Om Reg Te Doen In ‘n Verleidelike Wêreld

Om Reg Te Doen In ‘n Verleidelike Wêreld

Deur Whitney | Augustus 31, 2018

 

“[Die boek] Rut is ‘n beeld van pragtige, edel manlikheid en vroulikheid. In ‘n tyd waar flieks en televisie en advertensies en die internet manlikheid en vroulikheid uitbeeld op die laagste maniere, het ons ‘n groot behoefte aan verhale wat die manjifieke betekenis van manlikheid en vroulikheid verhoog. Rut en Boas is uitsonderlik. Mans en vrouens vandag het helde soos hierdie nodig.” – John Piper

My man en ek voel dat ons universiteitsjare sommige van die mees belangrikste jare in ons geestelike ontwikkeling was. Dit was die jare toe ons uitbeweeg het onder ons ouers se vlerke uit en toe ons geloof ons eie geword het. Dit is toe die deure van meer onafhanklikheid oopgegaan het en toe nuwe wêreldse versoekings fel geveg het vir ons trou. In daardie vormende jare moes ons besluit of ons sou sterk staan in ons Bybelse oortuigings of strompel in the lokkende see van toegewings.

Universiteitsjare het vir ons allerlei nuwe geleenthede gebied, maar een van die mees invloedryke beleggings gedurende daardie jare het gekom in die vorm van ‘n kampus predikant en sy vrou, wat elke week hulle tyd opofferend opgegee het om ‘n paar jong volwassenes, wat verseker baie groei in godvresenheid nodig gehad het, te dissipel.

Ek sal nooit ons predikant se amper weeklikse groetwoorde vergeet soos hy ons teruggestuur het na die kampus en na ‘n wagtende wêreld.

Doen reg,” het hy gesê.

Dit was net twee eenvoudige woorde, maar ons het geweet watter verantwoordelikheid en oortuiging hulle dra. Ons wyse predikant het geweet dat ons oppad uit was in die donkerte in en hy het ons uitgedaag om reg te doen – om God se weg te kies – wanneer ons in die versoeking kom om op ‘n ander manier op te tree.

Vyf en twintig jaar later het ek steeds hierdie herinnering nodig.

Sonde is oral rondom ons, besig om te skree vir ons om toe te gee.

Dit bekruip ons in ons swakste oomblikke.

Met tyd weeg dit swaar op ons en maak ons ongemaklik.

Somtyds is dit een groot mislukking, maar dikwels is dit die oënskynlike klein goedjies wat ons regverdig omdat ons dink ons kan dit doen met min skade.

Dit desensitiseer ons oortuigings en verlei ons om net hierdie een keer in te gee.

Dit oortuig ons dat dit meer pret is om in die oomblik toe te gee, as wat dit is om met wysheid in die toekoms te belê.

En ongelukkig, vir meeste van ons word sonde gewoonlik nie oornag oorwin nie.

Om ‘n lewe en ‘n erfenis van Bybelse manlikheid en vroulikheid te bou – deur die krag van God wat in ons en deur ons woon – kom met ‘n wavrag doelgerigdheid. Omdat Rut en Boas doelgerig daardie fondament gelê het, het dit vrugte afgewerp toe dit die meeste saak gemaak het. Rut se karakter – alreeds duidelik gedefinieër in hoofstuk 2 – vertel ons dat haar motiewe suiwer was toe sy na die dorsvloer gegaan het om by Boas se voete te lê. En Boas se karakter was net so gedefinieër toe hy met ongelooflike selfbeheersing en eer gereageer het op Rut, wanneer dinge maklik in ‘n ander rigting kon gaan. Maar om te volhard met hulle vlak van moraliteit – om selfbeheersing te leer op ‘n manier wat heilig en eerbaar vir God is – het definitief nie per ongeluk gebeur nie, en dit sal ook nie vir ons op daardie manier gebeur nie.

Die wêreld sal nie skaam wees om te veg vir ons trou nie, so ons moet die volle wapenrusting van God aantrek. Wees versigtig en op jou hoede, weeg alles teen die Woord. Moenie ingee vir swak en verdraaide waarheid nie, maar groei eerder in die kennis van God sodat jy nie op ‘n dwaalspoor gebring word nie. Daar sal ‘n duisend stemme wees wat ons name roep; word lank genoeg stil sodat jy Sy stil klein stem hoor wat sê, “Hier is die pad, loop hierlangs.” Dit sal nie maklik wees nie, maar dit sal die moeite werd wees.

“Laat U Woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.” ~ Psalm 119:133

Streef na om heilig te leef, nie net omdat jy die reëls volg nie, maar omdat daar veiligheid, vrede en blydskap daarin is om op God se manier te leef, want ‘n verlore wêreld kyk en omdat ons Jesus – die Een wat in ons plek gesterf het – dit werd is. Om van sonde af weg te vlug moet ons daadwerklik wegdraai en regverdigheid nastreef. Wat beteken dit? Ons moet regte grenslyne skep, onsself posisioneer in regte plekke, en regte verhoudings nastreef – vir vryheid en hoofsaaklik vir die glorie van ons Vader God. Sal die wêreld dink ons is ‘n bietjie eienaardig? Jy kan verseker wees dit sal, maar ons leef nie vir hulle nie. Wanneer Christus weer kom, mag Hy vind dat ons reg doen soos ons Hom ywerig nastreef.

“As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy ‘n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorbeirei vir enige goeie diens. Vermy die begeertes wat ‘n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ‘n rein hart die Here aanroep.” – 2 Timoteus 2:21-22

Flieks en televisie en advertensies sal jou vertel om jou standaarde te verlaag. Jou bure, en miskien selfs sommige van jou kerkvriende, sal jou oortuig dat ‘n klein toegewing nooit iemand seermaak nie.

Maar vriendinne, besluit reg nou dat jy reg sal doen. En doen dit dan môre en die dag na dit. Besluit dat jy sal wegdraai van die geraas af, en in plaas daarvan, hardloop elke oggend wanneer jou voete die grond raak, sonder om terug te kyk, na die stem van Waarheid.

Moet dan nie moeg word nie.

God is vir jou. Hy sal vir jou gee wat jy nodig het op net die regte tyd.

As daar een ding is waaroor die boek van Rut duidelik is, is dit duidelik hieroor.

O Jesus, sal U ons van binne af vorm om eerbare voorwerpe te wees. Hou ons eenkant. Bekragtig ons op ‘n bonatuurlike manier om te vlug van wêreldse passies. Gee ons suiwer en geduldige harte, sodat U perfekte doelwitte deur ons bereik kan word.

O ja, en hierdie…

“As jou doel suiwerheid van hart is, wees voorbereid daarop dat die wêreld sal dink jy is baie eienaardig.” – Elisabeth Elliot, Passion and Purity

Kom ons Praat: Roep God jou om “reg te doen” in ‘n spesifieke area van jou lewe, maar jy sukkel om Hom te vertrou? Watter eerste stappe van gehoorsaamheid kan jy in hierdie area neem vandag?

By Sy voete,


_________________________________________

 

Ons nuwe studie : Jona – Liefde Sonder Veroordeel – Begin 10 September

Die verhaal van Jona is meer as net ‘n verhaal van ‘n ongehoorsame profeet wat weggehardloop het en ‘n honger vis.

Dit is ‘n verhaal van ‘n barmhartige God wat nie wil hê dat enige een moet sterf nie, selfs nie ‘n nasie wat in sy oë groot sonde gepleeg het nie. Ongeag van hulle sondes, wil Hy steeds hê dat hulle tot redding sal kom. Sy deernisvolle hart word nie beperk deur die erns van hulle sonde nie. Hy begeer dat hulle van hulle sonde sal wegdraai en dit bely, eerder as om voort te gaan op hul vernietigende paaie wat tot oordeel lei.

Nooi jou vriendinne, bure, kollegas en sluit by ons aan vir ons nuwe studie Jona – Liefde Sonder Veroordeel wat 10 September begin.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse