’n Epiese Oorwinning

’n Epiese Oorwinning

deur Angela | Miga | Mei 22, 2019

Jare gelede het ek ’n roman, wat deel was van ‘n epiese trilogie, gekoop by ’n plaaslike boekwinkel. Ek was nie seker of ek van die verhaal sou hou nie, daarom het ek het net die eerste boek van die reeks gekoop. Toe ek tuis kom, het ek met ’n koppie tee op die bank gaan sit en myself verloor in die drama. Die konflik was hewig en ek het geen idee gehad hoe die ingewikkelde intrige kon uitdraai op ’n positiewe einde nie.

By die laaste bladsy van die boek, was ek heeltemal vasgevang. Die einde het my laat smag na meer, want ‘n halwe verhaal is nooit bevredigend nie. Ek kon nie wag om die res te lees nie.

Die opwindende verhaal van Miga 5 laat my aan daardie trilogie dink. Miga beskryf ’n epiese geveg waar ’n nuwe, onbekende heerser na vore kom. Hierdie held red die volk van Israel wat omring was deur die teëstaander se militêre krygsmag. Maar dit is net die eerste deel van die verhaal.

As jy hier ophou lees, mis jy die groter uitkoms van die verhaal. Ons Verlosser is gebore in Betlehem om ons te red uit die kloue van die vyand van ons siel. En daar wag nog ‘n groter oorwinning aan die einde van die eeue wanneer Jesus Christus terugkeer om vir ewig te regeer en die vyand vir eens en altyd uit te wis.

Miskien is jy op hierdie oomblik ontevrede met jou verhaal. Miskien is jy in die middel van ’n ontstuimige konflik en is jy bekommerd oor wat hierna gaan gebeur. Jy kan God vertrou met jou verhaal. Hy het ons ’n ongelooflike einde beloof. Terwyl ons wag op ons epiese oorwinning, herinner Miga ons om aan te hou lees en na Jesus te kyk. Soos ons verhaal ontvou, kan ons vertrou dat ons Held:

  • na vore kom en kragtig regeer oor die hele wêreld (v.3)
  • elke detail van ons lewe beheer sedert die begin van die skepping (v.3)
  • die lewens van sy berouvolle kinders herstel en hulle rus gee (v.4)
  • sy kudde met liefde bewaar, lei en versorg (v.4)
  • vrede bring met sy aanwesigheid (v.4-5)

Moet nooit vergeet nie – Jesus is die held van jou verhaal. Hy het na die aarde gekom, mens geword om jou te red, en Hy kom binnekort terug vir jou.

Hierdie verhaal is nog nie verby nie. God is nog steeds besig om redding te bring in ons wêreld en ons moet met verwagting na die toekoms kyk. Die Meester Storieverteller sal al die ingewikkelde intriges van ons lewens ontrafel en wonderlike herstel teweegbring.

Bly glo,

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse