Van Ewigheid tot Ewigheid

Deur WhitneyD | Desember 13, 2017 | Sy Naam Is

Voordat die berge gebore is,

voordat U die wêreld voortgebring het,

ja, van ewigheid tot ewigheid is U God! Psalm 90:2

Voordat ons planeet die Aarde geword het, het dit glad nie soos die Aarde gelyk nie. Maar Jesus was alreeds God. Voordat God lig van die duisternis geskei het, was ons planeet “vormloos en leeg” (Gen. 1: 2). Maar Jesus was reeds met God. Voordat die sterre geskape is en wetenskap en wetenskaplikes gedebatteer en demonstreer het hoe hulle nie ‘n God wat skep, kan begryp nie, het God alreeds alles geskape. En Jesus was al die tyd daar.

Van ewigheid tot ewigheid is ons God ‘n God van liefde. Hy het ons wêreld en alles daarin, en veral ons, uit sy liefde, geskape. Hy ken elke sterrestelsel in die wêreld soos Hy elke haar op jou kop ken en Hy hou hulle almal in Sy hand.

Hemelse Vader, dankie dat U Uself aan ons geopenbaar in die natuur. Ons sien U majesteit in die hoë hoogtes van rotsvaste berge, U teer barmhartigheid in die delikate blare van blomme wat oor die velde uitsprei en U ewige dieptes van lewegewende water wat ons almal verbind. Ons weet dat Jesus nie apart van U is nie, Hy is nie eers ‘n deel van U nie, Hy is U. En Hy was met U in die Skepping van alles wat ons ken en alles wat ons nie ken nie, en Hy sal vir ewig by U wees.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse