Rut was ‘n Spreuke 31 Vrou

Rut was ‘n Spreuke 31 Vrou

Deur Angela | Augustus 29, 2018

Kan ek vir jou ‘n geheim vertel? Hoofstuk 3 van Rut het my nog altyd ‘n bietjie senuweeagtig gemaak. Ek bedoel, is ek die enigste een wat ineenkruip as ek dink aan Rut wat daardie nag na die dorsvloer gaan en Naomi se bevele uitvoer? Sjoe, praat van ongemaklik! My hart begin om vinniger te klop, en ek raak angstig net om te dink hoe senuweeagtig Rut moes gewees het!

Dit was nie tot onlangs toe ek meer gelees het oor die agtergrond en simboliek agter Naomi se instruksies vir Rut nie, dat ek begin het om die parallel te verstaan met Christus se verlossing in ons lewens.

Neem byvoorbeeld Naomi se raad vir Rut om haar klere van rou en weduweeskap te verruil vir nuwe, skoon en vars klere, om aan te dui dat haar tydperk van rou oor haar man se dood verby is en dat sy moet aanbeweeg met haar lewe. Hoe wonderlik dat Naomi die een is wat dit vir Rut aanbeveel, en liefdevol vir haar die vryheid en seën gee om aan te beweeg! Soos Rut, voel ek dat ek ‘n “Naomi” in my lewe nodig gehad het om my klere van rou te verruil en ‘n nuwe seisoen van beskikbaarheid vir God met ope arms aan te neem. Om die klere van onvergewensgesindheid, verraad, bitterheid en pyn te verwyder en nuwe klere van hoop, verlossing en liefde aan te trek.

Totdat ek die boek Rut bestudeer het, het ek nie besef dat in die Hebreeuse Bybel, die boek van Spreuke reg voor die boek van Rut is nie. Hoe wonderlik is dit nie dat net nadat ons Spreuke 31:31 lees, word ons gestuur na Rut se ongelooflike verhaal van verlossing nie!

Wat ons in Rut 3:11 sien, is dieselfde beskrywing van die “Spreuke 31 Vrou” in vers 31:31. Net soos die “Spreuke 31 Vrou”, is Rut ook geprys by die stadspoorte…en let wel, ‘n vrou wat gebore is in ‘n vyandsland, wat ‘n vreemdeling was in die land waarin sy geleef het… hierdie gebroke weduweevrou was werklik ‘n Spreuke 31 vrou!

Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.- Spreuke 31:31

Rut word by die stadspoorte geprys oor hoe sy Naomi liefdgehad het, hard gewerk het om te voorsien vir haar skoonmoeder en verlang het om haar te eer. ‘n Vrou wat kon weggedraai het en ‘n nuwe lewe in haar vaderland begin het, het in plaas daarvan, gekies om alles wat sy geken het te verlaat en vorentoe te loop in geloof… terwyl sy nie geweet het wat die pad na Betlehem vir haar sou inhou nie.

Ek is besig om soveel lesse te leer wat ek in my lewe kan toepas omdat ek geïnspireer is deur Rut se verhaal. Ons kan nooit die krag van ‘n lewe wat geleef word in liefde vir God en ander onderskat nie. Ons sien dit in Rut se lewe… soos ons dit ook sien in die lewe van die “Spreuke 31 Vrou”. Beide vrouens het geleef met hulle fokus op God en het die mense rondom hulle gedien. Beide vrouens het geleef vir meer as net hulleself en as gevolg van dit, bemoedig beide vrouens se elke dag, stap vir stap gehoorsaamheid steeds generasies van vrouens duisende jare later!

Soos ek besig is om deur die boek Rut te lees, is ek deur hierdie kragtige boek aangespoor om meer moedig en dapper vir Christus te leef. Om my lewe uit te leef in groter geloof en groter gehoorsaamheid… selfs as ek nie seker is wat vir my wag in my “Betlehem” nie…om nogtans die reis vorentoe te neem. Dit is nie maklik om onsself nederig te hou en ons lewens aan die voete van ons Verlosser neer te lê nie… maar net soos Boas, verwerp Jesus ons nie. Hy sien ons en is lief vir ons.

“Die boek Rut is soveel meer as net die aantekening van die huwelik van ‘n verwerpte vreemdeling met ‘n gerespekteerde Jood. Dit is ook die beeld van Christus se verhouding met dié wat Hom vertrou en aan Hom behoort.”- Warren Wiersbe

Liewe vriendinne, net soos Boas vir Rut aanvaar en liefgehad het, doen Christus dieselfde vir elkeen van ons!

Kom ons Praat: Wat van Rut se lewe bemoedig jou tot dusver in ons studie? Is daar iets nuuts wat jy geleer het?

Hê God Groots Lief,

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse