Wandel Waardig

Deur Lyli Dunbar | Mei 25, 2018 | 1 & 2 Tessalonisense

Ek en my man het een aand op die rusbank opgekrul om ‘n film te kyk wat ons gevoel het beide van ons kan geniet. Met die springmielies gereed het ons die ‘speel-knoppie’ gedruk.  ‘n Film waarin Sandra Bullock (my gunsteling aktrise) speel en ‘n sokker tema (iets manlik wat my man kan geniet). Ons albei het onsself verloor in die ware verhaal oor Michael Oher se lewe en het in trane opgeëindig. ‘The Blindside’is ‘n verhaal van verlossing oor ‘n jong man wat van dakloos na helde-status beweeg het, omdat een familie notisie van hom geneem het, vir hom ‘n stel nuwe klere gekoop en hom in hulle familie in genooi het. Tydens verskeie hoogtepunte in die rolprent staan ​hier​die jong man met ‘n voet in elkeen van sy twee wêrelde. Sal hy vorentoe beweeg en vryheid en die doel van sy roeping vind, of sal hy vasgekeer bly in die siklus van ‘n leë lewe?

Hierdie konflik in Michael Oher is juis die stryd wat elkeen van ons elke dag in die gesig staar. God het ons in sy familie ingeneem. Ons is beklee met die geregtigheid van Christus, en ons word as waardig beskou as gevolg van dit wat Hy aan die Kruis vir ons gedoen het. Die vraag is: sal ons waardig die roeping wandel wat ons hemelse Vader op ons lewens geplaas het? Sal ons vorentoe beweeg in geloof of sal ons vasgenael bly in ‘n siklus van skaamte?

Die vyand van ons siele wil hê ons moet glo dat ons nie waardig is om deur God gebruik te word nie. Ons het te veel gesondig en te ver afgedwaal. Maar elkeen wat hulle geloof in Christus plaas, is uitverkies en afgesonder deur ons Skepper. God wil nie hê jy moet foutloos wees nie. Jy hoef net getrou te wees.

Paulus verstaan ​​die stryd om vas te staan in die geloof in moeilike tye. Wanneer verdrukking en moeilike omstandighede ons in die gesig staar, is dit menslike natuur om te twyfel.

Ons betwyfel God se goedheid.

Ons betwyfel ons eie krag.

Ons twyfel dat dinge ooit sal verander.

Dis waarom Paulus ons aanmoedig om vir mekaar te bid. Ons moet mekaar aanmoedig om vol te hou in goeie werke en om met geloof in die stryd te volhard.

Vriendin, jy mag dalk nie nou waardig voel nie, maar God is aan die werk in jou. Dalk het jy gister opgemors, maar vandag kan jy met hernieude geloof aanbeweeg in die rigting wat jou hemelse Vader jou wys.

Jy kan kies om waardig jou roeping te wandel deur:

  • Jou besluite aan die Vader oor te gee, eerder as om te doen wat jou vlees behaag.
  • Te belê in die ewige skat en na die hemel te kyk, in plaas daarvan om tydelike skatte van hierdie wêreld op te gaar.
  • Geduldig te wag op God se almagtige krag om jou situasie te verander en nie sake in jou eie hande te neem nie.

Om waardig ons roeping in Christus te wandel begin deur elke oggend ons eie wil aan syne te onderwerp sodra ons voete die grond raak. Ons is hier om God te verheerlik. Kom ons dra ons uniform met trots.

Wees sterk in die geloof,

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse