Omdat Hy My Vergewe, Kan Ek Myself Vergewe

Omdat Hy My Vergewe, Kan Ek Myself Vergewe

deur Angela | Okt 31, 2016 |

14087164_10153832727892467_631403663_o

photo-1477160842278-0609ba502d58-2

In Januarie 2016 het ek myself verbind om ‘n een jaar daglikse bybel leesplan te votlooi. Binne drie weke het ek van die wa afgeval. Daar was soveel oorgangsstadium in my lewe. Laat ek verduidelik: In Oktober 2015 het ek my werk bedank. Ek het as ‘n direkteur van ‘n nie-winsgewende gesinsgeweld en skuiling program gewerk. Ek het van die werk gehou maar dit het swaar op my geweeg en ek het fisiese en geestelike simptome van uitbranding ervaar. Sowat twee weke na my laaste dag by die werk het my man gesê hy wil ‘n egskeiding hê en het hy verwag dat ek moes trek. Soos die norm van my tipe A persoonlikheid, het ek in ‘n probleemoplossende vorm gegaan, en teen November het ek ‘n huis gevind vir my en my drie honde, getrek, die dienste aangesluit en hierdie nuwe fase van my lewe het begin. Ek moet noem dat ek in die middel van ‘n sertifisering vir lewe afrigting was, en was ook besig om my eie besigheid te begin. Nodeloos om te sê dat teen Januarie het ek God meer nodig gehad as ooit, maar met al die omwenteling in my lewe kon ek nie die tyd maak nie. Ek was besig om deur die bewegings van die lewe te gaan, maar het dit nie regtig gevoel of ervaar nie. My egskeiding was finaal in Februarie, en die tyd het aanhou om vorentoe te beweeg.

In die begin van Augustus, het ek terug op die wa geklim en het tyd gemaak om my Bybel daagliks te lees. Een van my vriende het “Love God Greatly” (Lief God Grootliks) se “You Are Forgiven” Bybelstudie (Jy is Vergewe) voorgestel en dit het met my gepraat. Wie wil nie vergewe of vergewe word nie?

Hierdie studie was lewens verandering vir my. Om te leer dat geen bedrag van werke kry my guns by God, was groot. Om te leer dat ek “genoeg” is deur die blote feit dat ek gebore is en in Hom glo verander my siening oor my eie selfwaarde. En dit sluit nie eens die “vergewe” goed in nie.

Ek het soveel negatiewe emosies en oortuigings oor myself opgebou. Ek het gevoel dat ek in my huwelik misluk het en my vermoë om + 65 uur per week te werk om trauma en krisis bestuur werk te doen sonder dat dit ‘n tol op liggaam neem het misluk. Ek het myself in so baie maniere teleurgestel. Maar ek was reeds vergewe deur my Hemelse Vader.

Om te leer dat Hy my vergewe, gee vir my toestemming om myself te vergewe.

Ek behandel myself nou met deernis, vergifnis, en empatie. Ek het om verskoning gevra vir myself en my eks-man vir my rol in die ondergang van ons huwelik en my “gebrek aan sukses” by my werk. Ek het gestop om myself te hou tot ‘n professionele standaard wat niemand kon bereik nie. Wie is ek om myself te oordeel as God my nie oordeel nie?!

Nodeloos te sê, hierdie studie het op die perfekte tyd gekom. Dit het my toegelaat om te getuig, rustig te raak, te besin en te herfokus. Die studie het my ook geleer dat God, omgee, het empatie, is versorgend, het deernis en is ondersteunend. Hy wil net hê dat ek myself moet liefhê en myself vergewe sodat ek ander kan liefhê en vergewe.

Nikki Tobias, MS, Ph.D., CLC

Stigter & CEO: Grounded Vision Coaching, Consulting, and Development

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse