Reik Uit Na ‘n Seer Wêreld: Word ‘n LGG Fasiliteerder

Reik Uit Na ‘n Seer Wêreld: Word ‘n LGG Fasiliteerder

Deur Angela | Oktober 19, 2017

Liewe vriendinne,

As ons net die tyd sal neem om rustiger te wees en rondom ons te kyk, sal ons sien dat ons in ‘n wêreld leef wat vol vrouens is wat seer het. Vrouens wat nodig het om te weet dat die hoop gevind kan word in Jesus Christus. Ek wil jou aanmoedig om die dapper vrou te wees en uit te reik. So baie vrouens ly alleen, sonder om iets te sê; hulle wil hê dat iemand na hulle toe uitreik en omgee. Iemand wat hulle sal liefhê, ongeag hulle foute, en wat hulle met ope arms in hulle lewens sal verwelkom.

Ek wil julle graag uitdaag om julle huise of kerke oop te maak en vrouens rondom julle te nooi om saam met julle ons volgende 4 weke Bybelstudie oor die boek Filippense te doen… ‘n Bybelstudie gemik daarop om die ware bron van vreugde te vind… Jesus.

As dit iets is wat God op jou hart lê om te doen, wil ons jou toerus, soos jy vorentoe tree in gehoorsaamheid.

Hier onder sal julle 3 bloginskrywings vind wat praat oor hoe ons langs julle sal wandel om julle te inspireer, te bemoedig en toe te rus om julle groepe te lei… julle is nie alleen nie, ons is hier om julle te help.

Inspireer:  https://liefgodgrootliks.wordpress.com/2016/08/22/inspireer-vroue-met-ons-deur-die-fasilitering-van-n-lief-god-grootliks-groep/

Aanmoedig: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/2016/08/24/bemoedig-vrouens-met-ons-die-rol-van-n-lgg-fasiliteerder/

Toerus: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/2017/06/05/vroue-toerus-met-ons-lgg-fasiliteerder-bronne/

Is dit die EERSTE KEER wat jy ‘n groep gaan lei? Maak seker dat jy registreer as ‘n LGG Fasiliteerder!! Ons voorsien al die materiaal en ondersteuning wat jy benodig om jou LGG groep suksesvol te lei.

Soek jy ‘n LGG groep om by aan te sluit? Jy kan ‘n groep vind in hierdie komende Saterdag se “Sluit aan by ‘n groep” bloginskrywing!

Liewe vriendinne, ons hoop dat julle alles wat LGG vir JULLE in hierdie sessie aanbied, sal gebruik, en dat julle saam met ons sal deelneem om vrouens hier in Suid-Afrika en reg oor die wêreld met God se Woord te bereik!!!

ELKE VROU. ELKE GEMEENSKAP. ELKE NASIE.

Kry ons nuutste Bybelstudie joernaal, en streef saam met ons daarna om meer vrouens hier in Suid-Afrika en oor die wêreld met God se Woord te bereik!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse