Ons Word Geroep Om Ons Vyande Lief Te Hê

Ons Word Geroep Om Ons Vyande Lief Te Hê

deur WhitneyD |Feb 10, 2017

week-3-vrydag

wk03d05

In Spreuke 2:21, gee Salomo, wat bekend is as “die wysste man wat nog ooit geleef het,” vir ons die beste insig om mense reg lief te hê, en hoe dit werklik lyk wanneer ons dit in ons lewens toepas. Hy gee vir gelowiges ‘n uitdaging, deur te sê dat ons nie net gevra word om ons vriende lief te hê nie, maar ook ons vyande. Meeste van ons snak na ons asems en krimp ineen as ons dink ons moet dit doen, en begin om te dink hoekom dit moeilik is om daardie sekere persoon lief te hê.  Solomo se woorde in hierdie verse is ‘n opdrag om lief te hê deur ons aksies, of wat ek graag noem, die “voete op die grond” tipe liefde. In vers 21 sê hy, “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink.” Met ander woorde, moenie net sê dat jy hulle liefhet nie; doen iets daaraan, en wys jou liefde in dade.

Ons huidige samelewing is met tye oorstroom met vyandige gesindhede en opinies wat verskil. In ons kultuur sien ons dit in verhoudings, op geestelike en politieke gebied…. jy kan dit maar opnoem. Probleme om lief te hê kan op verskillende maniere ten toon gestel word. Daar is dalk mense wat ons sleg behandel, nie soos ons lyk nie, nie soos ons glo nie, nie soos ons praat nie, nie soos ons “grootgemaak” is nie, en wat ons dalk baie sleg behandel. Daar is baie groot verskille tussen Christenskap en ander gelowe, maar die uniekheid van Christenskap word dapper gewys in die roeping om ons vyande lief te hê. Ons leef in ‘n wêreld wat ons permanent vertel wie en hoe ons moet liefhê, en preek ‘n tipe van gee en neem evangelie. Ons kultuur leer ons om net dié mense lief te hê wat ons liefhet, om net aan ons eie vriende lojaal te wees, om net dié lief te hê wat met ons saamstem, of wat goed vir ons was. Maar die Bybel praat van ‘n ander benadering en vertel ons dat ons almal moet liefhê, selfs ons vyande.

 “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.” – Spreuke 25:21-22 

Liefde het die vermoë om die hart van ‘n persoon binne te dring op ‘n manier wat geen ander iets het nie, veral liefde wat onverdiend is. Die Bybel gee hier ‘n beeldspraak en sê dat, soos metaal gesmelt word deur hope warm steenkool daarop te sit, so word die hart versag deur welwillendheid. Deur vuurwarm steenkool op jou vyand se kop te sit, is ‘n beeldspraak wat verwys na die skerp pyn van skuldgevoel wat ‘n vyand sal ervaar wanneer hy sulke onverdiende behandeling ontvang. Daar is niks wat die hart van ‘n mens so kan omkeer, as om liefde te ontvang wanneer jy dit nie verdien het nie.  Dit word reg deur die Nuwe Testament aangespreek:

  • Matteus 5:46– “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?”
  • Lukas 6:33– “En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so.”
  • Romeine 12:14– “Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” 

“Moet jou nie verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy ondergaan nie.” – Spreuke 24:17 

Het jy al ooit in die versoeking gekom om in jou binneste bly te wees wanneer iemand van wie jy nie hou nie, gefaal het of miskien in die moeilikheid beland het? Toe jy van hulle swaarkry gehoor het, het jy miskien gedink, “Dis sy verdiende loon,” or, “Sy verdien wat sy kry.” Dit is nie die manier hoe God se liefde reageer op situasies nie. Ons begeerte om verheug te wees in ons vyand se swaarkry, reflekteer eenvoudig nie die wese van God nie. Die Bybel leer ons in 1 Korintiërs 13 dat die liefde hom nie verbly oor onreg nie, maar hom verheug oor die waarheid. Daar word vrede en krag in jou hart ontsluit wanneer jy begin om te bid vir die welsyn van jou vyande. In plaas van om bly te wees wanneer hulle faal, bid dat hulle suksesvol sal wees in wat hulle doen. Dit beteken twee dinge: dat jy die goddelike besluit neem om lief te hê, al maak dit nie sin nie, en “Ek vertrou hulle toe aan U Here, en glo dat U regverdig en getrou is aan almal van ons.” Hoe ons reageer op ander mense se probleme én seëninge, spreek boekdele van ons eie geestelike volwassenheid.

 Jy mag vra, “Hoe moet ek my vyande liefhet?”

Ons enigste hoop om ons vyande lief te hê, is om ‘n nuwe skepping in Christus te wees. En ons enigste hoop om ‘n nuwe skepping in Christus te wees, is om met God versoen te word deur die dood van Sy Seun.” – John Piper

Om dit eenvoudig te stel, ons het mense lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ons het ‘n opdrag gekry om lief te hê bo ons logika of redenasie, wat beteken dat ons liefhet sonder verskonings. Dis soveel makliker gesê as gedoen, maar ek glo dat, met ‘n gewillige hart en die bemagtiging van die Heilige Gees, is dit deel van die hoër roeping wat ons kan uitleef. Om mense op hierdie manier lief te hê, sal somtyds ons logika en begrip te bowe gaan. Ons word geroep om lief te hê, nie altyd omdat nie, maar somtyds ten spyte van. Dit is per slot van rekening, elkeen van ons se verhale van verlossing. Christus het ons eerste liefgehad, selfs toe ons harte teen Hom was; terwyl ons Sy vyand was. Hy sal nooit van ons iets vra wat Hy nie self ‘n toonbeeld van was nie, en watter groter voorbeeld het ons hier om te volg as Jesus? Dit is waarlik Sy goedheid wat ons tot bekering bring. Romeine 5:10 sê, “Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.”

Hy het ons liefgehad toe ons op ons slegste was en ons moet van ons kant af liefhê.

 Julle moet groots liefhê, diep en goed… in woord en daad.

 Vir ewig dankbaar vir ongelooflike Genade,

Meshali

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse