Vry om te Vergewe: ‘n Verhaal van misbruik tot genesing

Vry om te Vergewe: ‘n Verhaal van misbruik tot genesing

Deur WhitneyD | Okt 8, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_o

Dit is een-en-veertig jaar sedert daardie boelie seuns my liggaam, verstand en stukkies en brokkies van my vergruisde siel gesteel het. Hulle het hulself voorgedoen as geïnteresseerde bure, gereed om my oeroue oppasser te help. Hulle sou my van haar hande afneem, haar las ligter maak. Wat vreemd is as jy my toe geken het. Ek was nie ‘n handvol nie. Ek het alreeds die kuns geleer hoe om onsigbaar te wees. En as ek myself nie besig gehou het nie, het ek maniere gevind om ander mense gelukkig te hou. Ek was ‘n goeie klein meisie. Selfs onskuldig.

Daardie vriendelike seuns (broers, boy scouts) het my in die woud ingeneem. Hulle het hulle vriende genooi om beurte te neem. Hulle het my onder die té hoë immergroen bome verkrag. Hulle het my saam met hulle huis toe geneem en meer van my gesteel in hulle kajuitbeddens, met ‘n laken wat gedrapeer was oor die onderste bed, sodat hulle dit “privaat” kon doen, en dit alles terwyl hulle June Cleaver ma net twee kamers weg popmusiek geneurie het en koekies gebak het. Ek wonder of sy geweet het.

Ek het hulle kloue ontvlug deur die hele middag en tot in die vroeë aandure te slaap. En later het ons ver, ver weggetrek. Maar hulle spoking het met my gebly. Ek het vuil, geskend, en uiters alleen gevoel met my geheime verhaal. Ek het dit in ‘n donker hoekie weggesteek. Die verhaal het nie weer verskyn tot ek Jesus leer ken het nie. Toe het dit uitgelek, en toe in foltering uit my uitgestroom.

Hoe vergewe jy dit?

Om te kies om hierdie seuns te vergewe het nie oornag gebeur nie.

Jy begin deur ‘n keuse te maak om te vergewe. Jy gaan voort deur die radikale, onsinnige reis van vergifnis te loop.

Vandag neem ek nog ‘n stap na vergifnis. Reg hier, reg nou, skryf ek ‘n brief vir hierdie seuns. Ek weet nie wie hierdie manne vandag is nie. Maar, dalk, deur God se groot geheimenis, as hulle ooit, ooit op hierdie blog afkom, hierdie brief is vir hulle.

Liewe Seuns met die Van wat My Binneste Vertroebel,

Ek is steeds kwaad.

Wat julle gedoen het. O, wat julle gedoen het. Julle keuses het littekens so groot soos kanale in my siel gegrawe. Julle het my gesteel. My onskuld. My oop oë vertroue. My onverskrokke uitkyk op die lewe. My dapperheid. Alles ontvoer. In die nadraai van die seksuele molestering, was ek leeg. Ek het leuens oor myself geglo.

  • Ek is nie waardig om beskerm te word nie.
  • My selfwaarde = my seksualiteit, maar in die mees verwronge vorm.

Ek is steeds kwaad. Want toe my dogters vyf jaar oud geword het, kon ek skaars asemhaal. Sulke vrees. Sulke hartseer. Al wat ek wou doen was om my dogters te beskerm.

Maar as ek bly in die land van wraak, dan sal my vreugde uitteer. Julle sou die verowering gewen het.

Julle sien, ek het Jesus ontmoet toe ek vyftien jaar oud was. Sagmoedige Jesus het my net betyds gevind.

Onder ‘n immergroen boom, het die herinneringe van julle oortreding my oë gebrand. En nogtans, daar, in daardie heilige plek, het ek Jesus ontmoet. Hy het my sondes (o so baie sondes, regtig ontelbaar) geneem en dit ooswaards in ‘n projektiel een biljoen myl weg van my gegooi. Hy het my skoongewas, my seer hart geskrop en my op die pynlike en pragtige pad van genesing laat begin. Hy het my sonde en my pyn aangeneem.

Hy het my Ek Was stellings verander na Ek IS stellings.

  • Ek was gemolesteer. Ek is gekoester deur God.
  • Daar was van my gesteel. Ek is ‘n ewigdurende, gelukkige, oorvloedige lewe gegee.
  • Ek was minder as. Ek is meer as wat ek ooit gedink het ek kan wees.

Ek is vry om julle te vergewe. Ek is vry om na julle te kyk met genade gevulde oë. Ek is heelgemaak deur ‘n heilige God.

Halleluja!

Ek sien Jesus, naak aan die kruis met moeisame asemhaling. Hy verstaan die kwetsbaarheid van naaktheid. Aan daardie kruis, kon Hy al die oortreders, almal wat Hom daarnatoe gestuur het, gekruisig het, maar Hy het wilde vergifnis uitgeasem. Hy het gekies om te doen wat julle nie het nie. Hy het gely vir iemand anders se sonde. En in plaas daarvan om wraak te verorden, het Hy ‘n era van genade ingelei.

Ek wens hierdie Jesus vir julle.

Ek is die bewys, die pragtige bewys, dat jy vrygemaak kan word. Jy kan skoongewas word. Jy kan vergewe word.

Al wat ek kan doen is om te bid dat julle hierdie brief sal vind deur pragtige God-gefluisterde toeval, en dat julle uiteindelik vrygemaak wil word van wat julle aan my gedoen het. Ek vergewe julle beide. Kom na die bron van vergifnis, ingestel deur Jesus. Laat my woorde dien as julle toegang:

Ek vergewe julle.

Die berg van my sonde teenoor ‘n heilige God, verdwerg die molshope van wat julle teenoor my gedoen het. Ek lees God se woorde oor die ondankbare amptenaar en verstaan: “Die koning het hom laat haal en vir hom gesê: ‘Jou skurk! Al daardie skuld het ek vir jou afgeskryf omdat jy my gesoebat het. Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’ (Matteus 18:32-33).

As ek regtig, regtig glo in Jesus aan die kruis wat al my skaamte en sonde en smerigheid gedra het, dan moet ek glo dat Sy opoffering ook vir julle voldoende is. Sy barmhartigheid gee in my aanleiding tot diepe barmhartigheid teenoor julle.

Hierdie toegeneentheid is vreemd, hierdie medelye wat ek het vir julle twee. Ek verlang om te sien dat julle vry is van daardie herinneringe, van die mishandeling wat julle gepleeg het, en die mishandeling wat julle in die gesig moes staar. Ek kan nie slim oplossings aanbied, of betaal vir jare se terapie om die pyn uit te wis nie. Al wat ek het is pragtige Jesus. Al wat ek het is my lewe wat heelgemaak is. Al wat ek het is my getuienis. Al wat ek het is dit! Ek is okay. My Skepper het my baie lief. Ek is genees. Ek leef ‘n lewe van ware onmoontlike liefde.

Ons staan vir genesing. Ons staan in Jesus se krag vir die onthalwe van toekomstige radikale verlosde lewens. Ons wat verlossing ken, is moeg daarvoor om onsself te besoedel in die pynlike verlede. Ons sal inteendeel STAAN. Ons sal dans. Ons sal ons geneesde lewens gee om siele uit die donkerte te red. Wat Satan bestem het (en selfs julle, broers) bedoel het vir onheil, maak God ‘n heilige omkeer.

Ons wat desperaat was om gered te word, is nou bewerkers van redding, van versoening, van vergifnis.

O, dat julle hierdie nuwe, nuwe lewe sal ervaar wat Jesus julle aanbied, broers met die van. Ek nooi julle uit op die reis. En as ons ooit onder die immergroen bome sal ontmoet, sal ek julle ‘n drukkie gee, deur God se lewensveranderende genade.  Ek sal vir julle bid. Ek sal huil. Ek sal vergifniswoorde sê. Ek sal julle verwelkom in die familie van die vuil-nogtans-verlosdes.

Staande in die glorieryke, soete lig van Jesus,

Mary, nie meer vyf nie, volkome geliefd

As jy hierdie lees, en jy dieselfde verhaal as daardie broers het, laat hierdie boodskap asseblief diep in jou hart sypel. Die God wat aan ‘n bloedbevlekte kruis gehang het, bied aan jou ‘n uitweg. Sy geskende hande is die hande van oorwinning en vergifnis en lig. Reik jou hand uit na Hom. Hy wat na die aarde neergebuig het, reik uit na jou.

Mary deMuth

Kan Mary hier vind: MaryDeMuth.com.

photo-1414703808316-7532227b387f-2

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse