Sy Naam sal genoem word


Sy Naam sal genoem word

deur Angela | Des 4, 2015 |

Lief God Grootliks

Anders as enige ander kind wat nog ooit gebore is, het God Sy eie name gekies.

En hier is die name wat Hy gekies het:

Wonderbare Raadsman

Magtige God

Ewige Vader

Vredevors…

Ek hou van hoe God gekies het om in hierdie wêreld in te kom…. as ‘n baba, die sondelose wat geplaas word in die hande van die sondige. Die Heilige Een betree ons wêreld met teruggehoue krag.

O, hoe is God se weë nie ons eie nie.

Ek onthou die dag toe ek en my man uitgevind het wat die geslag is van ons eerste babatjie – dit was ‘n dogterjie! Ek het SO uitgesien na daardie dag. Ek was moeg om te raai wat ons gaan hê, en om die babatjie “dit” of “die baba” te noem. Ek wou “dit” persoonlik maak …ek wou “dit” ‘n naam gee.

As ‘n skooljuffrou, het ek ‘n lys name gehad wat ek nie wou gebruik nie. (Het ELKE onderwyser nie so ‘n lys name nie?) Ek wou nie hê ons kind se naam moet so algemeen wees dat mense haar op haar voornaam en eerste letter van haar van noem nie. Ek wou hê haar naam moet ongewoon genoeg wees sodat sy hopelik die enigste een in haar klas is, maar nie so ongewoon dat wanneer die aflosonderwyser na haar klas kom, dat sy sal sukkel om ons dogter se naam uit te spreek en die hele klas sal lag nie…ek praat uit ondervinding hier.

Arme kinders…wat het hulle ouers gedink met daardie naam?!

Toe ek en my man begin dink het oor name vir ons eerste dogter, wou ons ‘n naam hê wat soet, en tog sterk en vriendelik is, tog slim…’n naam wat beskryf hoe ons hoop sy sal word met tyd en met God se hulp.

Anders as ons, het God Sy name self gekies, Hy het geweet wie Hy was.

Wonderbare Raadsman

Hy sal Sy mense lei wanneer hulle hulle vertroue in Hom plaas. Hy is die skepper van wysheid en die voorsiener van kennis! En ons kosbare Heer is nie ‘n suinige gewer van wysheid nie. O nee, Hy gee mildelik aan almal wat vra (Jakobus 1:5)

Magtige God

Hoef Hy meer te sê? Hy is magtig om te red. Kragtig op ELKE moontlike manier…HY IS GOD!

Daardie probleem waarmee jy worstel? Dit is geen probleem vir ons God nie!

Hierdie week het ek ‘n ou preek van C.H. Spurgeon van 1859 gelees. Dit handel oor die naam van God: Magtige God. Aan die einde van die preek sê Spurgeon die volgende:

“Ek smeek en vermaan almal van julle hier om, soos die Gees van God julle sal help, om te kom en julle vertroue in Jesus Christus te sit. Hy is die “magtige God.” O, Christene, glo hom meer as ooit, laat julle sorge aan hom oor; hy is “die magtige God;” gaan na Hom met al julle probleme, wanneer die vyand kom soos ‘n vloed, sal hierdie magtige God ‘n weg maak vir julle verlossing; neem julle hartseer na hom, hierdie magtige God sal dit almal kan verlig; vertel vir hom julle dwalings en sondes; hierdie magtige God sal dit uitvee. En, o sondaars, julle wat voel dat julle ‘n Verlosser nodig het, kom na Christus en vertrou hom want hy is “die magtige God.” Gaan na julle huise en val op julle knieë en bely julle sondes, en gooi julle arme, skuldige, hulpelose, naakte, weerlose siele voor sy almag, want hy kan tot die uiteinde dié red wat na God kom deur hom, want toe hy gesterf het, was hy nie ‘n man sonder goddelikheid nie, maar hy was “die magtige God.” Dit, sal ek sê, sal ons skryf op ons baniere, van hierdie dag voort en vir ewig, sal hierdie ons vreugde en ons lied wees – die kind en die seun wat vir ons gegee is “die magtige God.” – C.H.Spurgeon

O, is dit nie kragtig nie?!!!

Ons God is magtig om enige iets wat op jou pad kom te hanteer. Draai na Hom en soek Sy betrokkenheid in jou lewe.

Hy is magtig om te help, te red en te verlos!

Ewige Vader…

Hy is nou en sal vir ewig Vader wees. Hy is ‘n vader vir die vaderlose en die vader van alle vaders. Hy is die vader wat bly, die vader wat omgee en die vader wat ons diep liefhet.

Hy is ewig, en Hy sal ons nooit los of verlaat nie. (Deut. 31:6)

Soos die Goeie Herder wat Hy is, kyk Hy oor ons, sorg vir ons en help ons om te groei in ons geloof en kennis van Hom.

Vredevors…

Hy is die heerser van vrede, die gewer van vrede en ware vrede kan in Hom alleen gevind word.

Hy is heilig, en tog het Hy gekies om na ons te kom as ‘n toeganklike baba…. vir ons is ‘n kind gebore.

Dankie Jesus dat U presies is wat U gesê het U is.

Kom ons praat:

Hoe help die fokus op hierdie name jou om Jesus met groter dankbaarheid te aanbid hierdie Kersfees?

Lief God Grootliks!

110915_1532_3.jpg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse