Van Duisternis Tot Lig

Deur WhitneyD | Desember 6, 2017

Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Johannes 8:12

Jesus is ons fisiese lig in ‘n donker wêreld. Hy is die warmte van ‘n kers wat ons in die koue vertroos. Hy is die lig van die son wat lewe gee met sy strale. Hy is die leidende lig van sterre in ‘n naghemel en Hy is ‘n lamp om die kaart te verlig wat Hy vir ons uitgemerk het.

Jesus is ook die lig van oneindige wysheid en insig. Sy lig verlig die waarheid en stel alle leuens bloot (1 Kor 4: 5). Sy lig openbaar die hoop wat ons in Sy beloftes kan hê en dit gee ons vryheid van sonde. Voor Sy lig gekom het, was ons blind, en het ons geïsoleer en sonder hoop in die donker gedwaal, maar met Sy lig kan ons die gawes wat Hy aan Sy geliefdes gegee het, sien en by Sy familie aansluit.

God het Israel uit Egipte gelei met ‘n vuurkolom om hulle pad te verlig. Jesus is ook ‘n ligkolom wat, wanneer ons Hom volg, vir ons God se teenwoordigheid, beskerming en voorsiening bring.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse