Ons Is God Se Skape

Ons Is God Se Skape

Deur Jen Thorn|Junie 9

Week 1 Vrydag

w1d5

Wanneer ek dink aan die lewe van ‘n herder, dan klink dit baie rustig. Jy bring jou dae deur met oulike skape en nog meer oulike lammetjies. Jy geniet God se pragtige landskap, jy eet jou middagete in stilte onder ‘n skaduryke boom, met ‘n boek as jou metgesel (‘n introvert se droom).

Maar om ‘n regte herder te wees, was werklik harde werk. Die werksdag het vroeg begin en laat geëindig. Dit het vereis dat jy baie loop en waaksaam waghou oor die skape sodat geen een van hulle wegdwaal nie. As een weggeraak het, dan was dit die herder se werk om hom te soek en terug te bring na die kraal. Herders wat waarlik omgegee het vir hulle skape, was gewillig om hulle lewens neer te lê vir hulle skape.

Dit is interessant en belangrik dat die Bybel ons skape noem. Ons moet versorg word en ons moet gelei word. Ons benodig beskerming en voorsiening. Ons het ‘n herder uiters dringend nodig, en die Here neem daardie titel op homself.

Soos Dawid vir sy skape gesorg het, so sorg God vir ons, “die skape van sy weiveld.”

Maar wat beteken dit dat die Here ons Herder is (Ps. 23)? Hoe lei Hy ons en sorg vir ons?

Die Herder Lei ons in Wysheid

Wanneer dit kom by wysheid, dan dink ons óf ons weet dit alles, óf ons soek vir dit op al die verkeerde plekke.  Ons kyk na buite na ons kultuur, of na ander mense, en na binne na ons emosies vir leiding. Ons hou van die idee van “volg jou hart”. Maar ware wysheid begin altyd deur op te kyk na ons groot Herder, en na die waarheid wat Hy vir ons geopenbaar het in sy Woord.

Die rede hoekom ons God nodig het is omdat wysheid meer is as kennis. Wysheid is om die kennis van God te neem en dit toe te pas tot ons lewens. Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Ons het die Herder nodig om vir ons die pad te wys.

Dit is die Here wat die wysheid gee,

uit sy mond kom die kennis en die insig.– Spreuke 2:6

God belowe om ons te leer en te lei, maar hy doen dit altyd deur Sy geskrewe Woord. Mees belangrikste is dat Jesus ons wysheid is, want in hom kry ons ware kennis van God. (1 Kor. 1:30).

Die Herder Sorg vir ons deur sy Voorsiening 

Ek IS LIEF vir hierdie waarheid! Dit bring ongelooflike troos vir my om te weet dat God se voorsienende sorg oor my is. Die feit dat God alle dinge in die wêreld op alle tye beheer is ‘n groot bron van vrede. God sorg vir almal van ons, van die sorg vir die skepping (Ps. 104), tot die besonderhede van my lewe (Mat. 10:29). Niks wat met ons gebeur is ‘n fout nie, en niks is vir God ‘n verrassing nie. Van ons gelukkigste dae tot ons mees rampspoedige oomblikke, ALLES is ‘n deel van God se voorsienende en goeie sorg vir ons. Hy weet wat die beste is en Hy weet wat alles moet gebeur sodat Hy Sy skape huis toe kan lei.

Ons word Gevoed deur sy Weiding

 Die weiding verwys na God se Woord. Soos ons reeds gesien het, ons vind wysheid in God se Woord, maar dit is ook in God se Woord dat ons voedsel vir ons siele vind – ‘n geestelike fees wat lei tot groei in ons geloof en liefde vir ons Herder-God.

Die Woord word beide “melk” en “vleis” genoem vir die mense van God, en deur dit word ons gevoed, sterk gemaak en groei ons in saligheid. (Heb. 5:12-15; 1 Pet. 2:2).

Om die Here te ken as “Herder” beteken uiteindelik dat ons Jesus Christus, die “Groot Herder” van die skape ken. (Heb. 13:20). Dit beteken dat ons Sy stem herken en Hom volg. (Mat. 10:27). Dit beteken dat ons, soos ons Hom volg, leer om tevrede te wees met waar Hy ons lei.

Weet jy dat jou Herder volkome goed, altyd goedgunstig, op geen manier wreed en nooit verkeerd is nie? Dan moet ons, van alle mense, tevrede wees met ons lewens. Dit is waar ons Herder ons gelei het vir tyd en wyl.

“Ons Goeie Herder is die Meester van die wêreld, sterker as alle vyande, Oorwinnaar oor alles en in staat om vir Sy skape te voorsien op enige plek!”– J.R. Miller

Die waarheid dat Jesus ons Groot Herder is, dat Hy elkeen van Sy skape Sy onverdeelde aandag gee, en dat Hy sy lewe opgegee het om sy skape te red, moet ons vul met vreugde, dit moet ons hoop gee in moeilike tye en ‘n diepe begeerte om hierdie Herder al die dae van ons lewens te volg.

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse