Niks Kan Ons Skei Nie
Angela
Maar ek is die Here jou God van Egipte se tyd af. Ek gaan jou weer in tente laat woon soos in in die woestyntyd. – Hosea 12:10
Alhoewel Israel finansiële voorspoed en goeie huise gehad het, het God se oordeel hulle weer in ballingskap en nederige tente gebring. Hierdie oordeel was verseker omdat God deur die profete gespreek het, tog het hulle nie geluister nie.
“Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val.” (Spreuke 16:18) Die mense van Israel het vertroue gehad in hulle rykdom, in hulle finansiële sukses en wou nie na Hosea luister nie. Uiteindelik wou hulle nie na God luister nie. Maar God het ‘n onverwagse draai in hulle toekoms gebring: hulle sou weer in tente woon. Hulle sou al hulle aardse besittings moes agterlaat en van voor af begin.
Die goeie nuus is dat selfs al verloor ons alles wat ons het, ons nooit vir God kan verloor nie. En ons het die versekering dat daar niks, absoluut niks, is wat ons van sy liefde kan skei nie.
Ek loof U, Vader, want hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenwoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enige iets anders in die skepping kan my van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. Amen.