Om ‘n Huis Te Bou Wat Staan
Deur WhitneyD | Maart 3, 2017
Vandag het ek teruggekyk na die eerste bladsy van my 2017 dagboek – die bladsy waar ek my eerlike, gebroke hart uitgestort het aan die begin van my reis met God hierdie jaar.
Ek was gefrustreerd.
Gefrustreerd met te veel geraas en nie genoeg stilte nie.
Gefrustreerd met te veel goed en nie genoeg betekenis nie.
Gefrustreerd met te veel bedrog en nie genoeg waarheid nie.
Gefrustreerd met te veel afleiding en nie genoeg fokus nie.
Gefrustreerd met te veel tydelike en nie genoeg ewige nie.
Gefrustreerd met te veel van my en nie genoeg van Jesus nie.
Ja, ek lees my Bybel. Maar ek wou hê dat hierdie jaar anders moes wees. In my worsteling, het God my geroep tot meer.
Ek wou hê dat die woorde op daardie dun bladsye meer moes wees as net ‘n plig. Ek wou meer hê as net ‘n gejaagde herhaling van dieselfde bekende verse. Ek wou ‘n verhouding hê, in plaas van reëls; soete samesyn, eerder as besig wees. In plaas van inligting wou ek verandering hê. Ek was reg vir nuwe diepte en verandering en ‘n doel. Meer as enige iets anders, het ek gesmag na wysheid wat nie van hierdie wêreld is nie.
Ek het geweet dat dit opregte begeerte en verbintenis sal vereis. Ek sou my skedule moes prioritiseer, my perspektief verskuif en die geraas afskakel. Dit sou nie maklik wees nie, en ek was ten volle bewus daarvan dat ek dit nie met my eie krag kon doen nie. En dus, in die stilte van my kombuis op ‘n vroeë Januarie oggend, het ek op bladsy een gevra vir:
“Vader, ek vra U – deur U groot krag – om U geskrewe woorde in volle helderheid en waarheid aan my te openbaar, soveel as wat U my van U bonatuurlike weë sal inlig terwyl ek hier op die aarde wandel. U weë is hoër as myne, nogtans smag ek om U te ken en begeer ek om te wandel in die volheid van wie U is. Ek begeer wysheid direk van U af, God, meer as goed of goedkeuring of die najaging van leë wêreldse ideale, wat nooit tevrede sal stel nie. Soos ek hierdie bladsye oopmaak, gee vir my vars oë en ‘n nederige, oop hart om alles wat U vir my het, te ontvang. Here, ek wil U KEN; ek wil nooit moeg word of ophou in die strewe om U beter te ken nie. Jesus, verwyder alle struikelblokke en afleidings en maak my oë oop vir alles wat U vir my het deur U Woord en deur U Gees, wat in my lewe. Met my hele hart begeer ek om intiem, gehoorsaam en getrou in U weë te wandel. Gee my meer. Gee my Jesus.
Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou,
insig om sy fondamente te lê,
kennis om sy kamers te vul
met allerhande kosbare en mooi goed.
Spreuke 24:3-4
Bou: om te ontwikkel volgens ‘n sistematiese plan.
Bevestig (1953 vertaling): om vas te maak; om te laat groei en vermeerder; om in ‘n gunstige posisie te plaas.
Vul: om soveel as wat dit kan bevat, in te sit.
Vader, hoor my smeking, laat my nooit moeg word nie, en vul my tot oorlopens toe met U wysheid, sodat ek vir U kan praat, skyn en opstaan…
Kom Ons Praat: Noem EEN ding wat vir jou uitgestaan het/jou bemoedig het/jou verander het, as gevolg van ons tyd saam in Spreuke? Ons kan nie wag om saam met jou te vier in die kommentaar nie!
By Sy voete,
________________________________
Reg deur die Skrif lees ons verhale van gebroke mense. Maar die skoonheid van God se Woord is dat dit nie net ‘n verhaal van tragedie is nie. Reg deur die Bybel is ook die grootste verhaal van verlossing geweef. In hierdie ses-weke Lief God Grootliks studie, word jy uitgenooi om die goedheid van God te sien soos Hy Sara onthou deur haar jare van onvrugbaarheid. Kom sien hoe Hy vir Naomi sorg wanneer sy verlies en eensaamheid moet hanteer. Kom sien ons groot God wat vir Moses moed gegee het, vir Paulus ware ywer, en vir die vrou wat egbreuk gepleeg het, vergifnis en die kans op ‘n nuwe lewe. Al die mense wat ons sal bestudeer – en ons ingesluit – het harte en siele wat redding nodig het. Uiteindelik sal ons vind dat die antwoord vir al ons gebrokenheid – maak nie saak wie ons is of wat ons gedoen het nie – is Christus self. So nooi jou vriendinne, maak jou bybel oop en laat ons saam verjeug met die gebrokenes en verlosdes van God.
Ons volgende studie: GEBROKE EN VERLOS begin 13 Maart!