Ons Prins van Vrede
deur Angela | Nov 27, 2015 |
Daar is geen twyfel dat ons in ‘n tyd van onrus regoor die wêreld lewe. Ons kan almal dit voel… selfs as ons nie daaroor praat nie. Ons sien dit op die nuus, ons hoor dit wanneer ons ons kinders optel by die skool of wanneer ons werk toegaan. Ons praat van dit oor aandete saam met vriende en debatteer daaroor op Sondae middae met ons familie.
Vrede … dit is ‘n woord wat politici, diplomate en nuus ankers gebruik. ‘n Woord wat baie kan sê, maar min verstaan werklik hoe om dit te ervaar.
“…sodat julle vrede kan vind in My.” Johannes 16.33
Ware vrede word gevind in Jesus Christus.
Ten spyte van wat ons vertel word, sonder Christus sal ons wêreld nie vrede ervaar nie. Jesus is die Prins van Vrede, die skepper van vrede en deur sy bloed is ons genadiglik vrede gegee.
Tog… in hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê
Tot die oomblik wat ons Jesus gesig tot gesig sien, sal moeilikheid ‘n deel van ons lewens wees.
Ek haat om te erken dat vir myself en nog meer vir my kinders, maar moeilikheid is hier om te bly.
“In die wêreld sal julle dit moeilik hê;” Johannes 16:33
Jy sien daar is hierdie leuen wat ek geglo het, en tot vandag toe teen baklei, hierdie valse aanname dat my lewe moeite-vry moet wees en as dit nie is nie dan doen ek iets verkeerd, sondig in een of ander manier en uit die wil van God.
Niks kan verder van die waarheid wees nie
Ons kan nie God se liefde vir ons nie meet deur die gebrek aan probleme wat ons in ons lewens het nie. Ons moet ook nie die moeilikheid in ons lewens meet as ‘n aanwyser van ook hoe goed ons leef nie.
In werklikheid, as ek iets geleer het oor die jare, sou dit, dit wees … soos ek vorentoe geloop het in gehoorsaamheid aan dit wat God my geroep het om te doen, meer opposisie, meer moeite, meer pyn het in my lewe ingekom tot op ‘n punt dat ek baie kere bevraagteken het of ek regtig doen waarvoor Christus my geroep het om te doen. Kan ek regtig in God se Wil met al hierdie aangaan?
Moeilikheid het ‘n manier om dit te doen, is dit nie? Twyfel betree ons gedagtes en veroorsaak dat ons God bevraagteken.
Ons begin om probleme, proewe en pyn te sien as God se straf, eerder as om die resultate van die lewe te sien in ‘n gebroke wêreld
Oor die jare het ek geleer dat ek kan in die Wil van God wees en nog steeds teenspoed, moeilikheid en pyn ervaar.
En so het baie wie voor my gegaan het.
Kyk vir Paulus se lewe. Hy het skipbreuke ervaar soos hy gereis het om God te dien. Hy is geslaan, gevange geneem en oor gelieg. Tog in hierdie teenspoed, was hy in die middle van God se Wil vir sy lewe.
Of wat van Job wie alles verloor het… insluitende sy kinders? Was hy nie nog in God se Will in die midde van die probleme, die hartseer, die pyn?
Nee, in hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê, Dit is net ‘n feit. Maar ons het ‘n keuse. Ons kan kies om te fokus op die moeilikheid of ons kan fokus op Christtus. Jesus moedig ons aan met hierdie: ““Maar hou moed: Ek het die wêreld oorwin. “
Ohhh vriende, laat ons nie die uiteindelike oorwinning vergeet nie … Jesus het reeds gewen! Ons kan fokus op die vrede van God in ons hardste, mees lastige tye wanneer ons na Hom toe draai en Hom ons fokus maak eerder as die situasie.
Wees aangemoedig, Jesus het die wêreld oorwin!
Ons dien ‘n Here wie ons bekommernisse, ons pyn en ons twyfel verstaan!
Jesus het ook pyn van gebroke vriendskap, gespanne familie verhoudings en veragting van dié wat net nie verstaan, ervaar… selfs tot die punt van Hom kruisig aan die kruis!
Ja, moeilikheid kan ons lewens betree, maar ons lewens hoef nie deur dit regeer te word nie.
Jesus is ons Prins van Vrede, the gewer van vrede… laat ons Hom toelaat om ons harte en lewens te regeer soos ons vir Hom lewe.
Om Hom te ken, en Hom bekend te maak… dit is ons lewensdoel. Neem hart vriende… ons Prins van Vrede het hierdie waansinnig wêreld onder beheer. Die uiteindelike geveg is baklei en gewen. Jesus het die wêreld oorwin!
Love God Greatly
Kom ons praat: Hoe het jy Jesus, as jou Prins van Vrede in jou lewe ervaar?