‘n Rare geleentheid van Groot Hoop

deur amandacunningham | Junie 22, 2018 | Waarheid Oorwin

God sou nie sy Woord in die Bybel ingeasem het deur verhale van honderde verskillende mense as Hy wou hê dat ons geïsoleerde lewens moes lei nie. Ons is gemaak om in gemeenskap met ander te deel. Jesus is ons voorbeeld as Die Koning wat gelei het deur te dien. Hy het vir ons die perfekte manier gewys hoe om ander voor onsself te plaas en God het ons beveel om Sy Woord oor die wêreld heen te versprei!

Maar soms voel die enorme grootte van hierdie wêreld oorweldigend en dit voel of ons te klein is om eintlik ‘n groot verskil te maak. Jy mag dalk een oomblik geïnspireer voel om die wêreld te verander net om jouself die volgende oomblik te bevraagteken. Is dit moontlik om ander regoor die wêreld te help, om hulle sinvol te bedien sonder om oorsee of na ‘n ander land te reis?

Dit is wel moontlik om die wêreld te verander wanneer jy die missie van ‘Love God Greatly’ jou eie maak!

Ons is passievol daaroor om gewillige siele te bemagtig om ander wat honger is te voed. Dit is ons begeerte om steeds te sien hoe God finansiële- en taalhindernisse afbreek sodat elke vrou in elke land God se Woord in haar eie taal kan lees. En God verbaas ons deur ons studies wat reeds in Afrikaans vertaal is!

Suid-Afrikaners is vry om hulle geloof as Christene uit te leef en ‘n oorweldigende meerderheid van die bevolking, sowat 80%, doen dit reeds! Afrikaans word deur ongeveer 23 miljoen mense in hierdie hoekie van die wêreld gepraat. Maar daar is min Christelike bronne in Afrikaans beskikbaar. Die Bybel is in vyf verskillende vertalings van Afrikaans vertaal, maar hulle het slegs een Bybelkommentaar en ‘n beperkte aantal Bybelstudies in Afrikaans. Hulpbronne is duur.

“Ek woon in ‘n kleiner dorp en moet na groter stede gaan om ‘n Christelike boekwinkel te vind. Ek wou ‘n Bybelstudie deur ‘n sekere Christen-onderwyser koop, maar dit was R800, (sowat $60).” So vertel een van ons vertalers, Velia, vir ons. “Toe ek verlede jaar na Dallas gekom het vir die vertalers byeenkoms, het ons die LifeWay-winkel besoek, en ek was absoluut verbaas oor die aantal beskikbare bronne in Engels!”

Een van ons ander Afrikaanse vertalers woon in Kanada en lei ‘n groep daar. “’n Vriendin van my woon al 18 jaar hier in Kanada. Dis ‘n lang tyd om in ‘n ander taal gedompel te wees en dit elke dag te praat, maar in haar gedagtes dink sy steeds in Afrikaans. Sy waardeer dit so baie om God se Woord in haar eie taal te bestudeer.

Dis makliker vir haar om haarself uit te druk en om nader aan God te groei in Afrikaans, want dit is haar eerste taal.”

Meer as 60 000 mense (waarvan ons weet) is ingeteken en bestudeer God se Woord deur ons Afrikaanse aanlyngemeenskap en hulle is baie opgewonde oor ons Afrikaanse Bybelstudie! Prys die Here!!

‘Love God Greatly’-joernale is baie bekostigbaar, maar die verskepingskoste van die VSA na Suid-Afrika is meer as trippel die koste van die joernale. En die verskepingstyd kan tot ses maande duur, omdat die boeke deur die doeane moet gaan. Dus is ons immergroeiende gemeenskap van Afrikaanse vroue afhanklik van die gratis aflaaibare studiemateriaal en die ‘Love God Greatly’-leesplanne op You Version. Ons het meer as 15 000 vroue wat God se Woord deur ‘Love God Greatly’ se Afrikaanse leesplanne op You Version gebruik.

Ons Afrikaanse span vertaal die studies en ook elke blogpos, wat in ‘n aanlyn-tydskrif in Suid-Afrika gepubliseer word. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hulle geloof ‘n private kwessie. Dit is in skrille kontras met Amerikaanse vroue wat openlik praat oor hulle geloof in ons Engelse studiegroepe. Dit is dus maklik vir ons vertalers om moedeloos te raak en te wonder of hulle harde werk die moeite werd is. Verlede week het ‘n vrou ‘n boodskap gestuur nadat sy ‘n blogpos in ons Vrees-en-angs-studie gelees het. “Spanning en angs verlam mense en haal jou oë en geloof van ons Hemelse Vader af. God is in beheer van ons lewens. Dankie vir die blog. Dit het my lewe vandag gered. ”

As een vrou in Suid-Afrika gered kan word deur God se Woord in Afrikaans te bestudeer, en daar nog ‘n beraamde 23 miljoen mense in hierdie uithoek van die wêreld is wat Afrikaans praat en by ons studies kan baat vind, is daar groot hoop!

Vroue in Suid-Afrika is lief vir die Here, maar is uitgehonger vir nog hulpbronne om hulle te help om Hom meer lief te hê. Al kan ons nie vir hulle ‘n hele LifeWay-winkel stuur nie, help die aankoop van elke ‘Love God Greatly’-joernaal om ons missie, om die Skrif oor die hele wêreld heen versprei, te verwesenlik!

Soos ons Afrikaanse vriende gedryf word na God se Woord deur ons gratis aanlyngemeenskappe, maak dit hulle vry van finansiële- en taalhindernisse! En dit is alles moontlik as gevolg van JOU! Dankie dat jy hierdie gemeenskap ondersteun het deur ons beelde te deel, te bid vir ons tale en om die missie te ondersteun deur u aankope en donasies!

Kom sluit by ons aan terwyl ons bid vir ons Afrikaanse gemeenskap om vol moed te wees terwyl hulle hulle geloof op ‘n dapper manier uitleef!

________________________________

As jy wil deel in die uitbreiding van God se Woord, deel asseblief ons hulpbronnen met diegene wat mense in verskillende tale bedien! As jou kerk, pastoor, sendeling vriend of dalk ‘n vriend wat in die buiteland woon, seën sal ontvang in die gebruik van ons hulpbronne, sal ons so dankbaar wees as jy ons in verbinding met hulle kan plaas!  Epos ons vir hulp by [email protected]

Alternatiewelik, as jy wil help om die Woord en Bybel hulpbronne te vertaal en sodoende vroue oor die wêreld heen in hulle eie taal te bereik, los asseblief ‘n boodskap in die kommentaar hieronder en spesifiseer in watter taal jy spesialiseer. Ons vertalers vertaal nie net die Bybelstudies nie, hulle verleen ook ondersteuning deur sosiale media bladsye, groepe, blogs en MEER!  Hulle het jou hulp nodig as jy gewillig en in staat is.  As jy twee- of drietalig of selfs meer is, dalk ‘n aanleg vir grafiese ontwerp het, tegnologie en mentorskap, sal ons graag saam met jou wil werk!

Jy kan met een van ons LGG takke in verbinding tree deur die skakels hieronder en so help om vroue oor die wêreld heen in kontak met God se Woord te bring deur middel van ons Bybelstudies.

 

  • AFRIKAANS

Die Afrikaans studiejoernaal en leesplan kan hier afgelaai word.

https://liefgodgrootliks.wordpress.com/studies/

Webwerf: https://liefgodgrootliks.wordpress.com

Facebook bladsy link https://www.facebook.com/Lief-God-Grootliks-717623225000335/

Instagram/Twitter/Pinterest links: https://za.pinterest.com/liefgodgrootlik/      https://www.instagram.com/liefgodgrootliks/

Studiegroep links: https://www.facebook.com/groups/velia.basson/

YouVersion studie is beskikbaar in Afrikaans https://www.bible.com/af/reading-plans/12024-waarheid-oorwin

e-posadres– [email protected]

  • BULGAARS

Facebook bladsy  – Обичай Бог Всеотдайно – LGG Bulgaria 

  • TSEGGIES

Facebook bladsy –  Miluj Boha Nesmírně  – http://Facebook.com/MilujBohaNesmirne

  • CHINESE

Chinese Facebook bladsy – 愛主更深事工

  • NEDERLANDS

Webwerf –  https://lovegodgreatly-nederlands.blogspot.nl/

Facebook bladsy –  https://www.facebook.com/LGGNL/ 

  • FRANS

Facebook Bladsy – https://www.facebook.com/ToutPourJesusLGG

Webwerf  – https://toutpourJesusLGG.blogspot.com

  • DUITS

Facebook bladsy – Am Herzen Gottes  https://www.facebook.com/AmHerzenGottes/ 

  • GRIEKS

Facebook groep – https://www.facebook.com/groups/826563960806227/

  • HAUSA

Facebook: https://mobile.facebook.com/lovegodgreatlynigeria/

WhatsApp groep kontat – +2348039561559

instagram: @lovegodgreatlynigeria

  • HONGAARS

Webwerf –  https://www.szeresdnagyonistent.hu/

Facebook Bladsy –  Szeresd Nagyon Istent – LGG Hungary  https://www.facebook.com/Szeresd-Nagyon-Istent-LGG-Hungary-131310280372910/

  • INDONESIES

Webwerf – www.cintatuhansesungguhnya.wordpress.com

Facebook Bladsy  – Cinta Tuhan Sesungguhnya – LGG Indonesia www.facebook.com/LGGIndonesia

Instagram – www.instagram/lggindonesia

Twitter – www.twitter.com/lggindonesia

YouVersion studie is beskikbaar in Indonesies

  • ITALIAANS

Facebook Bladsy – Ama Dio Grandemente

Instagram: lovegodgreatlyitalia

Pinterest: AmaDioGrandemente

  • POOLS

Facebook Bladsy – https://www.facebook.com/KochajBogaNiezmiernie/

IG – https://www.instagram.com/kochajboganiezmiernie/

Kontak e-pos – [email protected]

  • PORTUGEES

Facebook bladsy: Amando a Deus Grandemente

  • ROMEENS

Facebook Bladsy – Love God Greatly România https://www.facebook.com/lLoveGodGreatlyRomania/?ref=br_rs

  • SLOVENIES

Facebook Bladsy – Ljubi Boga močno – https://www.facebook.com/Ljubi-Boga-mo%C4%8Dno-899084280167235/?fref=gc&dti=311456562366311&hc_location=ufi

  • SPAANS

Webwerf –  www.amaaDiosgrandemente.com

Facebook bladsy –  https://www.facebook.com/AmaaDiosLGGespanol/

——————-

LGG Spaans vir jong vroue

Webwerf –  www.jovenesadg.com

Facebook Bladsy –  Jóvenes ADG – https://www.facebook.com/JovenesADG/

——————-

LGG Spaans vir kinders

Facebook Bladsy  – Chicos y chicas ADG –

https://www.facebook.com/chicosychicasADG/

Die Vertaalde studies kan hier afgelaai word

https://lovegodgreatly.com/lgg/truth-over-lies-bible-study/

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse