Uit Met Die Gemors, In Met Die Waarheid

Deur AmandaCunningham | Augustus 3, 2018 | Waarheid Oorwin

Jare gelede het ek in ‘n bekende straat in my tuisdorp afgery en die verkeerslig voor my het geel geword voordat ek gedink het dit sou. Ek het gewik en weeg of ek moet spoed verminder en stop of net aanry. Net vir ‘n paar oomblikke. Ek het gedink ek het genoeg tyd vir my voorste bande om oor die streep en in die kruising te kom voordat die lig rooi word. Ek onthou dat ek geleer het by die staat se bestuursklasse toe ek 15 was dat as jou voorste bande die streep oorsteek voordat die lig rooi word, jy nie ‘n rooi lig verontagsaam nie.

Ek het opgemerk dat al die ander motors van die teenoorgestelde rigting by die lig gestop het. Dus, selfs al was dit naelskraap vir my, sou ek nie die risiko geloop het om in ‘n ongeluk met hulle betrokke te raak nie. Dit het nie saak gemaak dat daar ook ‘n polisiebeampte by die lig gestop het nie. Ek het genoeg tyd gehad. Dit het ook nie saak gemaak dat die polisiebeampte in die links draai baan was nie. As ek die lig verontagsaam het, sou dit net ‘n ligte draai van sy/haar stuurwiel neem om my af te trek. Ek het genoeg tyd gehad, het ek gedink.

Net om seker te wees, het ek na my vriendin in die passasiersitplek gedraai. Sy het ingestem: “Moenie stop nie. Jy sal ‘okay’ wees.” My voorste bande het die streep oorgesteek en ek was reeds diep in die kruising voordat die lig rooi geword het. Sjoe. Ek volg die padreëls slaafs en was verlig dat ek nie ‘n groot reël verbreek het nie.

Al die wik en weeg en wonder in my gedagtes het in minder as ‘n paar sekondes plaasgevind. Twee sekondes nadat die lig rooi geword het, het ek flikkerende rooi ligte in my truspieël gesien. Die beampte het my afgetrek en vir my ‘n boete geskryf vir die verontagsaming van ‘n rooi lig.

“Maar meneer,” het ek geredekawel, “ek het nie die rooi lig verontagsaam nie.”

Hy het na my gestaar.

“My voorste bande was oor die streep lank voor dit rooi geword het.”

Hy het nie sy oë geknip of ‘n spier beweeg nie.

“My vriendin het dit ook gesien.”

“Geniet die dag, mevrou.”

Ses maande later in die hof (ek het besluit om die kaartjie te betwis), het ek ‘n paar gate in die beampte se saak teen my gedruk en gevoel dat dinge goed gaan. Ek het die beskuldigde bank ingeneem, my kant van die storie gebring en my binneste het geglimlag terwyl ek dink. “Einde ten laaste gaan hierdie beampte besef dat hy nie die waarheid kan verdraai en daarmee wegkom nie.”

Net voordat ek uit die beskuldigde bank ontslaan is, het die regter teruggedraai, “Ek wil jou iets vra voordat jy gaan sit.”

“Ja meneer?”

“Vroeër,” het hy gegryns, “het jy gesê jy dink jou bande was oor die streep.”

Ek het gesluk, “Ja.”

“Hoe seker is jy?”

“Redelik seker. Ek bedoel, ek is amper positief.”

Hy het sy kneukels op sy geplooide ken laat rus.

My gedagtes het weer in daardie tussen-in spasie gewik en weeg – onthou ek regtig of nie? “Ek het ‘n getuie hier wat in die motor was. Ek het gevra dat die beeldmateriaal van die kruising gekry moet word. Het dit gebeur? Kan jy die beeldmateriaal opsit en kyk?”

“Jong dame, ek kan nie beslis ten gunste van iemand wat dink hulle is redelik seker dat hulle amper positief is nie.”

Dit was die einde. Ek is skuldig bevind aan die verontagsaming van ‘n rooi lig, moes ‘n boete betaal, vir defensiewe bestuursklasse gaan, en daardie beampte het met leuens weggekom. Hy het my beskuldig en gewen.

Liewe vriendin, die wêreld gaan jou van allerhande dinge beskuldig. Jou baas kan jou vertel dat jy verkeerd is, jou vriendin mag noem dat jy nie genoeg saak maak nie, jou kêrel mag sê jy is nie goed genoeg nie en jou eie gedagtes mag jou probeer oortuig dat jy nooit genoeg kan doen nie.

Maar God sê met Hom is jy meer as genoeg.

God sê jy is …

VERGEWE Romeine 3:24

NUUT GEMAAK 2 Korintiërs 5:17

KOSBAAR 1 Korintiërs 6:20

GELIEFD Efesiërs 1:4

VRYGEMAAK Romeine 8:1-2

HEILIG Hebreërs 10:10

WAARDIG Efesiërs 2:10

‘N OORWINNAAR Johannes 16:33

As ons met die Waarheid gevul wil word, moet ons ruimte daarvoor maak in ons gedagtes. Vriendin, kom ons gooi die gemors uit en neem die Waarheid in.

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Filippense 4:8

As jy in jou gedagtes begin twyfel en jy voel onseker, gooi die gemors uit. As dit nie waar is nie, nie edel is nie, nie reg is nie, nie suiwer is nie, nie pragtig is nie, nie bewonderenswaardig of uitstekend of lofwaardig is nie, gooi dit uit. Moenie daaraan dink nie. Verwyder dit. Neem die Waarheid in en oordink dit.

Wanneer jou gedagtes wik en weeg in daardie tussen-in ruimte, kan jy altyd seker wees dat een ding waar is – God se Woord oor jou. Kom ons gryp die Waarheid in plaas van die leuens in alle areas van ons lewens aan.

Alles vir sy glorie,

_____________________

Liewe vriende, baie dankie dat u baie ons aangeluit vir ons Waarheid Oorwin studie!!! Ons bid dat dit vir u ‘n seën was, en dat God hierdie laaste ses weke gebruik het om kragtige waarhede in u lewens te praat !!!

Gewoonlik neem ons in Augustus ‘n breek, maar vir diegene wat liewer nie wil nie, gaan ons weer deur ons Rut- Een vrou se reis van verlies na erfenis studie wat vir 4 weke sal loop! Die studie sal op 13 August 2018 begin.

Ons sal graag wil hê dat U by ons aansluit as u nie ‘n breek wil neem nie!

U kan ons studiejoernal vind onder studies.

Het God iets kragtig gedoen in u lewe deur ons Waarheid Oorwin studie. Indien, sal ons dit graag wil hoor! Stuur vir ons ‘n e-pos aan: [email protected] om u getuienis te deel!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse