Psalms 119 {Week 1} ~ ‘n Uitnodiging vir die dorstige….

 

Psalms 119 {Week 1} ~ ‘n Uitnodiging vir die dorstige….

deur WhitneyD | Jun 15, 2015 | LGG Bybelstudies, Psalms 119 |

“Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen,” – Psalms 119:2

Soos ek gegrawe het in die stof, het sweet uitgestort uit elke deel van my liggaam.

Indiana humiditeit op sy beste.

Dit is redelik skaars vir my, om myself alleen te vind in my agterplaas met geen kinders onder jou voete nie, maar daar was ek ... net ek in al my vuil, sweterige heerlikheid, saam met 'n paar hulpeloos plante - nog in hul oorspronklike te- klein houers – afgeskeep en dors vir ver te lank.

Ek het die reëndruppels wat saggies uit die hemel geval het, gevoel, en ek kon nie help om te glimlag nie. Soete verligting. Nie net vir my nie, maar vir die opgedroogte potte voor my. Die nuwe versagte, versadigde grond sou binnekort hulle droë wortels omhels, en die lewe sou weereens in hulle vloei ..

Dankie Jesus, dat u die reen gestuur het.

________________________

Hulle het gekom, en het nie opgehou kom nie.

Sommige van regoor die stad, en die ander op busse wat vir ure en en ure oor die grense in die brandende son gereis het.

100 graad hitte en geen lugversorging het hulle nie verhoed om saam bymekaar te kom nie - oor 1 100 vroue van Nicaragua, Costa Rica, Mexiko, Colombia, en die VSA - onder een dak om te aanbid en om gevul te word met lewegewende waarhede geasem reguit God deur sy Woord . Dit is net 'n kykie van wat Global Advance doen oor die hele wêreld.

Ek het vrou omhels wat met vreugdevolle vertroue aangekom het. Maar ek was meestal getrek om te kniel en hande vas te hou met diegene wat gebroke was, met koppe laag gehou.

Te skaam om oog kontak te maak

Gebuk onder laste te groot om van te praat in die openbaar.

Siele wat smag na die dors, wat verlang het om gered te word van die droogte wat hulle beroof het van die werklike lewe vir te lank

Hulle het gekom omdat hulle dors was.

“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe…” Jesaja 55:1

Maar hulle is nie op daardie manier weg nie. Sessie na sessie …

God se Woord openbaar Jesus en die redding wat hy bied vir die sonde vir siek siele.

God se Woord verfris, dit bring hoop in desperate plekke.

God se Woord herinner dat hierdie wêreld is tydelik, en dat God se goeie plan sal uiteindelik seëvier.

God se Woord herstel, dit herstel gebroke harte en vul die leë spasies as genade soos die reën val.

Hoe weet ek?

Oë was opgehef.

Voorkomste het verander.

Stemme het gereageer in lof aan ons groot God

Met trane in my oë, het ​​ek aan die agterkant van die opelug ouditorium gestaan en dit alles ingeneem. Nasies het in koor gesing, onbeskaamd die naam van Jesus hoog opgeneem met een stem, en ek was seker dat God my toegelaat het om 'n klein blik van die hemel te sien in daardie oomblik.

God se Woord: 'n uitnodiging vir die dorstige. 'n Skuilplek vir die vermoeide. 'n Herinnering van ons groot behoefte wat wys na 'n nog groter Verlosser.

“Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.” – Psalms 119:16

Die geleentheid om Love God Greatly se Spaanse hulpbronne te deel met sleutel vroue leiers het my reis tot vol sirkel gebring. Wat 'n voorreg dit is om aan te sluit by hierdie pragtige vennootskap wat vroue aan die Lewende Water wys deur sy Woord .

________________________

Wat van jou?

Het jy gekom na hierdie studie met vreugdevolle vertroue, of is jy bang om op te kyk, skaam of uitgeput van lewe in 'n droë en vermoeinde land vir te lank ?

Of enige manier, laat ons hierdie reis in Psalms 119 saam omhels, wat toelaat dat God se Woord ons harte en gedagtes versadig, wat ons vul tot oorlopens met ware siel hidrasie wat net kan kom van een Bron.

Is jy dors? Jesus sê, “Kom”.

{Video here.}

God se Woord:

‘n Uitnodiging vir die dorstige.

'n Skuilplek vir die vermoeide.

n herinnering van ons groot behoefte wat wys na 'n nog groter Verlosser.

Dankie Jesus, dat u die reen gestuur het…

By Sy voete.

*KOM ONS PRAAT : Deel jou { Psalms 119 } Doelwitte in die kommentaar hieronder, en laat ons mekaar aanmoedig om saam goed te begin in God se Woord hierdie sessie !

{Week 1} Uitdaging : Elke oggend hierdie week, voordat jy jou rekenaar aanskakel, jou selfoon nagaan, die koertant oopmaak of die nuus aansit, verbind jouself om jou Bybel eerst ding op te maak om jou siel met die waarheid van God se woord te verfris..

{Week 1} Leesplan:

{Week 1} Memoriseer Vers:

Bottom of Form

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse