Waarheid Oorwin Inleiding

Deur Angela | Junie 22, 2018 | Waarheid Oorwin

Vriendin, hierdie studie is vir jou en vir my. Dis vir ons moeders, dogters en susters. Ook vir ons vriendinne in die straat af en om die draai. As vroue is daar een ding wat ek weet: ons almal glo te maklik leuens. Leuens wat ons lewens infiltreer en poog om ons vreugde te steel.

Van die oomblik dat ons wakker word, sukkel ons met leuens wat ons gedagtes vul. En as ons nie versigtig is nie, kan ons begin om na die leuens te luister, of hulle selfs te glo.

Maar dit hoef nie so te wees nie.

Dit is waarom dit so belangrik is om God se Woord te ken en ons gedagtes daagliks met sy onveranderlike Waarheid te hernu.

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Romeine 12: 2

So, vriendinne, ek nooi julle om saam met my op hierdie reis te gaan, in hierdie stryd om die leuens te beveg en die pragtige Waarheid wat in God se Woord is te ontdek. Waarheid wat ons harte en gedagtes vry sal maak. Vry om onsself lief te hê soos ons is in Christus en vry om die liefde wat Hy vir ons het, te omhels.

Vryheid is te vinde in die waarheid.

Slawerny word in leuens gevind.

Elke dag word ons voor ‘n keuse gestel, en daardie keuse beïnvloed die tipe dag wat ons sal hê. Elke dag het ons ‘n keuse om die leuens wat aan ons vertel word, oor ons en in ons, te glo, of ons het die keuse om te glo wat God sê en die liefde en waarheid wat Hy genadiglik oor ons uitstort, te omhels.

My gebed is dat elkeen van ons in die volgende ses weke in wysheid sal groei en sal leer om vroue te wees wat ‘n leuen herken en dit dadelik stop, ook dat ons sal leer om vroue te wees wat die waarheid oor hierdie leuens spreek.

Ek kan regtig nie wag om hierdie studie saam met julle te begin nie! Die leuens wat ons sal bespreek, is alles leuens wat JULLE, as ons gemeenskap van pragtige vroue, in ons jaarlikse opname gedeel het! Leuens wat julle gesê het julle hoor en leuens wat julle sukkel om nie oor julleself te glo of van God te glo nie.

Hierdie is leuens waarmee julle sukkel, en terwyl ek dit lees, knik ek my kop en sê, “ek ook.” Ek sukkel met dieselfde leuens. Julle is nie alleen nie.

Ek bid dat elkeen van ons na hierdie ses weke studie sterker sal wees, met meer selfvertroue in wie ons is en in die genade en liefde van ons wonderlike hemelse Vader.

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse