Oes Standvastige Liefde

Oes Standvastige Liefde

Angela

Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ‘n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” – Hosea 10:12

Ek is mal oor vandag se verse! Ons het die afgelope paar weke in Hosea gesien dat die mense van Israel baie gesondig het sonder om hulle sondes te bely. Maar ons God is so liefdevol, so vergewensgesind en goed vir ons, dat Hy nog steeds vir hulle ‘n keuse gee: Saai volgens my wil en julle sal my liefde oes.

Om dit te kon doen, moes hulle “ ‘n nuwe land omploeg”. Wat beteken dit? Die onbewerkte grond is die harde grond wat nie toelaat dat die saad van God se Woord binne in die mense se harte indring en dan vrugbaar word nie.

Maar vandag se verse wys vir ons dat daar altyd hoop is. God sal nader aan jou beweeg as jy nader aan Hom beweeg en as jy jou hart reinig deur jou sonde te bely (Jakobus 4:8); God is nie ver van elkeen van ons af nie (Handelinge 17:27)

Hy is naby aan jou. Is jy naby aan Hom? Is jou hart hard gemaak deur jou “onbewerkte grond”? Watter “gesaaides” sal groei van die saad wat vandag, die afgelope week of maand geplant is? Die tyd om die Here te soek en onwankelbare liefde te oes is nou. God is altyd by jou.

Onse Vader, die feit dat U my nooit gelos het nie, ten spyte van my sonde en ten spyte van my tweestrydige hart, gaan my verstand te bowe. U is naby my! Ek het vandag die behoefte om u omhelsing te voel. Lei my om ‘n lewe te leef waar ek volgens u wil sal saai en genade sal oes. Amen.

Week 5: Uitdaging Stel hierdie week ‘n wekker vir 20 minute tydens jou stiltetyd. Sit stil voor die Here. Vra Hom om vir jou te wys waar jou hart dalk verhard is en waar ‘n ongesonde “oes” geplant is. Maak ‘n lys van klein maniere hoe jy eerder liefde en barmhartigheid kan oes. Dank God dat Hy altyd by jou is.

Week 5 Leesplan

 

Week 5 Memoriseerver

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse