Ons {Psalms 119} VERTALING is nou beskikbaar!!
Vier saam met ons… ons {Psalms 119} Vertalings is VANDAG beskikbaar!!!!
Die internet is ‘n wonderlike ding! Nie ‘n dag gaan verby dat ons God nie dank vir die ongeloflike geleentheid wat Hy vir ons gee om vroue reg oor die wereld te inspireer, aan te moedig en toe te rus om in God se Woord te kom met die klik van ‘n muis. Dit is ‘n voorreg wat ons nie liggies neem nie. Maar julle ouens, dit raak al hoe beter.
Daar is hierdie kosbare, kosbare vroue.
Vroue wat ‘n gawe in tale het, en my genugtig het hulle hart.
En wilskraag.
En vasberadenheid
En ‘n hele klomp onbaatsugtige liefde.
Hulle werk hard by hulle werke, by die skool en in hulle huise gedurende die dag, en dan vertaal hulle ons LiefGodGrootliks (LoveGodGreatly) studies in die aande. Wat in die wereld. Wanneer niemand kyk nie, maak hulle die woorde lewendig, en om dit te doen, sit hulle die gereedskap in die hande van vroue wat nooit anders toegang tot die Bybelstudie materiaal in hulle eie taal gehad het nie. Dit is koninkryk werk, my vriendinne, oorweldigend, pragtige agter-die-skerms koninkryk werk en ek glo heelhartig dat eendag sal die hemel ‘n bietjie anders lyk as gevolg van hoe God hierdie getroue vroue gebruik het.
Soooo. Sonder verdere uitstel, is ons verheug om ELF {Psalms 119} vertalings aan te kondig.!!
Afrikaans.
Czech.
Duits.
Frans.
Hongery.
Hollands.
Italiaans.
Malagasy.
Russiese.
Spaans.
Sjinees.
‘n Groot DANKIE aan die ongelooflike vroue wat hierdie vertalings moontlik gemaak het. Ons is lief vir julle, ons is deur julle geinspireer, en ons dank God vir jou …. Oor en oor en oor.
Kan u – of ken u iemand – wat kan baat vind by ons {GRATIS} hulpbronne van ons {Psalms 119} studie, in een van die tale hierbo gelys? ” Click” eenvoudig op die skakel hieronder om toegang te kry na {Psalms 119} Leesplan en Studiegids vir die 11 vertalings wat aangebieid word vir hierdie studie.
Vir die Afrikaans Studiegids en Leesplan gaan na Studies toe.
Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel,
hoog bo die aarde u mag.
Psalm 108:5
Oh God, mag U glorie die hele wêreld vul!
By Sy voete,
DAAR IS NOG TYD om by ons aan te sluit vir ons Aanlyn Bybelstudie {Psalms 119}, maar moenie te lank wag nie …. Ons studie begin MAANDAG! Kry ‘n paar vriendinne en sluit vandag by ons aan. Dit sal nie selfde wees sonder u nie!
Die grootheid van God se Woord is die tema van Psalms 119. Geweef regdeur hierdie langste hoofstuk van die Bybel is daar mooi karakter eienskappe van die Skrif, wat ons herinner dat God se Woord is voldoende, eerlik, suiwer, gesaghebbende en onveranderlike. Maar wanneer ons kyk na die woorde op die bladsy, na die lewende Woord – God homself – sien ons ook hoe sy karakter weerspieël word in hierdie hoofstuk.
Die studie van Psalms 119 gee ons ‘n kykie in die skoonheid, belangrikheid en nut van die Skrif, wat ons aanspoor om weg te loop meer verlief met God en sy Woord, meer bewus van ons sondes en nog baie meer in verwondering van ons groot Verlosser en sy opoffering namens ons ..
Moenie hierdie geleentheid mis om te groei en aangemoedig te word in jou geloof soos ons God se Woord SAAM studeer! Gryp 'n paar vriende en sluit aan by ons, dit begin 15 Junie ... sou nie dieselfde wees sonder jou nie!
Skryf in ons Psalm 119 studie hier . **
#LiefGodGrootliks # Psalm119