Ons Beloofde Perfekte Koning

Ons Beloofde Perfekte Koning

Terria Moore

“In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai ‘n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aanskyn geniet.” – Jesaja 11:10

Wanhoop.

Verdeeldheid.

Hopeloosheid

Wanneer ons kyk na die omstandighede in die wêreld vandag, is dit baie moeilik om afwagtend en optimisties te bly terwyl ons wag vir die Here om terug te keer as Koning.

Om die waarheid te sê, dit word al hoe makliker om onsself te isoleer en toe te laat dat twyfel ons gedagtes binnedring.

Dit is hoekom ek so ongelooflik dankbaar is dat God ons in sy Woord herinner aan wat gaan gebeur.

Jesus sal weer kom.

Jesus sal staan as ‘n vaandel vir al die nasies. ‘n Vaandel is iets wat ‘n spesifieke groep mense identifiseer en verenig. Dit kan ook funksioneer as ‘n bymekaarkomplek vir soldate in ‘n oorlog.

Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning” – Eksodus 17:15

Die Here is ons vaandel omdat Hy vir ons identiteit gee. Ons identiteit as “God se kinders” is as gevolg van die verlossing wat Jesus geoffer het.

Jesus, die Woord van God sal die leiding wees waarna die nasies uitsien. Jesus is ons Goeie Herder en Hy belowe om al sy skape te lei. Ons moet eenvoudig net na sy stem luister.

“Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig.” – Psalm 16:7-9

Jesus se woning sal majestueus wees. Hy bou ‘n ewige tuiste vir sy kerk in die hemel. Die beste vakansieplekke in die wêreld kom nie naby dit nie. God sal elke traan afvee en daar sal geen meer dood, hartseer of pyn wees nie. Ons toekoms is een van groot vrede en vervulling.

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle ‘n plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” –  Johannes 14:1–3

Wanneer ons ookal ontmoedig word deur dinge wat ons in die wêreld sien gebeur, moet ons ons geestelike oë gebruik om te sien wat gaan kom.

Die Bybel is duidelik daaroor dat Jesus gaan terugkeer. Dié wat in Christus gesterf het, sal opstaan, terwyl gelowiges wat nog leef, saam met hulle opgeneem sal word om die Here te ontmoet.

God het dit belowe. Daarom is dit ‘n feit. Ons moet glo en vashou aan sy beloftes.

Dink jy dat jou omstandighede moet verander voordat jy God se beloftes kan ervaar? God is altyd in beheer van die verlede, die hede en die toekoms. Enige iemand wat ‘n ontmoeting met God gehad het, sal weet dat Hy die beste werk in ungunstige omstandighede.

Daar sal dae van hartseer en wanhoop wees, maar ons moet onthou dat ons nie alleen is nie. God het beloof dat Hy ons nooit in die steek sal laat en ons nie alleen sal laat nie. Jesus het ‘n weg gemaak en sal terugkeer vir sy mense!

Vrede en genade vir jou,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse