Onwankelbaar en Onveranderlik

Onwankelbaar en Onveranderlik

Deur Emily / 28 April 2020 / Gee Hoop Mini-Reeks

Stamp, skree, hardloop, gil! Ek kan hoor my man skree vir die tiende keer: “MOENIE IN DIE HUIS HARDLOOP NIE!”

Dit is 9:00 in die oggend. Here, hoe gaan ek deur die dag kom?!

Buite het die wêreld tot stilstand gekom, maar dit is nie die geval in ons huis nie. Terwyl alles gesluit het weens COVID-19, het ons huis ‘n skool, ‘n restaurant, ‘n speelgrond, ‘n kerk en nog baie meer geword.

Aanvanklik was daar baie opgewondenheid dat mamma die onderwyser gaan wees (tuisonderig is verban in Duitsland), dat ons wiskunde en spel sommer in ons slaapklere kon doen en al die video oproepe na familie en vriende. Daardie entoesiasme het vinnig verdwyn.

Ek het opgehou om die hoeveelheid versnapperinge wat ek elke dag gemaak het, te tel. Ek het die regte hoeveelheid skoolwerk vir ‘n graad 5, ‘n baie besige graad 2 en ‘n kleuter saamgestel. Ek het hondjie gespeel, wasgoed opgevou, ingekleur, skoongemaak en snotneuse en trane afgevee.

Alhoewel my kalender heeltemal leeg is en geen afsprake gemaak kan word nie, was my lewe nog nooit so besig nie.

Moet dit nie ‘n tyd van nadenke, herfokus, Bybellees, gebed en luister na eindelose preke en aanbiddingliedere wees nie?

Toe ek die Sondagoggend voor my skootrekenaar sit en luister na die aanlyndiens wat ons kerk saamgestel het, kon ek nie keer dat die trane loop nie. Ek het aanhou sê: God ek is jammer, ek is so jammer. Selfs nou is ek te besig om tyd met U deur te bring!

Dit was daar toe Sy stil, liefdevolle stem my seer siel diep geraak het!

Die woorde van hierdie liedjie het my hart binnegedring:

Who am I that the highest King

Would welcome me

I was lost but He brought me in

Oh His love for me

Who the Son sets free

Oh is free indeed

I’m a child of God

Yes I am

In my Father’s house

There’s a place for me

I’m a child of God

Yes I am

I’m a child of God

Yes I am

Daar het Hy my gevind! Hy gee om vir my elke behoefte. Hy het geweet hoeveel ek dit nodig het om te hoor: My liefling dogter, jy is my kind maak nie saak wat nie!

Alhoewel die wêreld onderstebo is, my huis ‘n gemors en my siel leeg is, vind Hy my. Alhoewel ‘n klein virus die wêreld in chaos, vrees en selfs die dood kan laat, bly ons God onwankelbaar en onveranderd.

“Bedaar en erken dat ek God is.

Hoog bo die nasies, hoog bo die aarde!”

  Die Here, die Almagtige is by ons!

Die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting!”

– Psalm 46:11-12

Ek kan nie die wêreld red nie en ek hoef nie. Wat ek kan doen is om stil te wees en te weet! As die God van Jakob ons vesting is, dan is ek altyd veilig, ongeag in watter omstandighede ek op aarde woon – onrus, oorlog, vernietiging, COVID-19 – God het die siele van gelowiges deur Sy Seun Jesus Christus beveilig.

Vir elkeen van ons sal hierdie tyd bietjie anders lyk. Kinders of geen kinders, werk of geen werk nie, baie tyd of geen tyd nie, ek weet nou dat ek my verwagtinge vir myself baie hoër stel as wat God ooit sy verwagtinge vir my sou stel. In hierdie mal tyd het ek vergeet wie ek is – ‘n kind van God. Maak nie saak wat nie.

As dit is hoe jy voel vandag, draai dan die volume op en luister na die liedjie hierbo. Laat dit diep in jou hart insypel.

https://youtu.be/IcC1Bp13n_4

Emily

Emily Dorn,

Leier vir die Duitse Tak – Duitsland

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse