Oorwinnaar Oor Die Dood, Kragtig Om Te Red
Angela
Moet Ek hulle loskoop uit die doderyk?
Moet Ek hulle red uit die dood?
O dood, bring maar jou verskrikking!
O doderyk, bring maar jou plae!
Ek sal beslis nie medelye hê nie. – Hosea 13:14
Daar was geen koning, geen prinses of heerser in staat om Israel te red van die dreigende slawerny en ballingskap nie. Tog draai hulle egter na hul aardse goewerneurs in plaas van om na God toe terug te draai.
God het Sy seën en Sy verlossing keer op keer vir hulle aangebied, maar Israel het dit elke keer verwerp. Die enigste een wat hulle kon red was God, en telkens verwerp hulle Hom. Hy sê “Ek is die Here jou God … jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie.” (13:4). Daar is geen ander Redder as Jesus Christus, die Seun van God nie.
Jesus het aarde toe gekom om Sy lewe te gee as ‘n losprys vir sondaars. Romeine 5:8 vertel ons, “Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was.” Ons is net so sondig soos die mense van Israel. Daar is voor God geen klein of groot sonde nie; Hy verafsku alle vorme van sonde.
Daar is geen Redder behalwe Jesus Christus nie. Hy het die doderyk verslaan. Hy het die dood oorwin. Hy het opgestaan om vir ons lewe te gee. Kom ons prys Hom vandag!
Vader, U is Almagtig om te kan red. U het die dood oorwin en aan my die Ewige Lewe gegee. Ek prys U en gee aan U al die eer. Daar is geen manier waarop ek U genoeg kan dankie sê vir die feit dat Jesus vir my aan die kruis gesterf het nie. Amen.