Moenie  deur Goddeloosheid Beïnvloed Word Nie

deur Jen Thorn | Oktober 9, 2017 | 1 & 2 Tmoteus

Het jy al ooit gesien dat mense wat begin om baie tyd saam deur te bring, dikwels begin om dieselfde maniere van spraak, mannerismes en uitdrukkings te deel?

Hulle sal selfs begin om op dieselfde manier te lag. Mense het die vermoë om dié rondom hulle te beïnvloed, veral diegene met wie hulle nabye kontak het. Somtyds is dit goed, en somtyds is dit nie ter sake nie. Maar somtyds is daar mense wat ons moet vermy omdat hulle invloed geestelik gevaarlik is.

Voordat ons verder gaan, wil ek ‘n verwarrende frase bespreek. Sommige van ons mag dalk verward raak deur die frase, “in die laaste dae.” Dit kan klink of dit ‘n verwysing is na ‘n tyd in die verre toekoms. Maar in die Nuwe Testament beteken die “laaste dae” na die tyd tussen Christus se opstanding en Sy tweede koms. Ons is in die laaste dae van God se versoeningswerk.

Dus verwys Paulus na nou. Nou, in die kerk vandag, is daar mense wat sê dat hulle gelowiges is, maar hulle is nie, en hulle bewys uiteindelik dat hulle net oppervlakkig gelowig is. Selfs Paulus het hierdie mense teëgekom. Hulle het ongoddelike gelowe, gesindhede en gedrag in die kerk ingebring. Kom ons kyk na een van die sleutelkenmerke wat dikwels in sulke mense gevind word.

Die eerste een wat genoem word, is dat sommige van die mense in Timoteus se gemeente selfsugtig was. Wanneer jy self die middelpunt van jou lewe is, dan maak ‘n hele klomp ander sondes woning in jou hart. Selfsugtigheid kan geldgierigheid, grootpraterigheid en verwaandheid bring (v 2). Selfsugtigheid veroorsaak dat mense beledigend en harteloos kan wees (v 3), met min of geen ontsag vir ander nie.

Maar die slegste is dat daar ‘n uiterlike skyn van godsdiens is (v 5). Hulle weet wat die regte dinge is om te sê op ‘n Sondag of in ‘n groep van Christene. Hulle vou hulself toe in ‘n kleed van goddelikheid, maar onder dit is daar verrotting. Hulle sê vinnig ander sleg, skinder en kritiseer. Daar is ‘n tekort aan selfbeheer in hulle spraak en in hulle gedrag. En in die meeste gevalle, is hulle nie oortuig dat wat hulle doen, verkeerd is nie.

Paulus vertel vir Timoteus en vir ons dat ons nie met hierdie soorte mense moet assosieër nie. Maar kom ons maak seker dat ons verstaan wat Paulus NIE sê nie. Hy sê NIE dat ons ongoddelike mense buite die kerk moet vermy nie. Jesus het saam met sommige van die slegste sondaars geëet en tyd deurgebring. Hy het liefde en welwillendheid aan hulle bewys, hy het sonde, “sonde” genoem, maar altyd gewys na vergifnis. Ons moet in die wêreld wees, maar nie van die wêreld nie. Dit beteken dat ons met die nie-Christene rondom ons sal en moet assosieër, sodat ons hulle kan liefhê, en hulle die genade bied wat God in Christus aanbied.

Wat Paulus wel sê, is dat ons versigtig moet wees om te assosieër met diegene wat hulleself “Christene” noem, maar wie se lewens die Woord van God weerspreek, en ‘n bespotting van Sy Woord maak deur dít wat God sonde noem, te ignoreer.

Vir jou en my beteken dit dat ons sterk moet wees. Ons moet sterk wees in wat ons glo en hoekom ons dit glo. Ons moet sterk wees in ons oortuigings oor wat reg en verkeerd is; oor wat aanvaarbaar is en wat nie. Ons moet sterk wees sodat ons kan opstaan vir waarheid en goedheid. Ons moet sterk wees sodat ons ander kan beïnvloed, in plaas daarvan dat ons deur ongoddelike gedrag beïnvloed word. Dit alles beteken dat ons sterk in die Here moet wees, want dit is die enigste manier hoe ons die invloed van ongoddelikheid kan weerstaan.

Kyk Na Jesus,

 

 

 

 

 

 

 

Week 6 Uitdaging: Ondersoek jouself eerlik en antwoord hierdie vrae: In watter areas van jou lewe is jy geneig om op ‘n ongoddelike manier beïnvloed te word? Wie of wat beïnvloed jou en hoe kan jy daardie invloed weerstaan? Wie of wat beïnvloed jou op ‘n goddelike wyse? Hoe kan jy meer goddelike invloed in jou lewe vind?

Week 6 Leesplan

 Week 6 Memoriseervers

 

 _______________________________________________

Stel jy belang om te help met vertaling, of om ons te help om vrouens te bereik in ander lande in hul moedertaal? Los ‘n boodskap by die kommentaar en sê in watter taal jy belangstel! Ons het altyd meer vertalers nodig en ook vrouens wat ‘n gawe het in grafiese werk, tegnologie, mentorskap… in AL ons tale. Ons wil graag saam met jou werk en meer vrouens bereik met God se Woord en Bybelstudie materiaal in 2017!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse