‘n Man Genaamd Filipus

deur Jen | Julie 23 2017

Welkom by Week 6 van ons studie oor die twaalf dissipels van Jesus.  Vandag gaan ons kyk na Filippus, en soos in die geval van die ander dissipels, is daar nie veel inligting oor Filippus nie.  Hy word genoem in al vier die Evangelies, maar die enigste plek waar ons lees van sy interaksie met Jesus is in Johannes 6.

‘n Skare het saamgetrek om na Jesus te luister.  Dit is baie moontlik dat baie van hulle ‘n redelike lang afstand gereis het om na die Groot Onderwyser te kom luister.  Hulle was al die heel dag daar en baie van hulle het begin honger word.

Dit is gedurende hierdie tyd dat Jesus vir Filippus vra of hy dalk weet waar hulle vir al hierdie mense kos kan koop.  Ons sien dat Jesus besig is om Fillippus te toets, want in die teksvers staan daar dat Jesus alreeds geweet het wat Hy gaan doen.  Ek hou daarvan dat Jesus op die punt so ‘n bietjie in Filippus se geloof gedelf het.  Het Filippus verstaan wat Jesus alles kan doen?  Die dissipel het verward geklink.  Hy het geen idee gehad waar hulle vir so baie mense kon kos kry nie.  Hy het ook nie eers aan die moontlikheid gedink dat Jesus, net so maklik as wat Hy siekes kon genees het, ook kos kon voorsien nie.

Net soos Filippus, bevind ons ons dikwels in situasies waar ons hulp of leiding nodig het, en dan kyk ons na alles behalwe na God toe.  Ons vra ons vriende, spandeer ure om met lede van ons familie te praat, ons doen aanlyn navorsing …. maar ons gaan nie na die God van alle krag en wysheid toe nie.

In Filippense 4 vertel Paulus ons dat God aan al ons behoeftes sal voorsien volgens die rykdom van Sy heerlikheid.  Daar staan nie Hy “kan” dalk nie, maar Hy “sal”.  Hy sal aan jou voorsien in jou tyd van nood!  Dit is baie belangrik, want God sal nooit Sy beloftes breek nie.  Hy vergeet nie of maak verskonings nie.  Hy sal aan jou en my voorsien, alhoewel dit dalk nie sal wees hoe ons dit beplan het of gehoop het nie.  Geloof verstaan dat God se manier altyd beter is as ons manier.

Jesus het Filippus getoets, en toe het Hy hom geleer.  Hy het vir hom gewys dat die Seun van God kos kan voorsien aan al die mense op ‘n wonderbaarlike wyse.  Hy het 5000 mense gevoed met 5 klein broodjies en twee vissies.  Ek is seker dat Filippus – soos die res van die dissipels – verwonderd was.  Ek hoop dit was ‘n ervaring wat sy geloof versterk en laat groei het.

God voorsien steeds vir Sy kinders.   

Sonder Hom sal ons nie eers kan lewe nie.  Hy gee aan ons alles wat ons nodig het in ons lewe en godsvrug.

Maak nie saak hoe dapper of skugter nie, hoe slim of oningelig, hulle groot God het bo en in hulle gebly en hulle alles gegee wat hulle nodig gehad het om mans te word wat in heiligheid gegroei het om die goeie nuus van Jesus te bevorder.

In en bo elke gelowige woon ons groot God, wat alles wat ons elke dag van ons lewens benodig, voorsien. Begryp ons altyd sy weë? Nee. Maar ons hou vas aan die waarheid dat God goed is en Hy hou Sy Woord.

Kyk na Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

Week 6 Uitdaging: Bid en vra God om jou bewus te maak van die baie maniere wat Hy vir daaglikse behoeftes voorsien. Maak hierdie week ‘n lys van Sy voorsiening – beide groot en klein – en maak dan seker om Hom te bedank vir Sy goedheid en genade.

Week 6 Leesplan

Week 6 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse