Vrede En Genade

Deur Angela | Junie 8, 2018 | 1 & 2 Tessalonisense

Hierdie tweede brief aan die Tessalonisense eindig met dieselfde woorde as waarmee Paulus dit begin het: Vrede en Genade. Woorde wat gebruik is om hierdie gelowiges aan te moedig, in beide vervolging en verdrukking.

En watter pragtige woorde om ons studie mee af te sluit vandag!

Vrede en genade vir jou, beste vriendin.

Na hierdie ses weke saam met die kerk in Tessalonika, is ons daaraan herinner dat vrede nie van enigiets van buite afhang nie, dit kom net van Jesus.

Die wêreld mag probeer om jou vrede te steel. Maar wees bemoedig en staan vas, want die God van Vrede is by jou en sal by jou wees deur watter omstandighede jy ook al mag gaan.

Aangesien dit ons laaste dag saam is, laat my toe om eerlik met jou te wees: ek het die laaste paar jaar gesukkel om daardie vrede te kry.

En dit is een van die dinge wat ek nooit gewaag het om te sê nie, weet jy? Ek is ‘n sendeling, ‘n vrou van geloof, van aksie. Ek is die dapper een, die een wat bereid is om God te dien, ongeag die koste.

Maar in die middel van die nag, wanneer Facebook toe en diemasker af is, was dit net ek en my onsekerheid, my twyfel en my vrese. Moet ons hier bly? Moet ons êrens anders heen gaan? Is dit regtig God se wil vir ons? Moet ons regtig alles verduur? Of het ons dalk ‘n soort martelaar sindroom of iets? Is hierdie die plek waar ek wil hê my kinders moet grootword? Is dit alles die moeite werd?

Hierdie en vele ander soortgelyke vrae het oor en oor in my gedagtes opgekom, en dit het gemaak dat ek nie net God se wil vir my betwyfel het nie, maar selfs ook Sy liefde … waarom sou Hy toelaat dat soveel kwaad na ons kant toe kom as ons Hom dien?

Ek het toegelaat dat die dief my vrede kom steel

Kyk nou wat Paulus sê aan die einde van sy brief …

… Mag die God van vrede julle in alle opsigte altyd vrede gee.

Te alle tye in elke opsig.

Ek het geleer dat vrede kom wanneer ek aan God volle beheer van my lewe gee. Wanneer ek besef dat Hy altyd iets agter die skerms vir my beswil en sy glorie doen. Vrede kom wanneer ek God se wil vir my en my familie aanvaar soos dit is.

Sy wil vir nou is nie dat ons in ‘n mooi huis moet woon nie. Dis nie dat ons alles in oorvloed moet hê nie. Dit is nie dat ons rustig moet leef en omring word deur gemak nie. Sy wil vir ons op hierdie oomblik is dat ons skaarste, gevaar en versoeking op versoeking moet verduur. Dat ons sukkel en verduur en die opposisie in die gesig staar en val en weer opstaan.

Sy wil is dat ek sal bly veg vir my vrede. En die enigste manier om hierdie geveg te veg – en te wen – is op my knieë. Om my alles aan Hom oor te gee. My verwagtinge, my eise, my gedagtes van ‘n ander lewe, my troos, my veiligheid. Ek gee dit alles vir Hom. Elke liewe dag. En dan, en dan alleen, kan ek sy vrede te alle tye in alle opsigte ervaar. In die klein en in die groot dinge. In die belangrike dinge en in die roetine dinge.

Moenie die vyand van jou siel toelaat om jou vrede te steel nie. Veg.

“Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.” Jakobus 4:7

Ek weet die maklikste ding om te doen wanneer moeilike tye kom, is om toe te laat dat onsekerheid en vrese ons gedagtes en harte vul. Maar ek weet ook dat om God se wil vir ons te leef – hoe moeilik of anders dit ookal mag wees as wat jy dit voorgestel het – is die enigste ding wat ons in alle opsigte ten alle tyevrede gee.

Gee toe aan God se wil vir jou en rus. Laat die duiwel jou vrese saam met hom vat en laat God toe om jou hart te vul met sy volmaakte vrede.

Tevrede in sy diens,

Edurne

________________________________________________________

Ons nuwe studie Waarheid Oorwin begin op 30 Junie

Elke leuen wat ons glo, moet teen God se waarheid in stryd gebring word. Een vir een moet ons die leuens wat ons vir te lank geglo het, opsetlik verplaas … soos hierdie: Ek is nie goed genoeg nie, ek kan nie verander nie, ek is nie geliefd nie en hulle vervang met God se waarheid.

Sluit by ons aan, soos ons verkies om nie meer na die leuens van ons vyand te luister nie en glo eerder wat God oor ons sê!

Laat weet vir ons as jy by ons aansluit vir ons volgende #LoveGodGreatlyAfrikaans-studie en maak seker om u vriende te nooi.

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse