Passie Vir Waarheid
deur Jen Thorn | Sep 10, 2015 | Galasiërs |
Ek is so opgewonde om saam met so baie vroue van regoor die wêreld die boek van Galasiërs te studeer, en ek kan nie glo dat die eerste week tot ‘n einde kom nie. Ek is seker Galasiërs ons sal rek maar ons ook groei in ons liefde vir waarheid. Laat my met jou deel wat ek hierdie week geleer het….
Daar was nie 'n kerk in Galasië totdat Paulus begin preek het en dissipels gemaak het nie, waarskynlik tydens sy eerste sendingreis (Hand 13: 1-14: 28). Kort nadat Paulus hierdie kerk geplant het en aanbeweeg, val die kerk onder die spel van valse leraars. Hierdie valse leraars, ook bekend as " Judaïseerders " het die kerk vertel dat om in staat te wees om 'n regte "Christene te wees moet hulle basies Joods word. Dit was 'n valse evangelie, omdat hulle geleer het dat redding kom deur ons werke + Jesus se werke
Wanneer Paulus uit vind is hy stomgeslaan. Hoe kon die Galasiërs so vinnig inkoop in hierdie " ander evangelie " (Gal 1:6)? Hoe kon hulle hul rug op wat hulle geleer het by Paulus deur die leiding van die Heilige Gees?
Paulus kon nie stil bly nie. Hy het diep omgegee vir hierdie broers en soveel meer vir waarheid en daarom moes hy hulle liefdevol maar ferm reg stel.
Paulus was lief vir die siele van mense , en om geestelike gif te duld is om te help en die aansport van die moord van siele. ~ Charles Spurgeon
Dit lyk op hierdie punt of 'n paar van die mense Paulus se gesag bevraagteken het, so hy het hulle vinnig herinner dat die waarheid wat hy ontvang het, kom nie van mense nie, maar van Christus homself (1:12).
Hy sê aan die Galasiërs iets soos hierdie: "Jy wil weet dat ek die waarheid praat ; dat ek 'n Apostel is? Kyk dan na wat ek eens was en wat ek nou is. Ek was een keer 'n "kannie dood Jood –'n Fariseër! Ek was genadeloos in die handhawing van die Joodse gebruike en oortuigings tot die punt van moord. Toe onthul Christus homself na my en dit was slegs deur die werking van God dat 'n man soos ek, wat voorheen groot blydskap geneem het in die vervolging van die gemeente, sou nou bereid wees is om lewe en troos te waag , om die einste boodskap wat ek eens teen was, te leer. "
Hy wou hê dat hulle moet verstaan dat hy nie net een of ander man se leer herhaal het nie, maar dit wat hy hulle geleer het, het na hom toe gekom in 'n bonatuurlike manier van God. Hy was die laaste werklike Apostel
Daar is drie implikasies hier wat belangrik is vir ons almal wat ons moet sam neem:
1. Die evangelie wat ons verkondig moet beskerm word teen valse leraars. Dit is baie belangrik dat ons versigtig en akkuraat is met die manier waarop ons praat oor Christus se werk namens ons en die redding wat ons van dit ontvang. Ons word nie gered oor 'n gebed wat ons gebid het, of 'n paadjie wat ons geloop het nie. Ons word nie gered oor die hoeveelheid gasvryheid ons wys, hoe vrygewig ons is, of hoe skoon ons spraak is, nie. God aanvaar ons nie oor hoe dikwels ons, ons Bybels lees nie, ons politieke posisies, of ons kerk bywoning nie.
Redding kom slegs deur die geloof in Christus en dit is ook ' n gawe van God , sodat niemand kan roem nie.
2. Niemand kan so baie opmors dat God hulle nie kan red nie. Kyk na die lewe van Paulus voor sy bekering. Hy was een deurmekaar, skrikaanjaend man. Hy was vol haat, self- geregtigheid en moord - alles in die naam van godsdiens. En tog, ten spyte van die besit van sulke diep verblindende sonde, het God uitgereik, hom geloof gegee, sy hart verander en hom nie net gebruik as 'n ongelooflik sendeling en kerplanter nie, maar ook as een wat die meeste van die Nuwe Testament sou skryf. Hierdie is ongelooflik genade en hierdie selfde genade kan ook in ons lewens werk.
3. Enige van ons het die potensiaal om weg gelok te word deur valse onderrig. So sterk as wat jy dink jy is, en solied soos jou geloof is, kan enigiemand deurmekaar raak en begin dwaal van die waarheid. Laat ons nie so trots wees dat ons dink so sonde is buite ons. Ons moet 'n volk van die woord wees wat ondersoek nie net wat geleer word deur ander nie, maar ook wat ons glo in ons eie harte .
Die evangelie is kosbaar omdat dit God alles gekos het en ons niks. Dit is ook kosbare want dit is kragtig. Dit bring vergifnis wat ons nie kan verdien nie, verandering wat ons nie bymekaar kan skraapmonster nie, en aanvaarding deur God wat ons so dringend nodig het. Geen wonder dat Paulus so ongelooflik passievol was oor die behoud van die integriteit en waarheid oor hierdie evangelie. Kom ons bid vir hierdie soort van passie in ons eie lewens .
Kyk na Jesus,