Ons Wedloop Strategie

Deur Angela | November 15, 2017 | Filippense

Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus. – Filippense 3:13-14

Kan jy jouself indink watter skuld Paulus moes gehad het toe hy die omvang van sy sonde besef het? Die mans wat Stefanus gestenig het, het hulle klere by hom neergesit – terwyl Paulus teruggestaan het en gekyk het. Hy het gewilliglik hulle klere by hom gehou. Hy het hulle verskriklike misdaad goedgekeur. Nee, hy het dit nie net goedgekeur nie. Hy het gedink dat hulle almal die regte ding gedoen het; hulle het hulle deel gedoen om te keer dat Christenskap uitbrei.

Maar, na sy ontmoeting met Jesus op daardie stil, stowwerige pad in Handelinge 9, het Paulus se lewe volkome 180 grade omgekeer. Díe waarteen hy vroeër gekant was, is hy nou voor. Diegene wat eers sy vyande was – is nou, nadat hy Jesus ontmoet het – familie.

Ek wonder of hy ooit geworstel het met herinneringe aan daardie dag? Het sekere reuke – of die klank wat die wind maak as dit die blare ritsel – herinneringe teruggebring van die dag toe Stefanus gestenig is?

En ek wonder of dit daardie herinneringe was wat sy laser fokus op dít wat waarlik saak maak in die lewe, aangevuur het: om sy wedloop goed te hardloop en sterk te eindig.

Ek is seker Paulus het baie herinneringe gehad wat hy wou agterlaat. Hy het geweet wat dit beteken het om intensioneel te kies om te vergeet wat agter hom was en om hom TE STREK na wat voor is. Hy het God se vergifnis en genade ontvang, maar hy moes ook daardie selfde vergifnis en genade aan homself uitreik. Hy moes dit met ope arms aanvaar, dit glo en nie toelaat dat dit enige krag oor sy lewe hou nie. Hy moes gewilliglik kies om te vergeet en die berou, die pyn en die skuld in sy lewe agter te laat, anders sou hy nie vorentoe kon beweeg nie.

En soos Paulus, moet ons dieselfde doen.

Daar is ‘n strekking in die proses om vorentoe te gaan. Maar wanneer ons God se vergifnis vra, moet ons dit met ope arms aanvaar, dit glo en toelaat dat die verlede in die verlede bly. Ek weet dat jy versoek word, maar moet dit nie saam met jou in die toekoms inbring nie.

“Maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is…”

Ons moet vorentoe strek; vorentoe deur te laat gaan, vorentoe in die aanvaarding van die vergifnis wat net in Jesus gevind word en vorentoe in ‘n nuwe lewe met Christus.

Paulus het sy godsdiens en reputasie verloor op daardie stowwerige pad – alles wat vir hom op ‘n stadium in sy lewe belangrik was – maar hy het soveel meer ontvang as wat hy verloor het.

Hy het Christus ontvang.

En net soos Paulus, ontmoet Jesus ons op ons “stowwerige” lewenspaaie, onderbreek ons resiplanne vir ‘n nuwe lewe wat gevul is met vergifnis, doel en onverklaarbare blydskap. Dit is ‘n roeping – nie na godsdienstige perfeksie nie – maar eerder na ‘n wedloop wat met genade gevul is, soos ons saam met Jesus reis.

“Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie…” – Filippense 3:12

Liewe vriendin, laat die bagasie van jou verlede wat swaar op jou druk, agter. Laat die verwagtinge wat jy vir jouself het in wat jy bereik, agter. Nie een van ons sal “arriveer” tot die dag wat ons Jesus van aangesig tot aangesig sien nie. Tot dan, hardloop ons, strek ons en span ons ons in na die hemel toe.

Ons hardloop ons beste wedlope en bemoedig ander in hulle wedlope. Ons besef die lewe is nie ‘n naelloop resies nie, maar ‘n maraton. Ons hou ons doel voor oë, soos ons fokus op wat voorlê. Ons besef dat sommige dele van die wedloop moeliker as ander dele mag wees; op sekere stadiums hardloop ons stadiger, en op ander dele hardloop ons vinniger… en dit is in orde. Dit is nie die spoed waarmee ons wedloop hardloop nie, maar die feit dat ons in die wedloop bly en ons inspan op daardie moeilike dae, sodat ons die prys kan wen.

So hier is ons wedloop strategie:

  • Maak myself los van wat agter is.
  • Strek my uit na wat voor is.
  • Ek span my in.

Jy het dit, liewe vriendin!! Ek moedig jou aan soos jy jou wedloop vir God se glorie hardloop!

Hê God Groots Lief!

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse