‘n Wyse Vrou Praat Die Evangelie
deur Jen Thorne |Feb 3, 2017|
Spraak is ‘n pragtige geskenk. Dit onderskei ons van alle aardse skeppings. Dit laat ons toe om met ander te kommunikeer, om te bid en God te loof, en soos William Stevens een maal gesê het, die vermoë om te praat “maak ons verwant aan engele.”
Maar, soos met alle dinge wat deur sonde besmet is, het ons hierdie pragtige geskenk wat gebruik moet word vir goeie en glorieryke doeleindes, geneem en gebruik ons dit dikwels vir kwaad. Ons word pratende dwase wanneer ons reageer in woede, skinder oor vriende en ons vyande slegsê. Ons neem dít wat ‘n instrument van liefde moet wees, en gebruik dit om onvriendelik en ru, veroordelend en krities, selfsugtig en hoogmoedig te wees.
Woorde kan skerp wees en kan beide vlak en diep sny. Ons gebruik ons tong roekeloos, sonder om te besef dat ons veroorsaak het dat teer harte bloei.
Dit is hoekom dit gevaarlik is om te praat sonder om te dink, en hoekom Jakobus ons waarsku om nie te gou te praat nie (Jakobus 1:19).
Spreuke vertel ons dat ‘n goddelike vrou haar mond oopmaak in wysheid en praat met vriendelikheid. Dit is nie net wat sy sê nie, maar ook hoe sy praat wat belangrik is. Wyse woorde is nie net oulike klein kwinkslae wat ons geleer toe ons jonger was nie, soos “As jy niks goed kan sê nie, moet eerder niks sê nie,” or “Jy vat wat jy kry en wees bly.” Bybelse, wyse woorde vloei uit ons wanneer ons die Woord van God ken.
In ons Bybels leer ons hoe om konflik te hanteer, hoe om lief te hê, hoe om vergifnis te vra, hoe om moeilike dae te hanteer en hoe om nie te kla nie. Hoe beter ons self hierdie waarhede ken en uitleef, hoe meer sal ons in staat wees om hierdie soort praktiese wysheid met ander te deel.
Om wys te wees met ons spraak beteken ook dat ons getuig van die glorie en goedheid van Jesus Christus. Wie kan ons verlos van ons skuld? Wie is genadig teenoor die gebrokenes en bedruktes? Wie anders is waardig om ons hoogste lof en eer te ontvang? Wie is ons redding?
Die wyse vrou sal die evangelie inasem en uitasem, dit praat en sal altyd reg wees om ‘n antwoord te gee vir die hoop wat sy binne haar het (1 Petrus 3:15). Wyse spraak gebeur nie net nie, maar ontwikkel en word volwasse soos ons groei in die kennis van ons God. Soos ons dit self leer, deel ons dit met ander.
Ware wysheid vloei uit die monde van diegene wat God ken en liefhet.
Kyk Na Jesus,