Niks Is Vir God Te Moeilik Nie

Niks Is Vir God Te Moeilik Nie

Deur Angela | November 5, 2018 | Beloftes van God

Ek is so bly dat God Jeremia 32:27 in die Bybel gesit het.

Ek moes daardie vraag al menigmale in my lewe vir myself gevra het. En ek is seker jy moes ook.

Dalk die dag toe die kankerdiagnose nie langer iemand anders s’n was nie, maar jou eie.

Dalk die dag toe jou man jou gelos het met ‘n verband, rekeninge en vier jong kinders.

Dalk die dag toe jou baas gesê het dat jou posisie in die maatskappy oorbodig is en jou dienste nie meer benodig word nie.

Dalk die dag toe daardie pynlike woorde met so ‘n deurdringende haat vir jou gesê is, dat jy seker was dat jou hart in twee stukke gebreek het.

Ek onthou toe my dogters klein was, het iemand vir my gesê dat een van die belangrikste dinge wat ek my kinders kan leer, ‘n begrip van die majesteit van God is. Sonder ‘n korrekte siening van God sal kinders grootword met die gedagte dat Hy klein, magteloos en ver weg is. Nie in staat om die probleme wat in hulle lewens gaan opduik, te hanteer nie. Wanneer kinders ‘n minderwaardige siening oor God het, ervaar hulle God as klein … ek dink dieselfde kan ook van volwassenes gesê word.

Om ‘n akkurate siening van God te hê, is belangrik in ons verhouding met Hom.

Wanneer ons siening oor God minderwaardig is, sien ons ons probleme, ons vrese, ons “berge” en “Goliatte”, groter as Hy.

Een van die maniere waarop ek probeer het om my dogters te help verstaan ​​dat niks te groot of te moeilik vir God is nie, was deur hulle op die natuur te wys … wat God vir ons geskape het om te sien, aan te raak en te ervaar.

Ek het my dogters na die Stille- en Atlantiese oseane geneem sodat hulle self die grootheid van God kan ervaar. Om langs die strand te stap en uit te kyk oor die golwe en die nimmereindigende uitsig oor die see.

Ek het hulle na die Redwoods-woud in Kalifornië geneem om eerstehands die grootte van die bome te ervaar. Ek het hierdie laaste deel van die sin heeltemal uitgelaat 🙂

Hulle het die sonnestelsel op skool bestudeer en ek het hulle op ‘n reis na NASA geneem en hulle die vraag gevra: “Kan jy jouself voorstel hoe groot God moet wees as Hy die son, die maan en al die planete geskep het?”

En dan was daar tye wanneer dit nie vir ons nodig was om verder as ons eie agterplaas te reis nie, deur te kyk na die fynere detail van die blomme in ons tuin en die verskillende insekte wat in die gras rondkruip.

Ek het selfs dieselfde gesprek met hulle gehad terwyl hulle deur ‘n mikroskoop gekyk het … deur vir hulle te vra: “Kan julle die detail glo waarmee God alles gemaak het?!”

Ek het al daardie dinge met dieselfde doel gedoen – om my dogters te help om te sien dat niks te groot, te klein of te ver vir God is nie.

En hierdie waarheid is dieselfde vir ons.

Maak nie saak wat ons in ons lewens ervaar nie, niks is te moeilik vir die Een wat die hemel en die aarde geskep het nie.

Niks is buite sy bereik of sy soewereiniteit nie.

As Hy die waters kan oopkloof vir die Israeliete wat uit Egipte vlug en die aarde op die presiese plek in ons sonnestelsel kan plaas sodat lewe onderhou kan word, kan Hy ons probleme hanteer.

So wanneer jy weer sukkel om jou probleme, jou bekommernisse, jou vrese vir God te gee … kyk op na die naghemel.

Jy, my liefste vriendin, is nie alleen nie. God het belowe dat Hy by jou is en dat Hy jou sal help. Jy hoef nie alleen die stryd te stry nie. Jy hoef nie in jou eie krag te veg nie … draai na Hom toe. Soek Hom … Hy kan dit hanteer.

Hê God Groots Lief,

Kom ons gesels: Wat het die grootste impak gehad op die manier waarop jy God en sy vermoëns beskou?

Uitdaging: Kyk hierdie week na maniere waarop jy jou siening en begrip van God kan vergroot deur in die natuur te kyk na alles wat God rondom jou geskape het.

Week 3 Leesplan

Week 3 Memoriseervers

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse