Smart en Dankbaarheid
Cristin Tippin
Rut het ‘n ongelooflike kragtige toewyding aan haar skoonmoeder getoon na haar man oorlede is. Sy het haar huis en geloof en mense agtergelaat en beloof om Naomi te volg en haarself aan Naomi se mense en haar God te wy. Sy het dit alles gedoen sonder enige belofte van wat die toekoms sou inhou. En indien die vorige tien jaar van haar lewe (onvrugbaarheid en haar man se dood) enige indikasie was van wat Rut se toekoms mag wees, het sy waarskynlik nie gehoop vir groot rykdom toe sy Naomi gevolg het nie. En tog het Rut hierdie dapper aankondiging gemaak; sy het haar geloof na Naomi en Naomi se God gerig en God het haar ryklik daarvoor geseën.
Rut was al dikwels vir my ‘n voorbeeld van die tipe toewyding wat ek wil hê om God te volg. Ek het gebid: “God, ek sal gaan waar U gaan. En bly waar U bly.” Ek moet erken, ek het geidialiseer hoe dit sou wees. Ek wou gaan waar God my sou toelaat om te floreer en voorspoedig te wees. Ek wou bly waar die lewe ryk en soet was as gevolg van God se seën. Wat ek egter sedertdien geleer het is dat God ons met tye sal lei na plekke wat meer na wanhoop, as voorspoed lyk. Plekke wat meer soos dood voel, eerder as oorvloedige lewe, wat meer skadelik lyk as goed.
‘n Paar jaar gelede het ek weer gebid: “God, lei my waar ookal U my nodig het. Waar ookal U wil hê ons moet gaan, daar sal ons gaan.” Kort daarna het ek en my man onsself bevind in die slote van onvrugbaarheid. En in daardie slote het ons gebly. Dit is waar die Here ons vir jare laat “leef” het, ten spyte daarvan dat ek gesmeek het dat Hy ons toelaat om iewers ander te gaan, om na die volgende seisoen van ouerskap oor te gaan. Maar vir jare, en nog steeds tot vandag toe, bly ons.
En tog, God het ons ryklik geseën te midde van smart en hartseer en lyding. Selfs terwyl ons geleef het in ‘n seisoen waarvoor ons glad nie gehoop het nie en waaruit ons baie graag wou uittrek, was Hy getrou. Ek het God nooit in die intieme maniere geken soos wat ek Hom nou ken nie. Ek het Hom nog nooit meer nodig gehad en so hulpeloos op Hom staatgemaak as my bron van troos en hoop en lewensmiddele nie. Ek het nooit die Waarheid van God se Woord bestudeer en daaraan vasgeklou nie. Ek is nie seker ek sou ooit die woorde van Rut gebid het as ek geweet het wat die seisoen was waartoe God ons geroep het nie. Maar ten spyte van die smart wat in hierdie seisoen talm, het ek diepe dankbaarhied dat ek hierdie soort intimiteit met God kan ervaar.
Selfs in die slote het God waarlik planne vir my vir voorspoed en ‘n toekoms gevul met hoop. In die slote klou ek vas aan hierdie belofte en so baie ander wat in God se Woord gevind word, wetende dat sy Woord my sal toerus vir geregtigheid en getrouheid, ongeag van of Hy my roep om te bly of te gaan.