My Koninkryk is Nie van hierdie Wêreld nie…

My Koninkryk is Nie van hierdie Wêreld nie…

deur Angela | Jun 14, 2016 |

Week 2 Woensdag

w2d3

My Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie

Verlede week het ons geleer van Dawid se lewe dat ‘n persoon se hart is belangriker as sy voorkoms (1 Samuel 16:7). God gebruik Dawid om die weg vir Jesus te baan en Jesus se koninkryk is anders as enigiets wat enigiemand ooit kon verwag.

Almal, behalwe God.

Vandag sien ons dat Jesus gekom het om ‘n geestelike koninkryk te vestig, selfs al wou die mense rondom hom ‘n fisiese koninkryk hê.

Die Jode wou hê dat hulle langverwagte Messias in die wêreld kom en dinge op skud. Hulle wou hê Hy moes kom om hulle mense te red, maar in die manier en met die krag wat hulle beoog het. Hulle wou redding hê – maar nie van hul eie gebrokenheid, sonde en berou nie – maar eerder van hul fisiese vyande en die onderdrukking waaronder hulle geleef het. In die hart van dit, wou hulle wraak hê, oor hoe hulle behandel is en vir diegene wat hulle seergemaak het. Hulle wou hê dat hul Romeinse onderdrukkers moes betaal, letterlik en figuurlik.

Ek kyk na my eie hart en lewe en sien dat ek nie verskil van hulle. Ek wil ook nie geestelike oplossings vir my fisiese problem hê nie. Maar Jesus se maniere is nie ons weë nie, so hoekom sal ons dink dat sy koninkryk sou wees soos enigiets wat ons kan sien?

Jesus se koninkryk is geestelik,

Dit het geen grenslyne nie maar woon in die harte van dié wat Hom liefhet. Mans, vroue, jonk en oud. Hy diskrimineer nie. Amerikaners, Meksikane, Hongare, Russe, Marokkane, Jode, en Samaritane … politieke lyne word verwyder en mure word afgebreek soos ons leer om vir Hom en Sy koninkryk te lewe eerder as vir onsself. Hande word uit gereik en deernis word toegestaan soos gesprekke en nuwe vriendskappe gebore is.

Sy wapens is geestelik:  gebed, vergifnis, waarheid en liefde.

Hierdie wapens is sterker as wat enige militêre kan maak. Hulle is wapens wat die koers van ons families en nasies kan verander – ons einste lewens – as ons kies om hulle te gebruik.

Hierdie wapens is tot ons beskikking en is anders as enigiets wat die wêreld nog ooit gesien het. Maar ons het ‘n keuse. Sal ons besef dat die stryd wat ons regtig in die gesig staar nie deur ‘n fisiese wapen kan verslaan word nie en die wapens gebruik wat Jesus ons so genadiglik gegee het? Moenie om die bos gelei word nie. Hoewel ons oorloë mag lyk soos nasie teen nasie familie teen familie, bure teen buurman wees … moet ons kies om ons oë oop te maak en ‘n bietjie nader te kyk. Die gevegte wat ons in die gesig staar is geestelike en ons moet terug veg met die geestelike wapens wat Jesus aan ons gegee het.

Ons moet kies om terug te veg deur die krag van gebed in plaas van woorde wat mekaar afbreek .

 Ons moet kies om terug te veg met God se waarheid in plaas van ons opinies.

 Ons moet kies om terug te veg deur die keuse van liefde oor haat, vergifnis oor griewe en eenheid oor onmin .

Ons moet nie vergeet dat Jesus se koninkryk het ‘n vyand; sonde en Satan .

 As vroue bemagtig deur God se Woord moet ons voortdurend daaraan herinner word dat Jesus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie… en ons s’n moet ook nie. Jesus se koninkryk woon in ons harte (Lukas 17:21).

Kom ons praat: Wetende hierdie waarheid, hoe kan jy Jesus se Koninkryk neem in die wêreld?

Lief God Grootliks!

Angela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse