Wanneer Jy die Waarheid Ken

Deur LyliDunbar | Augustus 1, 2018 | Waarheid Oorwin

Die speletjie se naam was “Hoe Goed Ken Jy My?” Ons het rondom die kombuistafel in my skoonsuster se huis gesit en drie sinne op ‘n stukkie papier geskryf. Twee stellings was waar, maar een was ‘n leuen.

Dit is nie die beste speletjie om te speel wanneer jy probeer om jou familie te flous nie. Niemand ken jou beter as jou broers of susters nie. Ek bedoel, julle het ‘n kajuitbed en ‘n badkamer gedeel en julle voltooi al mekaar se sinne vandat julle drie jaar oud is. Jou suster het al jou lawwe stories al ‘n miljoen keer gehoor. Sy het jou van die kantlyne af aangemoedig by elke wedstryd en sy het saam met jou op die bank gehuil wanneer jy met hartverskeurende teleurstelling en nederlaag ineengekrimp was.

Om vir diegene wat dag in en dag uit ná aan jou geleef het te lieg, is nie maklik nie. Hulle ken jou.

Somtyds wanneer ek met ‘n besluit worstel, onthou ek daardie speletjie. Ek wil my keuse op ‘n stukkie papier neerskryf en saam met God by die kombuistafel sit.

Here, watter een van hierdie is ‘n leuen? Vertel my asseblief.

Vir die laaste 6 weke het ons ons Bybels oopgemaak en Waarheid bestudeer. Ons is moeg daarvoor om deur die vyand geflous te word en ons wil uitwerk hoe om sy bedrog te herken en op te hou om vir sy planne te val.

Hoe weet jy wat is waar? Jy moet met dit leef.

Die Apostel Johannes het vir drie jaar ná aan Jesus geleef as sy dissipel. Hy het by dieselfde tafel gesit en stowwerige paaie geloop terwyl hy na die Leermeester geluister het. Hy het gesien hoe Jesus die verlamdes genees en hy het in afgryse gesien hoe sy Meester aan ‘n kruis gehang en gesterf het.

Johannes vertel ons hoe om te onderskei tussen die Waarheid en ‘n leuen: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. (Johannes 14:6)

Wanneer Johannes sê, “en julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak,” bedoel hy nie kop kennis nie. Jy kan ‘n groot Bybel hê wat oop lê op jou kombuistafel, maar nie werklik die Waarheid ken nie.

Die woord “ken” hier, bedoel meer as lees, meer as bestudeer, meer as praat. Om te “ken” beteken om onophoudelik uit te leef, om staande te bly met en om ferm aan vas te hou.

Wanneer jy die Waarheid “ken” staan dit vir jou uit van die bladsy van jou Bybel af en vul dit jou hart. Die Waarheid word jou gids. Jy dra die Waarheid met jou na die werk en na die kruidenierswinkel. Die Waarheid fluister, “Loop hierdie kant toe” wanneer jy by ‘n kruispad staan, en jy herken sy stem en volg.

Wanneer jy toelaat dat Jesus elke besluit lei, jou waardes bepaal en jou doelwitte stel, kan die vyand se leuens jou nie bereik nie.

Wil jy ‘n leuen herken? Leer die Een ken wat nooit lieg nie. Luister na sy stem bo al die ander stemme. Dra Hom met jou waar jy ookal gaan en verbind jouself daartoe om gou gehoorsaam te wees aan Sy wil.

Dit is maklik om ‘n leuen te herken wanneer jy jou lewe oorgegee het om die Waarheid na te streef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse