dien. Die prys wat hy moes betaal, sou sy uiteindelike genesing verseker. Dit was al die tyd die plan. En dus uit liefde sou hy bly. Uit liefde, het ek gehelp om hom daar te hou.
________________________________________________________________________________________
How deep the Father’s love for us
How vast beyond all measure
That He should give His only Son
To make a wretch His treasure
Alhoewel ons aardse verhoudings vir ons ‘n klein voorsmakie kan gee, kan niks vergelyk met die diepte van die liefde wat die Vader vir ons het nie. Want wie sou sy geliefde seun oorgee om ‘n heldededood te sterf vir verdienstelike mense, wat nog te sê Sy perfekte, enigste Seun gee om ‘n krimineel se dood te sterf vir mense wat hom sou verag, martel, en uiteindelik kruisig deur die mees onmenslike metodes van aardse lyding te gebruik?
How great the pain of searing loss
The Father turns His face away
As wounds which mar the Chosen One
Bring many sons to glory
Maar as Sy Vader, het God geweet dat die kruis noodsaaklik was – ‘n middel tot ‘n groter doel. Die pyn wat Jesus moes verduur, sou ‘n baie groter doel dien. Die prys wat Hy moes betaal sou ons uiteindelike genesing verseker. Dit was al die tyd Sy plan. En so, uit liefde, het Hy gebly. (Johannes 3:16) Uit liefde, het Hy hom daar gehou.
Behold the man upon a cross
My sin upon His shoulders
Ashamed, I hear my mocking voice
Call out among the scoffers
En alhoewel ek in die versoeking is om my eie sonde veels te ligtelik op te neem en reg in die skoonheid van hierdie seisoen wil inspring, sal ons besoek aan die stal onvolledig wees sonder ‘n besoek aan die kruis…
It was my sin that held Him there
Until it was accomplished
His dying breath has brought me life
I know that it is finished
Jesus se koms na die Aarde as ‘n baba – om God met ons te word – het hom ten volle God en ten volle mens gemaak. En met Sy soewereiniteit ten volle ongeskonde, het Sy koms beteken dat Hy die hemel verlaat het, vlees geword het, Sy glorie versluier het, deur mense verwerp is en deur God verlaat is. Jesus het sonde geword (2 Korintiërs 5:21), en het die volle toorn van God ontvang, wat vir jou en my bedoel was. Hy het sonde geword, want ons het ‘n Redder nodig gehad. Hy het sonde geword want dit was die wil van Sy Vader. Hy het sonde geword, sodat ons deur eenheid met Hom, deur God vrygespreek kan wees.
Jesus was vir ‘n oomblik verlaat sodat jy en ek vir ewig vry kan wees.
I will not boast in anything
No gifts, no power, no wisdom
But I will boast in Jesus Christ
His death and resurrection
Why should I gain from His reward?
I cannot give an answer
But this I know with all my heart
His wounds have paid my ransom
– Stuart Townend
Hierdie Kersfees kan geen aardse geskenk vergelyk met die diepte van die liefde wat die Vader vir ons het nie. As ons net regtig kon weet hoe wyd en lank en hoog en diep die liefde van Christus is, (Efesiërs 3:18), dan sal ons vrae minder wees, ons lofprysing groter en die rusteloosheid en verlange in ons harte sal verander na vrede.
Kind van God, jy is nie verlaat nie (Hebreërs 13:5). Dit is nie die einde van jou verhaal nie, want die stal lei na die kruis en drie dae later… ‘n opgestane Koning. Jesus het gekom sodat jy die lewe kan hê, en dit in oorvloed (Johannes 10:10).
Mag hierdie hoop in ons, die donkerte hierdie Kersfees verlig (Jesaja 60:1).
By Sy voete,
Kom ons Praat: Wanneer is jy die meeste geneig om te voel asof jy verlaat is? Hoe kan jy teen hierdie gevoelens veg met Waarheid?