Wanneer jy moeg is van swak voel…

Wanneer jy moeg is van swak voel…

deur WhitneyD | Jun 23, 2016 |

Week 3 Vrydag

w3d5

Ek het rustig in die wagkamer gesit met trane wat oor my gesig loop. My onstabiele emosies was selfs besig om my onkant te betrap. Ek was so moeg van swak voel.

Per slot van sake, is ek die een wat altyd veronderstel is om dit alles bymekaar te hou.

En o, hoe verlang ek om daardie persoon te wees: die lae onderhoud een wat altyd aanmoedig ; die een wat altyd ‘n glimlag op my gesig het, wat vrygewig is met my tyd, en help om die las van ander te verlig. Ek versmaad behoeftigheid in myself. Noem dit genade, noem dit middel kind sindroom, of noem dit ‘n slegte geval van in beheer wil wees. Wat dit ookal is, dit stink net eenvoudig wanneer jy nie is nie.

Die week tevore het ons soort van klein familie groep ons oorstroom met liefde en praktiese versorging. My man en ek het gesit op ons sitkamer vloer en gehuil terwyl ons vriende ons omring het en ons siek seuntjie verhef tot ons Vader. Net Hy alleen kon hom in ‘n oomblik gesond maak, maar vir Sy eer en ons beswil het Hy ons geneem op mediese reis wat jare geduur het.

‘n Gekkige oorerflike toestand het ons meer as een keer laat beland in die kinder hospitaal se wagkamers as wat ons wou gehad het.  Sover as kondisies gaan het ons altyd geweet dat dit was herstelbaar maar die pad sou ongemaklik wees.

Ons kinders sou toets na toets deurstaan en moeilike hospitalisasies en ek sou harde trane met elke besoek huil soos ek moes luister na my dierbare kleuters was uitroep, ” Alles klaar, Mama alles klaar. Dit is soms onregverdig dat so baie ander paartjies sulke gesonde kinders gehad het, maar op my onselfsugtige dae het dit veral onregverdig voorgekom dat ons kinders deur dit sou kom terwyl ander kinders met meer ernstige gesondheidskwessies se uitkomste nie so optimisties was soos ons s’n nie. Die golwe van emosies alleen, was eerlik meer as wat hierdie oënskynlik bymekaar meisie vir ingeskryf het.

Die wagkamer stoele was hard en ongemaklik, ‘n perfekte pas tot die toestand van my hart. Een of ander vreemdeling het sonder my, ure voor die tyd my seun deur daardie deure gestoot, en nou het die operasie langer geneem as wat verwag is. Vir U heerlikheid en my beswil, God? Nee dankie. My Bybel was oop in die Psalms; die bladsye nou nat; eerste met vrees, en dan met trane wat smeek om vergifnis vir my twyfel in die Een wat alles bymekaar hou.

Ek was so moeg van dit nie alles bymekaar te hou nie . En nou wou ek uitroep, “alles volbring, Vader. Ek wil nie meer hierdie dra nie. ”

Maar God het dit vir goed bedoel.

Daardie bekende woorde van Genesis het aangehou druk op die mure van my harde hart, wat my herinner dat in elke oorwinning en elke terugslag in die lewe het God het ‘n groter doel as my troos in gedagte. Dit is eintlik deur daardie kwesbaar tye wanneer ek dit nie alles bymekaar gehad het nie {wat, laat ons eerlik wees, al die tyd is} dat ek tot die besef gekom het van wie Hy is.

Die God wat in die baarmoeder vorm, wie my elke gedagte en nodigheid sien, wie my liefhet ten spyte van myself – Hy verstaan en het deernis vir my in my swakheid. Dit het hom behaag om ‘n pad te loop wat geen perfekte mens verdien het nie en simpatiseer met my lyding – maak nie saak hoe groot of hoe oënskynlik onbenullige dit is nie. En loof God dat Hy my so baie lief het om my onvolwasse en ontbreek te los.

“God, the Master Weaver. He stretches the yarn and intertwines the colors, the ragged twine with the velvet strings, the pains with the pleasures. Nothing escapes his reach. Every king, despot, weather pattern, and molecule are at his command. He passes the shuttle back and forth across the generations, and as he does, a design emerges. Satan weaves; God reweaves.” ~ Max Lucado

Die goeie om dit nie alles bymekaar te hê nie?

My prioriteite is uitgereken.

 My afhanklikheid is groter.

 My wil is gebreek.

 My hart is sag gemaak.

 My meegevoel groei sterker.

 My bediening raak meer effektief.

God skyn helderder … vir my beswil, en Sy heerlikheid.

Ek het oor die jare geleer dat al die bymekaar- mense bestaan nie. En Ek het ook geleer dat selfs al het hulle, wil ek nie een van hulle wees nie. In my swakheid het ek meer van Christus gesien en Hy is mooier as ooit tevore.

Ek het gesien hoe Hy hierdie gevlegde genade verhaal – morsig en onder geknoop – in ‘n pragtige , opsetlike , en duideliker voorstelling vir die wêreld om meer van Jesus in my te sien. Ek het geleer dat die wêreld nie nog een vals agtermekaar Jesus volgeling nodig het nie. Die wêreld het net Jesus nodig.

So vorm my om meer soos U, te wees Vader. Watookal dit vat. Omdat niks U bereik kan ontsnap nie, my vertroue is in U. Skyn helderder vir my beswil en U heerlikheid.

 “Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. – 2 Korintiërs 12:9

 Kom ons praat: Wat het God jou geleer in jou swakheid?

 By Sy Voete,

Whitney

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse