In ‘n Oogwink Verby
Het jy al baie tyd en geld spandeer om ‘n geleentheid soos ‘n troue, ‘n werksfunskie, ‘n verjaardagpartytjie, ens. te beplan en tot uitvoer te bring? Hoe het jy gevoel toe dit verby was? Het jy gevoel dat dit aan jou verwagtinge voldoen het? Of het jy gedink “Sjoe, al daardie werk en nou is dit verby. Sal mense dit onthou?”
Toe my vriendin verloof geraak het, het ek haar met alles bygestaan. Die maande voor haar troue was gevul met beplanning, inkopies, die proe van kos en koek, gastelyste, sitpleklyste en nog vele meer. Dit was baie pret en baie werk en dit het alles gelei tot ‘n baie spesiale en pragtige dag. ’n Dag wat binne ‘n tydperk van net agt uur geëindig het. Nadat maande se beplanning tot volvoering gekom het, nog voor ons ons oë uitgevee het, het my vriendin saam met haar nuwe man vertrek en al die gaste is huis toe om te gaan slaap. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, my vriendin was mal oor haar troudag en alles het sonder probleme verloop. Ek kon egter nie help om te dink: “Sjoe, dis alles in ‘n oogwink verby.”
Wanneer ek die verhaal van Ester lees, kan ek nie help om te dink aan wat koning Ahasveros aan die einde van sy lewe gedink het nadat hy jare so weelderig geleef het nie. Hy het geleef soos enigiemand dink ‘n koning sou lewe. Hy het immers 180 dae spandeer om sy rykdom en persoonlike glorie te vertoon (Ester 1:4), maar aan die einde van sy lewe kan ons aanneem dat hy nie die Here geken het nie. Hy het gesterf as ‘n man wat ‘n tydelike en luukse lewe op aarde gelei het, net om die res van die ewigheid deur te bring sonder die liefdevolle teenwoordigheid van God.
Evalueer die Skatte van ons Lewens
Alhoewel dit maklik is om van koning Ahasveros te lees en sy optrede te oordeel, kan ons soms net soos hy wees. Watter tydelike skatte bêre jy aan hierdie kant van die hemel? In Matteus 6:19-21 sê Jesus vir ons: “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Die skatte in die hemel waarvan Jesus praat is skatte wat ewig is, soos God se Woord en die siele van mense. Dit is dinge wat ons nou op aarde by ons het, maar dinge wat ook met ons in die hemel sal wees.
Ja, God gee deur sy soewereine genade vir ons tydelike en aardse gawes wat bedoel is om ons vreugde te bring en eer aan Hom te bring, maar daardie dinge is flietend. Hulle is tydelike vreugdes wat ons nie in die ewigheid kan saamneem nie. Hulle bring nie fundamentele bevrediging en doel nie. So, wat kan ons in die ewigheid inneem? Ons kan neem wat ons uit God se Woord geleer het (m.a.w. verlossing en ewige lewe uit genade deur geloof in Jesus Christus) en ons kan ander siele bring wat in Jesus se dood en opstanding aan die kruis geglo het. Daardie twee dinge is die enigste dinge wat ons nou op aarde en later vir alle ewigheid in die hemel kan geniet.
Filtreer die lewe deur ‘n Ewige Perspektief
Wanneer jy aan jou eie lewe dink, sit jy meer liefde en doelgerigtheid in God se Woord en die ewige siele van mense, of fokus jy meer op die aardse gawes wat nie enige ewige betekenis het nie? God is so liefdevol en goedgunstig om vir ons geskenke te gee gedurende ons tyd op aarde, maar ons kan nie toelaat dat die vyand vat wat die Here gee wat vir ons beswil en tot sy eer is, om ons dan te verblind van ons doel om Christus bekend te maak en vir ons ewige bestemming nie.
Ek wil jou uitdaag om na te dink oor wat die skatte van jou hart is. Smag jou hart na geskenke wat net gedurende jou tyd op aarde teenwoordig sal wees, of smag jou hart na ewige dinge soos God se Woord en vir die siele van sy mense om Hom te ken? Ek bid dat ons almal hierdie week sal nadink en ‘n lys sal maak, sodat ons werklik verstaan waar ons skatte is. Mag die Here ons genade betoon onderwyl ons ons harte in lyn bring na Hom en sy mense – die ewige skatte wat nie sal wegkwyn of vergeet sal word nie.
Week 1 Uitdaging:
Kom ons fokus hierdie week daarop om ‘n lewe van geloof, eerder as ‘n lewe van vrees te leef. Wanneer vrees jou gedagtes binnekom, neem dit gevange deur verse te lees wat die vrese beveg. Neem dan in daardie oomblik tyd om jou vrese in geloof te verander deur daaroor te bid en hulle aan God oor te gee. Mag hierdie week die begin wees van ‘n lewe wat in geloof geleef word en wat eer aan God bring.
Week 1 Leesplan:
Week 1 Memoriseervers: