Ons is Gemaak om Saam te Hardloop

21 Januarie 2015

Clipboard01

Ek het hierdie afgelope Desember my derde halfmarathon gehardloop. En laat ek regtig eerlik wees met julle almal, ek is nie een van daardie atlete wat hou van hardloop nie. Dit is moeilk by tye, en o kan so pynvol wees. Sommige van my vriende wat saam met my hardloop, hardloop vinnger as ek, en by tye raak ek moedeloos.

Ek raak moeg

Ek wonder of die opoffering die moeite werd is.

Maar die effek van hardloop is wat my aanmoedig om keer op keer uit te gaan

Maar hierdie resies was anders,

‘n Paar dae voor die tyd het ek ‘n maagaandoening gekry … en nie net sommige ‘n ou maagaandoening. Ohhh nee, die ergste een wat ek nog ooit gehad het. Ek sal julle die aaglike besonderhede spaar, maar laat ek sê, ek was REGTIG siek.

Maar ek was nie van plan om dit my te laat stop nie. Ohhh nee … ek moes betaal om te hardloop in die wedloop, en ek was van plan om deur te druk. So al was my liggaam nie 100% terug na normaal toe nie, het ek nogmaals by die resies ingeskryf..

En so by die 8 myl van die 13,5 myl het my liggaam begin rebelleer.

Maar ek was nie alleen in wedloop nie. Die vriende met wie ek geoefen het, het regs langs my gehardloop. Ons het as ‘n span geoefen en soos ‘n span gehardloop.

Ons eie klein hardlorp gemeenskap

group-race-photo-1024x1024

En tydens my wedloop wou ek stop. Ek wou tou op gooi, Maar hulle wou my nie toe laat nie. Hulle het by my deur die pyn, deur uitgeputte bene wat geglo het hulle kan nie nog ‘n stap neem nie, gebly.

Ek het vir hulle gesé om vooruit te hardloop.

Ek wou hulle nie vertraag of terug hou nie.

Ek het verskonings gemaak.

Maar dit het nie saak gemaak wat ek gesê het of hoe ek gepleit het – hoe ek regtig die wedloop alleen wou hardloop, het hulle nie my sy gelos nie.

Toe by die 10 myl merk het hy opgedaag

My man, wie reeds die resies in sy afdeling gehardloop het … hy het terug gekom om my te help om die wedloop klaar te maak. Ernstig, ek maak dit nie op nie!

En so is ek van my vriende oorgegee na my man toe … ..altyd omring deur iemand wat vir my lief was en wat vir my omgegee het langs die pad.

My gemeemskap (My community).

Ons het die finale 3,5 myl saam gehardloop, en dit was nie mooi nie. En ek het daardie laaste paar myl gedink hoekom doen ek dit aan myself….

Maar langs die reis, het hierdie wonderlike man van my, vir my stories vertel wat gehelp het om my gedagtes van die pyn af te haal wat ek gevoel het en my af te lei van my begeerte om op te hou.

IEk het my vriendinne en my man nodig gehad om daardie wedloop te hardloop. Dit was nie my beste wedloop nie. Die reis was hard, maar hulle het my gehelp om dit te uit te hou. Stap vir stap ….. het hulle my gehelp om die wedloop klaar te maak.

Is ons nie almal geroep om dit met dié in ons lewens te doen nie?

Ons is nie gemaak om die lewe alleen te doen nie. 

Jy is miskien nie ‘n atleet nie, maar ons is almal in ‘n wedloop …..

Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ‘n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” Hebreërs 12:1-3

 En ons het ALMAL iemand nodig in ons lewens om ons te help fokus op die einde …… vasstelling van ons oë op Jesus . Ons het bemoedigers nodig om ons te help om deur daardie moeilike tye te kom. Ons het vriende nodige wat bereid is om saam met ons in die wedloop te bly al vertel ons hulle ons kan sonder hulle aangaan. Dit is nodig dat ons eerlik is in die lewe en ons vriende en familie laat weet wanner ons seer het en wanneer ons wil tou op gooi. Ons het vriende nodig wat bereid is om saam met ons te reis …. al is dit nie mooi nie. 

 Wanneer die toets uitslae terug kom en ons het kanker ….

Wanneer hy vir ‘n egskeiding liasseer en wil uit….

Wanneer ons kinders rebelleer en ons ‘n straaltjie hoop nodig….

Ons het mekaar nodig.

Ons het ‘n verhouding met God en anders nodig.

Ons is gemaak vir dit.

En al is nie een van ons perfek nie …. twee is beter as een.

LoveGodGreatly-Race-927x1024

 O vriende, hoe ons hierdie waardheid nodig het om dit uit te leef in ons lewens. Moenie toelaat dat nog ‘n dag verby gaan sonder om met deernis uit te reik na vriende, familie, werkskollegas, bure, vroue en mans wie die Here strategies in ons alledaagse lewe plaas nie.

  * Kom ons praat: Wat is die paar maniere waarmee ons kan help om die verhouding in ons alledaagse lewe te bevorder en in die proses die eer na God toe te bring.? Wat hou jy terug om uit te reik en meer deelnemende in die gemeenskap te wees waar God jou geplaas het? Vir dié van julle wat smag na meer verhouding… wat kan ander vrouens doen om te help om jou in te sluit.?

 Ek kan nie wag vir julle antwoorde.

 Lief God Grootliks!

 010515_1710_GemaakvirVe1.jpg

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse