Verlossing, nie Perfeksie nie

Verlossing, nie Perfeksie nie

Deur Sara / 20 November 2019 / Saligsprekinge

Kintsugi. Ek het eers onlangs daarvan geleer. Dit is die Japanese tradisie om gebroke erdewerk te herstel deur vloeibare goud, silwer of platinum te gebruik.Hierdie kosbare metale wys vir ewig die ligging van die vorige krake, maar hul teenwoordigheid skep heelheid en voeg waarde by dít wat andersins rommel sou wees.

Ek het herhaaldelik gedink oor die simboliek hiervan en dit is pragtig.

Jesaja 64:8 sê, “U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande.”

Ons is deur God geskape, in sy beeld. Maar ons is menslik en ons is inherent defek en gebroke. Omdat ons gebroke is, het ons droefheid oor verlore dele, pyn van skerp rante, ydelheid oor ons veranderende voorkomste en trots oor ons veronderstelde waarde.

Die prag is dat God ons in ons gebrokenheid ontmoet. Ons gebrokenheid en ons littekens is deel van ons menslikheid; dit maak ons nie onbruikbaar of lelik vir Hom nie.

God se genade is die goud wat vrylik oor ons uitgestort is deur Jesus se opoffering. Hy gee ons waarde, Hy gee ons betekenis. En ons hervormde lewens sal ‘n getuienis wees aan die wêreld as ons waag om ons littekens te openbaar en ons verhale te deel.

_______________________________________

Soos ons dus vandag na Jesaja 66:2 kyk: “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op díe een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord,” kom ons onthou ‘n paar dinge.

Ons kan nie God se aandag win, wen, of verdien nie – wat nog te meer sy liefde en toewyding. En tog, Hy sê dat ons genoeg is. Hy tel ons stukke op en herstel ons tot nuwe lewe.

Ons het geen rede of verskoning om vol trots te wees nie. Laat ons woorde, ons gebede en ons lewens, sy goedheid en ons afhanklikheid van sy genade reflekteer. Hy verdien die krediet van ons monde en die eerbied van ons harte.

Die verhaal van Christenskap was nog nooit ‘n verhaal van perfeksie nie, maar ‘n verhaal van verlossing. Aan God die eer.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse