Nooit Te Oud Nie. Nooit Te Jonk Nie.

Deur Angela | Julie 13, 2018 | Waarheid Oorwin

‘n Paar weke gelede het ek ‘n begrafnis bygewoon wat my regtig geraak het.

‘n 93-jarige dame het haar aardse tentwoning verruil vir die hemelse. Ons het haar familie, wat boesemvriende van ons is, bygestaan.

Gedurende die diens was daar mense wat oor hierdie vrou, ‘n getroue Christen, se baie jare van liefdevolle diens aan God gepraat het. Selfs in haar laaste dae het sy aangehou om met al haar dokters en verpleegsters oor Jesus te praat. Toe ons haar in die hospitaal besoek het, was sy die een wat woorde van vertroosting met ons gedeel het. Met haar laaste asem het sy ons uitgedaag om God heelhartig te dien.

Die duiwel sal ons oor en oor probeer wysmaak dat ons te oud of te jonk is om God te dien. Hy sal jou laat twyfel in jou vermoë, jou kapasiteit en jou vaardighede.

Maar kom ek vertel jou ‘n geheim: terwyl jy asemhaal, kan jy God nog dien.

“Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon.

Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots.” – Psalm 92:13-16

Selfs in die ouderdom, sal hulle steeds vrugte dra; hulle sal lewensbelangrik en groen bly.

Wanneer jy glo dat God jou nie kan gebruik nie om dat jy te oud is, voel jy nutteloos en dink jy jy het geen waarde vir die Koninkryk nie. Dit is ‘n leuen wat Satan gebruik om jou selfbeeld te vernietig deur jou te laat glo dat jou lewe geen waarde het nie.

Dit kan nie verder van die waarheid wees nie.

Josua 14:6-12 vertel ons die verhaal van Kaleb. Hy was veertig jaar oud toe Moses hom, saam met nog elf spioene na die land Kanaän gestuur het. Van die twaalf spioene het net hy en Josua teruggekom met ‘n goeie verslag en geglo dat God die land aan Israel gegee het en hulle in staat sou stel om dit te oorwin.

Vyf-en-veertig jaar later, toe hy vyf-en-tagtig jaar oud was, was sy geloof steeds sterk. Sy begeerte om God te dien en die passie van sy hart was ongeskonde.

“Gee my die berg” was sy pleidooi. Gee my die moeilikste stryd. Gee my die grootste struikelblok.

Hy het die Here van Israel volkome gevolg en het geweet dat sy geloof in die Here hom sal toelaat om enigiets te verower.

“Ons is nooit te oud om nuwe verowering van geloof in die krag van die Here te maak nie. Soos Kaleb, kan ons berge versit en reuse oorwin as ons die Here heelhartig volg. Maak nie saak hoe oud ons word nie, ons moet nooit ophou om die Here te vertrou en te dien nie. “Warren Wiersbe,

Wees sterk

Aan die ander kant van die spektrum sien ons hoe Paulus vir ‘n jong Timoteus vertel dat hy nie moet toelaat dat enigiemand hom verag weens sy jeugdigheid nie. Hy moedig Timoteus aan om ‘n voorbeeld te wees vir die gelowiges en om God te dien met sy hele hart ten spyte van sy ouderdom.

Wanneer jongmense dink dat hulle te jonk is om te dien, voel hulle minder belangrik in die kerk. Ja, hulle sal foute maak. Ja, hulle het nog baie om te leer.

Hoewel, as die volgende geslag, as diegene wat ons nalatenskap van geloof sal erf en daarmee voortgaan, kan ons nie toelaat dat hulle dink hulle betrokkenheid by die kerk is nie nodig is nie. Hoeveel van ons jeug het ons reeds in ons kerke verloor weens hierdie leuen?

Wanneer God jou die geleentheid gee om Hom te dien, kyk Hy na jou hart, nie jou geboortedatum nie.

Moenie toelaat dat Satan jou vertel dat jy te oud is om deur God gebruik te word nie. Moet ook nie toelaat dat hy jou vertel dat jy te jonk of onervare is om God te dien nie. God het ‘n plek vir almal.

Tevrede in sy diens,

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse