Ons Werk Nie Vir Ons Verlossing nie.

Deur Angela | November 8, 2017

Hierdie verse sê vir ons dat ons ons moet toelê daarop om as verloste mense te lewe.

Dit is baie belangrik om die volgende te besef, want die hoeksteen van ons geloof rus hierop: Ons werk nie VIR ons verlossing nie. Dit moet duidelik wees – daar is niks wat ons (ooit) kan doen om ons verlossing te verdien nie. Nie ‘n leeftyd van goeie werke of sagmoedige woorde of beste bedoelings nie. Ons verdien nie die genade wat oor ons uitgestort is nie, en ons verdien ook nie ‘n plek in die teenwoordigheid van God nie.

En tog is ons genooi in Sy familie in. Ons verlossing is gekoop aan die kruis en ons siele is losgekoop deur Christus se opoffering.

Dit is moeilik om so ‘n grootmoedige geskenk ten volle te verstaan. Gratis aangebied, ongeag van rykdom of krediet. Geen ingewikkelde fynskrif nie. Geen rente nie. Niks word teruggeneem nie. Geen skuld om te betaal nie.

Dit is gratis. En dit is ewig. As jy werklik vir Christus in jou hart innooi, is daar niks wat jy kan doen om jou verlossing te verloor nie. Niks nie. Jy is ingelyf in die Koningkryk in en opgeskryf in die Boek van die Lewe.

So, wat bedoel Paulus met hierdie verse?

Paulus verwys na die verandering wat ons verlossing in ons moet bring. Hierdie is nie diensprojekte wat ons doen of bedienings wat ons lei sodat mense ons sal raaksien nie. Dit is hoe ons harte reageer teenoor die evangelie en hoe ons ons Skepper benader met eerbied en ontsag. (Filip. 2:12 – My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie meer daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe…)

 God stuur ons nie uit op ons eie nie, en Hy benader ons ook nie van ver af nie. Hy is met ons en werk in ons. Hy wil hê ons moet individueel groei as mense van geloof en lewens leef wat Hom weerspieël. (Filip. 2:13… want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.)

Dit is ‘n geleentheid om God te verwelkom in die geheime plekke van ons siele wat nie dikwels gesien word nie.

Harte wat verander is. Verledes wat herstel is. Verhoudings wat genees is. Om vrede in grief en vreugde in die oggende te vind. Dit is werk wat net God in ons kan doen.

Hy wil ook hê dat ons in vrede met ander gelowiges moet saamleef. Ons is geroep om Sy Kerk en Sy bruid te wees. Dit is ‘n geleentheid om ander se sterk punte te herken en te vier. Dit is ‘n saamgesmelte familie wat geduld en volharding vereis, en dit is noodsaaklik dat ons saamwerk, nie kompeterend nie. Die Kerk moet vervullend wees, maar dit kan ‘n frustrerende instelling wees as ons toelaat dat ons menslike neigings ons lei, sonder om nederig op God se leiding staat te maak.

Hoe ons ons daarop toelê om as verloste mense te lewe – as individue en saam – is wat die meeste van die wêreld sien as Christenskap. Sal hulle sê dat ons skynheilig is, of sal hulle ons sien as geheilig? Sal hulle die kerk verwerp of sal hulle die gemeenskap wat vir ons so kosbaar is, begeer?

Kom ons werk saam om as verloste mense te lewe. Mag ons lewens ‘n offerande wees; ‘n ware aksie van aanbidding.

Genade en vrede,

Sara

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse